Antwoord: - Landbou.com

Antwoord: - Landbou.com Antwoord: - Landbou.com

03.05.2013 Views

Grootmaak van hanslammers Vraag: Die vraag word dikwels gevra: Hoe kry ek my hanslammers groot? Antwoord: ‘n Ooi se melk bevat 7-9% vet, in vergelyking met die gemiddelde 3,5% vet in ‘n koei se melk. Om die energiekonsentrasie van beesmelk te verhoog, kan 10ml room per liter bygevoeg word. Dit is belangriker (en meer prakties) om die proteïendigtheid te verhoog deur 2-4 eiergele per liter by te voeg. Moet nooit suiker en/of groenteolies byvoeg nie, aangesien die lam dit nie kan verteer nie en dit diarree mag veroorsaak. Om bogenoemde melksamestellings te voer is dikwels nie ekonomies uitvoerbaar nie en indien ‘n groot getal hanslammers gevoed moet word, is dit beter om ‘n kommersiële melkvervanger (soos bv Denkavit, Wesalam) met water te verdun soos aangedui. Verskeie ontwerpe van lamvoerders (melkkroeg, outomatiese lamvoerders) waar verskeie lammers tegelykertyd gevoed kan word, is beskikbaar. Lammers kan melkvervanger teen 2-4ºC gevoer word om spysverteringsteurnisse (veral opblaas van die melkpens) tot die minimum te beperk. Goeie kwaliteit lusern en kruipvoeding behoort altyd beskikbaar te wees. Normaalweg behoort lammers 6-3 keer per dag 250ml voeding te ontvang. In die natuurlike situasie sal ‘n ooi, anders as ‘n koei, nie toelaat dat die lam vir lang periodes suip nie. Moet daarom nie ad lib voed nie. Indien die voeding van lammers optimaal is, behoort hulle hul liggaamsgewig binne twee weke na geboorte te verdubbel en sal hulle 150-300g daagliks in massa toeneem tot ouderdom 4 maande. Dit is ook moontlik vir lammers om 50% van hul totale jaaroud massa reeds op 3 maande ouderdom te bereik. Kruipvoeding Vanaf twee weke ouderdom kan kruipvoeding gegee word. Dit word gedoen om meer effektief en vroeër te speen. Kruipvoeding moet die volgende bevat: Totale ruproteïene (TRP): 18%; Metaboliseerbare Energie (ME): 9,8%; Mega Joules (MJ) en Kalsium (Ca): 0,6% Daar is verskeie kommersiële kruipvoedings beskikbaar. Die volgende is ‘n voorbeeld van kruipvoedingrantsoen wat tuis gemeng is: Geel mieliemeel 35% Olie koekmeel (grondbone/soja) 17% Hawermoutmeel 20% Afgeroomde melkpoeier 15% Molassepoeier 10% Wit vismeel 2,5% Sout 0,5%

Grootmaak van hanslammers

Vraag: Die vraag word dikwels gevra: Hoe kry ek my hanslammers groot?

Antwoord:

‘n Ooi se melk bevat 7-9% vet, in vergelyking met die gemiddelde 3,5% vet in

‘n koei se melk. Om die energiekonsentrasie van beesmelk te verhoog, kan

10ml room per liter bygevoeg word. Dit is belangriker (en meer prakties) om

die proteïendigtheid te verhoog deur 2-4 eiergele per liter by te voeg. Moet

nooit suiker en/of groenteolies byvoeg nie, aangesien die lam dit nie kan

verteer nie en dit diarree mag veroorsaak.

Om bogenoemde melksamestellings te voer is dikwels nie ekonomies

uitvoerbaar nie en indien ‘n groot getal hanslammers gevoed moet word, is dit

beter om ‘n kommersiële melkvervanger (soos bv Denkavit, Wesalam) met

water te verdun soos aangedui. Verskeie ontwerpe van lamvoerders

(melkkroeg, outomatiese lamvoerders) waar verskeie lammers tegelykertyd

gevoed kan word, is beskikbaar. Lammers kan melkvervanger teen 2-4ºC

gevoer word om spysverteringsteurnisse (veral opblaas van die melkpens) tot

die minimum te beperk. Goeie kwaliteit lusern en kruipvoeding behoort altyd

beskikbaar te wees.

Normaalweg behoort lammers 6-3 keer per dag 250ml voeding te ontvang. In

die natuurlike situasie sal ‘n ooi, anders as ‘n koei, nie toelaat dat die lam vir

lang periodes suip nie. Moet daarom nie ad lib voed nie.

Indien die voeding van lammers optimaal is, behoort hulle hul liggaamsgewig

binne twee weke na geboorte te verdubbel en sal hulle 150-300g daagliks in

massa toeneem tot ouderdom 4 maande. Dit is ook moontlik vir lammers om

50% van hul totale jaaroud massa reeds op 3 maande ouderdom te bereik.

