03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

tas, word die orde deur wanorde bedreig en ’n wettelose owerheid word dan

’n onwettige owerheid.

Ons moet ook raaksien dat daar mense is wat aan die een kant sonder verantwoording

poog om die orde wat deur God by wyse van owerhede ingestel

is, omver te werp. Aan die ander kant is daar sommige aanhangers van ’n

owerheid wat sonder aarseling die mag van die owerheid teenoor en selfs booor

God se heerskappy stel en dit mateloos verhef. Calvyn sê dat as ons nie

beide hierdie euwels teengaan nie, sal die opregtheid van ons geloof verlore

gaan. Ons moet opnuut besef hoe goed God die belange van die mensdom ter

harte neem met die daarstelling van owerhede, sodat ons met groter godsvrug

dankbaarheid aan Hom kan betoon.

Die oproep deur Paulus is ook duidelik aan alle gelowiges om nie aan die

duiwel ’n vatplek te gee nie (Ef. 4:27). Owerhede en alle mense is immers

geroepe om aan God en sy koninkryk diensbaar te wees. Wie dit teenstaan, is

diensbaar aan die duiwel – God se groot teenstander.

Uitsig op die probleem

’n Owerheid sou dus ’n dienaar van die duiwel wees wanneer hy:

met leuens en bedrog die waarheid verbloem en daarmee steun wil

werf;

met pligsversuim hande vou terwyl misdadigers met die gruwelikste

misdade

en moord wegkom;

met belastingverkwisting die openbare nood, soos armoede, van die

volk

vererger;

met onreg die deugsames laat boet en die kwaaddoeners laat vrykom;

en

met die gees van revolusie die bestaande orde

omverwerp.

Optredes

Moet so ’n owerheid met swak regering en goddelose optredes steeds deur

ons geëer en gehoorsaam word?

JA – Goddelose konings is baie keer die werktuie van God se toorn

oor ’n land om die ongeregtigheid van ’n volk te straf. Daardeur wil die

Here so ’n volk bring tot grondige bekering, sodat elkeen weer met ontsag

onder die indruk kan kom van die gesag van God en met verantwoordelike

selfondersoek sy eie onordelike lewe herstel. Dan is dit inderdaad ook jou ten

goede. Daniël se eerbied teenoor Nebukadnesar tydens die volk se ballingskap

is ’n navolgenswaardige voorbeeld.

TENSY – die owerheid se wette of bevele met die Woord van God bots.

On geag Daniël se eerbied as amptenaar teenoor koning Darius, het Daniël

geweier om sy bevelskrif te gehoorsaam dat gedurende 30 dae net Darius aanbid

mag word (Dan. 6). Petrus en Johannes is in ’n soortgelyke situasie. God

het hulle opdrag gegee om die evangelie te verkondig. Dan word hulle van

owerheidsweë beveel om stil te bly. Hulle antwoord is eenvoudig: “Of dit reg is

fokusartikel

voor God om julle meer gehoorsaam

te wees as God, moet julle self beslis;

want vir ons is dit onmoontlik om

nie te spreek oor wat ons gesien en

gehoor het nie” (Hand. 4:19-20).

Petrus en Johannes se optrede

toon duidelik aan hoe teenoor ’n

vyan dige en goddelose regering opge

tree moet word. Eerstens het hulle

die Waarheid getuig en baie het tot

geloof gekom (Hand. 4:4). Tweedens

het hulle geprotesteer teen die onreg

wat gepleeg is (4:10-12) en dan tree

hulle in verset (4:20).

Verset is alleen in die waarheid

van die Woord gegrond. Daarin

word dit onderskei van die revolusie

wat op die leuen staan. Verset is gerig

op die herstel van die orde; revolusie

is gerig op die skep van wanorde.

Die Here is die Koning van

die konings. Wanneer Hy spreek,

moet ons voor en bo alle mense na

Hom alleen luister. Dit geld ook

gehoorsaamheid aan die owerheid.

As hulle ’n bevel teen Hom aan ons

sou gee, mag dit nie gehoorsaam

word nie, want die aansien van

die owerheid word nie verontreg

wanneer dit aan die oppergesag van

God ondergeskik gestel word nie.

Daniël ag byvoorbeeld nie sy

weerstand teen die koning se god delose

bevel as sonde nie. Die koning

het immers sy perke oorskry en as

dienaar van die duiwel hom teen

God verhef en so sy eie mag vernietig.

Mag ons altyd, met ontsag voor

God, al soekende na die Waarheid

alle gesag oor ons eerbiedig en

gehoorsaam met die bede: Here,

laat u koninkryk kom en vernietig die

werke van die bose. DK

Junie 2011 DIE KERKBLAD 15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!