You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
hoofartikel

so. Die Here, die Almagtige, het dit besluit; wie sal dit

dan verydel? (Jes. 14:27).

God se planne staan vir altyd vas, sy besluite van

geslag tot geslag (Ps. 33:11)

Wie aan dié waarheid twyfel, praat op menslike, beperkte

wyse van ons volmaakte en oneindige God. Ons

menslike denke oor God, sy gedagtes en besluite moet op

sy Woord gegrond wees. Oor God en sy wil, kan ons nie

self praat nie. Ons kan maar net napraat. Ons kan net

nasê wat God alreeds in sy Woord vir ons voorsê.

Dit beteken dat die besluite van God vóór die tyd al

geneem is. Die bestaan van God gaan die bestaan van

die heelal vooraf. Die wêreldgeskiedenis verloop volgens

’n alreeds-opgestelde program. In die ewigheid, voordat

daar tyd was, het God alles besluit (Matt. 13:35; 25:34;

Heb. 4:3; 9:26; Openb. 17:8).

God se besluite is ewig! Dit beteken dat Hy nie sy

besluite een na die ander geneem het soos wat ons as

mense, gebonde aan tyd, dit sou doen nie. Ons neem

ons besluite ook in samehang en afhanklikheid van

verskillende omstandighede. So het die Here nie sy

besluite geneem nie. In God was die besluite ’n ewige

werksaamheid. Dit gaan aan die tyd vooraf. Dit staan

buite alle tyd. Dit is ook bó die tyd verhewe.

Ons kan dit baie moeilik verstaan, omdat ons aan die

tyd gebonde is. Die verhouding tussen ewigheid en tyd is

vir ons ’n misterie, ’n geheimenis, ’n raaisel. Wie hierdie

geheimenis vir die mens wil ontsluier en bevatlik maak,

kom in botsing met God se Woord!

Wat is die doel van God se wil?

Die vraag is: Wat is die doel van God se wil? Waarop

rig die Here sy wilsbesluite? Uit die Bybel is daar wel

antwoorde te vind op hierdie vrae!

“Die Here het alles gemaak met ’n doel” (Spr.

16:4).

Die doel van alles is in God geleë, alles gebeur ter wille

van Hom. Alle dinge vind hulle betekenis in God.

“Ter wille van Myself en daarom alleen, doen Ek

dit,

Ek laat my Naam nie oneer aandoen nie. Ek gee die

eer wat My toekom aan niemand anders nie” (Jes.

48:11).

Derdens vind ons die doel van God se wil

uitgedruk

in die bekende lofl ied van Paulus in Romeine 11:33-

36. Die doel van die werk en optrede van die Here,

ook sy wil, lê nie in die mens of in enige skepsel nie,

maar in God alleen. “Uit Hom en deur Hom en tot

Hom is alle dinge” (Rom. 11:36).

Alles word saamgevat in Openbaring 4:11 – “Here,

ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en

die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil

het alles ontstaan en is dit geskep.”

Verheerliking van God

In alles gaan dit dus om die verheerliking van God.

Vir twee misverstande moet ons oppas:

God het nie die mens nodig om sy eer te soek en

te

verkondig nie. God is ewig. Hy kort nie dinge wat

die mens aan Hom moet bring nie. Sy wil is nie aan

die mens gebonde om waar te wees nie. God het nie

die heelal geskep omdat daar by Hom ’n behoefte was

nie. In alles gaan dit om Homself.

God ontvang sy eer ook nie net daar waar die

mens

daar van getuig nie. God se eer is nie afhanklik van

die goedkeuring en erkenning van die mens nie. Die

eer van God lê in sy skeppingswerk self opgesluit. In

Psalm 19 word geleer dat die hemel daarvan getuig,

die uitspansel maak dit bekend, die een dag gee die

berig deur aan die ander dag en die een nag deel kennis

mee aan die volgende. Dit sou met God se eer

maar bedroef gegaan het as dit heeltemal van die mens

afhanklik was, want die mens is in sy aanbidding en

lofprysing so traag en lou.

Uitvoering van God se wil

Is die verwerkliking van God se wil nie oorbodig nie?

God het mos nie behoefte daaraan nie!

Nee, God moes dit nie noodgedwonge doen nie. Maar

in sy vrymag en welbehae het God Hom voorgeneem om

sy ewige plan tot uitvoer te bring. In God se voorneme

om alles te laat gebeur soos Hy beplan het, is ingeweef die

besluit om dit uit te voer in die tyd.

Die uiteinde van dit alles is die eer van God! Alles

in die skepping is die middele waardeur die doel bereik

word. In hierdie opsig is selfs die verlossing van die gelowiges

en die verderf van die goddeloses middele wat bydra

tot die eer van God (Openb. 5:12-13; 14:7; Spr. 16:4;

Rom. 9:21-22). Al het God nie die mens en die skepsele

nodig om sy eer te verkondig nie, wil God Hom tog laat

eer deur hulle (Ps. 71:14). In sy volsaligheid is God nie

van die lofprysing van die mens afhanklik nie. Die mens

wat daartoe kom om Hom te loof en te prys, is deur die

Heilige Gees daartoe opgewek.

Saamgevat: Die einddoel van God se wil is sy EER. Sy

wil is in alles op die einddoel gerig. CNM

8 DIE KERKBLAD Junie 2011