Kruipvoeding

Vanaf twee weke ouderdom kan kruipvoeding gegee word. Dit word gedoen

om meer effektief en vroeër te speen. Kruipvoeding moet die volgende bevat:

Totale ruproteïene (TRP): 18%; Metaboliseerbare Energie (ME): 9,8%; Mega

Joules (MJ) en Kalsium (Ca): 0,6%

Daar is verskeie kommersiële kruipvoedings beskikbaar. Die volgende is ‘n

voorbeeld van kruipvoedingrantsoen wat tuis gemeng is:

Geel mieliemeel 35%

Olie koekmeel (grondbone/soja) 17%

Hawermoutmeel 20%

Afgeroomde melkpoeier 15%

Molassepoeier 10%

Wit vismeel 2,5%

Sout 0,5%

Smaaklikheid is die hoof konsiderasie as daar besluit moet word oor watter

bestanddele by kruipvoeding gevoeg moet word. ‘n Voormengsel van

vitamiene, asook ‘n ionofoor behoort bygevoeg te word. Laasgenoemde help

om koksidiose te voorkom. Inname word verbeter as kruipvoeding in pilvorm

gegee word. Lusernhooi (goeie kwaliteit) is die ruvoer van keuse wat ad lib

gevoer word.

Gemiddelde daaglikse kruipvoedinginname:

2 weke 30-50g

1 maand 80-100g

2 maande 350-400g

Daar is spesiale kruipvoedingvoerders beskikbaar of eenvoudige, praktiese

kruipvoedingkampies kan in die hoek van ‘n kamp ingerig word. Spasies wat

slegs die lammers na die kruipvoeding deurlaat, is 20cm tussen regop tralies.

Dit verhoed dat volwasse diere by die kruipvoeding kan kom.

Lammers kan gespeen word sodra hul 250g kruipvoeding per dag inneem. Dit

gebeur gewoonlik op 6-8 weke ouderdom. Lammers onder 15kg

liggaamsmassa moet nie gespeen word nie, aangesien hulle dan ‘n ernstige

terugslag beleef. Teen die ouderdom van 4 weke is lammers funksioneel

herkouers en teen 6 weke is hulle vermoë om te wei ten volle ontwikkel.

Lammers behoort daarom nie jonger as op 6 weke ouderdom gespeen te

word nie.

Buiten smaaklikheid, is die plek waar kruipvoeding in intensiewe en semiintensiewe

sisteme toegedien word, belangrik. Daar word aanbeveel dat die

area goed verlig is, goeie beddegoed voorsien is en dit naby die plek is waar

die ooie saamkom as hulle nie wei nie.

Om lammers in groot kampe kruipvoeding te gee, sal nie suksesvol wees nie,

omdat lammers die ooie volg en nie genoeg tyd by ‘n voerbak sal deurbring

nie.

Lakterende ooie bereik die piek in melkproduksie ongeveer 3-4 weke nadat

hulle gelam het en produseer 75% van hul totale melkproduksie gedurende

die eerste 8 weke van laktasie. Na 6-8 weke neem melkproduksie af en om

hierdie rede sal die inname van kruipvoeding styg. Dit is dan die paslike tyd

om lammers te speen, mits hulle op hierdie stadium ‘n aanvaarbare massa

bereik het.

Voordele van vroeë speen van lammers

- moontlike vroeë bemarking van lammers.

- maak dit moontlik om buite seisoen te lam (versnelde lamsisteme;

meervoudige lammeroeste)

- hoër en meer effektiewe massatoename by lammers terwyl hulle die

groeipotensiaal op ‘n vroeë ouderdom het.

- Maak effektief gebruik van die vrugbare ooi (meer lammers/ ooie/

produktiewe lewe). Dit is moontlik omdat daar nou ‘n langer hersteltyd

vir die ooi is.

- Beter gebruik van weiding (produksie, nie onderhoud nie).

Vroeë speen van die moeder word nie voor 6 weke ouderdom gedoen nie.

Lammers behoort in die kamp/ kraal/ omgewing gehou te word waaraan hulle

gewoond is. – i.e. ooie behoort by lammers weggeneem te word en nie

andersom nie. Sommige boere speen lammers vanaf melkvervangers soms

vroeër, selfs teen 4 weke ouderdom a.g.v. die koste wat betrokke is.

Gedurende die periode nadat lammers gespeen is, behoort hulle geleidelik

(oor ‘n periode van 2-3 weke) bekend gestel te word aan groeirantsoene wat

14-17% TRP, afhangend van die verlangde/ moontlike groeikoers, bevat.

(Sien National Research Council of America (NRC), 1985 – voedingsvereistes

vir vroeggespeende en groeiende lammers) Alternatiewelik kan die

groeirantsoen ook geleidelik oor ‘n periode van 1-2 weke voor speen gegee

word om die stres van die speenproses tot die minimum te beperk.

Geskryf deur dr Willem Schultheiss, Intervet/Schering Plough en prof Gareth

Bath, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria.

19 April 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!