Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
andpunt

politieke stelsel vasgevang is waar hulle as burgers van die land geen vryheid

gehad het nie. Bevrydingsteologie in ’n demokratiese stelsel soos ons dit

vandag in Suid-Afrika ken, is (behalwe vir sy leerstellige bedenklikheid) in elk

geval ’n anomalie.

Uiteraard beteken dit nie dat ’n mens vra vir ’n sogenaamde “neutrale

pre sident” of “neutrale politici” wat nooit blyke gee wat hulle eie geloofsoortuigings

is nie. Gelowiges behoort voor elke verkiesing ernstig te bid vir

kan didate wat onwrikbaar in die Drie-enige God glo. Wat ’n mens dan verwag,

is dat hulle wat aan bewind is, blyke gee van hulle totale afhanklikheid van

God sonder om in hoogmoed op ander neer te sien of hulle Verlosser se Naam

te misbruik om punte by die stembus te verwerf.

Christene wil graag mense aan bewind hê wat die dienskneggestalte van

Christus vertoon en waarlik onselfsugtige diens lewer. Vir so ’n persoon het

Christene en nie-Christene agting en respek. Respek is by die agterdeur uit

wanneer ’n politikus se skietgoed oënskynlik op is en hy/sy dan op onwaardige

wyse gryp na dit wat heilig is.

Christus is Koning. Dit beteken

dat ’n gelowige hom/haar gewillig aan

sy Koningskap en heerskappy on derwerp

– ongeag die posisie wat hy/sy

in die samelewing beklee. Wanneer sy

Naam egter misbruik word om meer

mag te kry, word die Koningskap

van Christus aangetas. Laat ons as

gelowiges elkeen die gesindheid van

Christus vertoon en in nederigheid

en gehoorsaamheid teenoor God leef.

Laat ons as gelowi ges in Suid-Afrika

sorg dra dat ons bo alle verdenking

staan en opreg bly, onberispelike

kinders van God te midde van ontaarde

en korrupte mense (Fil. 2:15)

en laat ons God bid dat ons leiers ook

so sal optree. DK

10 DIE KERKBLAD Junie 2011