03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Prof. PH (Rikus) Fick (Teologiese Skool)

Die kerkgeskiedenis is vol

voorbeelde van stryd rondom

die verhouding tussen

kerk en staat. In die Middeleeue het

dit tot uiting gekom in ’n openlike

stryd tussen die persoon van die

pous en die keiser. Die een wou ’n

kerkstaat en die ander ’n staatskerk

hê. Dit was op die ou einde maar net

’n magstryd.

In Suid-Afrika, soos in die meeste

moderne demokrasieë, is daar ’n

skeiding tussen kerk en staat. Een

van die voordele daarvan is dat die

staat nie godsdiens kan mis bruik uit

verkeerde motiewe nie.

Ongelukkig verhoed hierdie

skeiding nie individuele politici om

in eie hoedanigheid dit te probeer

doen nie. Pres. Jacob Zuma en ander

politici het die afgelope tyd verskeie

godsdienstige uitsprake gemaak en

in die proses die Naam van Jesus

Christus gebruik om politieke guns

te wen. Die negatiewe reaksie daarop

uit verskeie kerklike oorde was oral

in die media te lees en te hoor.

Die eerste probleem wat dit

skep,

is dat ’n mens dadelik soek na ’n

verband tussen die uitsprake van

die politikus en sy manier van

leef. Wanneer iemand die Naam

van die Here Jesus op ’n skynbaar

positiewe manier gebruik, het dit

ook etiese implikasies, omdat

die indruk geskep word dat jy ’n

Christen is. Indien jou woorde

(oor Christus, die Drie-eenheid,

ens.) en jou dade nie ooreenstem

nie, het jy nie net die Persoon van Christus belaster

nie, maar in elk geval ook jou argument verloor.

Tweedens is dit ’n oortreding van die derde gebod.

Dit is ’n misbruik van die Naam van God, omdat

die heilige Naam van God nie anders as met vrees en

eerbied gebruik mag word nie.

Derdens, soos wanneer iemand dit as vloekwoord

gebruik, word die Naam van Jesus dikwels ge bruik

om meer gesag en oor tui gingswaarde aan iemand se

woorde en argumente te gee. Dit is ’n poging om eie aansien en mag te

vergroot. Die Engelse skrywer, William Hazlitt, het eenkeer gesê: “Th e

garb of religion is the best cloak for power.” Dit klink dalk eienaardig, maar

godsdiens is soms ’n versoeking: ’n versoeking vir iemand wat magshonger

is om godsdiens in te span om in statuur toe te neem. Dit is natuurlik

ook waar dat tiranne soms godsdiens gebruik as ’n sagte handskoen om

’n ystervuis te bedek. Onnadenkende onderdane is ook minder geneig om

hardhandige en onwettige optrede van ’n regeerder te be vraagteken as die

persoon sigself as godsdienstig voorhou.

Vierdens het politieke oortuigings en godsdienstige (Skrif-)waarhede nie

dieselfde ewigheidswaarde nie. Die menings en die beleidsoortuigings

van politici kom en gaan; die waarheid van die Woord van God staan

ewig vas. As ’n mens dié twee aan mekaar wil koppel, beklad jy dit wat

ewig heidswaarde het en vervreem jy baie mense van dit wat heilig is. Die

godsdienstige regverdiging van apartheid het die kerke in ons land duur

te staan gekom. Ons kan nie toelaat dat politici weer die godsdiens en die

Naam van Jesus inspan in ’n span waarvan die een vennoot op ’n stadium

in duie gaan stort en ontmasker

gaan word as net nog ’n feilbare

mens nie.

Wat die kwessie oor politici

se uitsprake in hierdie verband

nog verder kom pliseer, is die

feit dat ons nie hier te doen het

met bevrydingsteologie nie. Die

politici waarvan ons hier praat, is

nie teoloë nie en bied nie hulle argumente

in ’n kerklike omgewing

aan nie. Bevrydingsteologie is in

elk geval in ’n era aangewend toe

Jesus voorgehou is as die groot

Be vry der van mense wat in ’n

brandpunt

Junie 2011 DIE KERKBLAD 9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!