03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

fokusartikel

Die owerheid as

Ds. SA (Sarel) Cilliers (Geref. Kerk Waterberg [dolerend])

dienaar van die duiwel

Probleem

Die owerheid as dienaar van

God en as dienaar van die

duiwel. Kan twee, op die

ge hoor af, weersprekende artikels so

naas mekaar geplaas word? Skep dit

nie verwarring nie?

Die saak raak moeiliker wanneer

jy uit die Bybel leer dat alle owerhede,

godvresende én goddelose owerhede,

se gesag van God afkomstig is (Rom.

13:1). Die Skrif stel duidelik dat

god delose en wrede tiranne soos Nebukadnesar,

die koning van Babel,

deur God as sy dienskneg genoem is

(Jer. 27:6). Daarby gee die Here die

opdrag: “Dien die koning van Babel,

en lewe” (Jer. 27.17).

Verder word ons vandag oorweldig

met die wanorde wat heers in

lande soos Libië en mens vra of sulke

owerhede nog diensbaar aan God is

ooreenkomstig hulle primêre taak as

owerheid. En ’n owerheid wat met

leuens en bedrog sy eie booshede wil

regverdig, wie se dienaar is hy? Op

watter gronde sou mens ’n owerheid

as dienaar van die duiwel kan beskou?

Wat behoort jou optrede as

ge lowige in Christus teenoor so ’n

owerheid te wees?

Insig in diensbaarheid

Petrus, die geroepe dienskneg

van God, het sy besondere belydenis

uitgespreek dat Jesus die Christus

is, die Seun van die lewende God.

Daarop het Jesus aan hom gesê: “Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my

gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matt.

16:15-18). Met die daaropvolgende gesprek word Petrus deur Jesus aangesê:

“Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, omdat jy nie die dinge

van God bedink nie, maar die dinge van die mense” (Matt. 16:23).

Dit is duidelik dat Petrus, nieteenstaande sy roeping, tydens hierdie deel

van die gesprek as ’n dienskneg van Satan opgetree het. Pas na die belydenis

dat Jesus die Christus is, het Jesus aan sy dissipels getoon dat Hy as Christus

moes ly en gedood word en op die derde dag sal opstaan om die kroon te

verwerf. Petrus wou verhoed dat Jesus deur die kruislyde en dood die kroon

moet verwerf. Hiermee het hy hom vierkantig teenoor God se wil geplaas.

Petrus het hom dus op dié bepaalde punt aan Satan diensbaar gemaak.

Wat hier vir ’n individu geld, is ewe geldig vir ’n owerheid. In die behandeling

van die negende gebod bely ons in die Heidelbergse Kategismus dat alle

leuens en bedrog as eie werke van die duiwel vermy moet word. Met leuens en

bedrog word mense en instansies dus ook dienaars van die duiwel. Die owerheid

as dienskneg van God sou dus deur bepaalde optredes, waaronder leuens

en bedrog, ’n dienaar van die duiwel wees.

Insig in ordelikheid / ordeloosheid

Die aarde is met goddelike gesag tot orde geskape. Adam is met koninklike

gesag beklee om die orde te handhaaf. Met die sondeval het hy dié gesag verwerp

en daarom staan die mens met ontsag, dit wil sê sonder gesag, voor God.

Satan skep met die sondeval wanorde tussen Adam en Eva, wat tot algehele

wanorde sou lei. Hierteenoor beklee God die owerheid met amptelike gesag ter

wille van die handhawing van orde. Volgens Artikel 36 NGB is die volgende

duidelik (vgl. Rom. 13; 1 Tim. 2:2; 1 Kor. 14:33):

Die owerheid word met gesag beklee en daarom is die onderdane

gehoorsaamheid

verskuldig.

Die owerheid is ’n dienaar jou ten

goede.

Die owerheid moet in gehoorsaamheid aan God orde handhaaf as sy

primêre

taak.

Die owerheid is ’n teken van God se ontfermende liefde sodat ons ’n

rustige

en ordelike lewe kan lei.

Wanneer die sondige en verdorwe aard van die mens hierdie beginsels aan-

14 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!