CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

in dié verband as ’n komplekse stel gedeelde oortuigings, waardes en konsepte gedefinieer. ’n Kultuur stel ’n groep dus in staat om sin van hul lewe te vorm, en om 77 rigtings te voorsien oor hoe om te lewe. Om lid te word van die besondere kultuur, is ’n proses van kultivering en sosialisering binne die kultuur. Dit beteken om die basiese teks van die kultuur aan te leer, te lees en jou eie te maak. Daardeur penetreer ’n kultuur sy indiwiduele lede geestelik, fisies en sosiaal, en sodoende word die basiese oortuigings van die indiwidu gevorm. Die implikasies van hierdie kultivering, is dat die mens binne sy sosiale ruimte vasgevang is in wat Bourdieu (1990:128-130) noem ’n kulturele stryd van ongelykhede. Soos Apple (1990:15) uitwys, kan die hegemonie van die dominante agente deel word van die beredeneerde praktyke en taalinhoud van onderwysers in hul kulturele praktyke en skole. Young (2000:528) bring die ervaringsgeskiedenis waarin onderwysers gesosialiseer het, in verband met hul sosiale status en stratifikasie. Onderwysers word hiervolgens nie homogeen binne ’n samelewing geposisioneer en verteenwoordig nie. Die gesagstratifikasie in terme van die posisioneringe van onderwysers binne ’n kultuur, is gefundeer op heterogeniteite. Dié heterogeniteite (diversiteite) kan insluit verskille op die basis van materiële belange, wat ’n historiese oorsprong besit. Die argument ontwikkel dat die geskiedenis van die (kapitalistiese) wêreldstelsel is geneig om ‘kulturele heterogeniteit’ te bevorder, in plaas van ‘kulturele homogeniteit’ (Torres & Mitchell,1998:9). ’n Heterogene leefwyse word eerder in publieke instellings bevorder. Sodoende bestaan daar kulturele differensiasie en kompleksiteite in die kulture van streke waar ’n hervormende kurrikulumprogram geïmplementeer moet word. Gevolglik is dit

78 in my studie van belang om te verstaan hoe onderwysers hul eiesoortige diskoerse vorm, en daarvolgens op K2005 respondeer. In die tweede geval bepleit Giddens (1996:35-75) dat onderwysers hul ‘refleksiewe kapasiteite’ moet benut om tot hul ‘self’ deur te dring. Dié ‘self’ word ook geassosieer met die ‘baan van die self’, wat breedweg verwys na indiwiduele selfontwikkeling en die selfstandige ontdekking van jou eie selfbegrip. In my studies beteken dit dat onderwysers K2005 moet beoordeel in terme van die betekenis daarvan vir hul ‘baan van die self’, ‘selfrefleksie’ en ‘selfontwikkelinge’. Die onkritiese ontvang, aanvaarding en implementering van K2005 in skoolpraktyke, is met hierdie argumentasie in die spervuur. Soos in Elmore (1980:603) postuleer, moet onderwyser-diskressie in implementeringspraktyke erken word. Tog blyk dit dat vorige diskoersvorming en konformiteite met die vorige dominante kurrikulum, oorheersend was in die werkswyse van onderwysers in my eiesoortige sosio-kulturele kontekste. 4.1.2 Diskoersvorming van onderwysers ‘Selfheid’ van die indiwiduele mens word opgebou in hul persoonlike geskiedenis waarin verskillende diskoerse in samelewings geposisioneer is (Davies & Harré, 2001:264). Foucault (aangehaal deur Hall, 2001:72) beskryf diskoers as ’n stelsel van verteenwoordiging, wat gewoonlik in linguistiese taalkonsepte gebruik word. Daarvolgens bestaan daar rëels en praktyke wat die betekenisvolle standpunte van mense produseer, en diskoerse in verskillende historiese periodes reguleer. Diskoerse word hiervolgens gevorm deur die produksie van kennis deur middel van taal. In my studie is

78

in my studie van belang om te verstaan hoe onderwysers hul eiesoortige diskoerse vorm,

en daarvolgens op K2005 respondeer.

In die tweede geval bepleit Giddens (1996:35-75) dat onderwysers hul ‘refleksiewe

kapasiteite’ moet benut om tot hul ‘self’ deur te dring. Dié ‘self’ word ook geassosieer

met die ‘baan van die self’, wat breedweg verwys na indiwiduele selfontwikkeling en die

selfstandige ontdekking van jou eie selfbegrip. In my studies beteken dit dat onderwysers

K2005 moet beoordeel in terme van die betekenis daarvan vir hul ‘baan van die self’,

‘selfrefleksie’ en ‘selfontwikkelinge’. Die onkritiese ontvang, aanvaarding en

implementering van K2005 in skoolpraktyke, is met hierdie argumentasie in die spervuur.

Soos in Elmore (1980:603) postuleer, moet onderwyser-diskressie in

implementeringspraktyke erken word. Tog blyk dit dat vorige diskoersvorming en

konformiteite met die vorige dominante kurrikulum, oorheersend was in die werkswyse

van onderwysers in my eiesoortige sosio-kulturele kontekste.

4.1.2 Diskoersvorming van onderwysers

‘Selfheid’ van die indiwiduele mens word opgebou in hul persoonlike geskiedenis waarin

verskillende diskoerse in samelewings geposisioneer is (Davies & Harré, 2001:264).

Foucault (aangehaal deur Hall, 2001:72) beskryf diskoers as ’n stelsel van

verteenwoordiging, wat gewoonlik in linguistiese taalkonsepte gebruik word.

Daarvolgens bestaan daar rëels en praktyke wat die betekenisvolle standpunte van mense

produseer, en diskoerse in verskillende historiese periodes reguleer. Diskoerse word

hiervolgens gevorm deur die produksie van kennis deur middel van taal. In my studie is

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!