CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

klas, ras, geslag en religieuse konflikte. Dit word aanvaar dat hierdie oneweredige 75 kontekste en dominante diskoerse, ’n impak op die identiteitvorming van onderwysers tot gevolg kan het, en dit kan hul ontvang en implementering van K2005 op ’n besondere manier beïnvloed. ’n Kulturele stryd word deur Bourdieu (1990:128-130) verduidelik as ’n stryd binne ’n sosiale ruimte, gevoed deur ‘ekonomiese kapitaal’ in verskillende vorme. Die sosiale ruimte bestaan ook uit ‘kulturele kapitaal’, wat insluit simboliese kapitaal. Agente is hiervolgens verspreid in die verskillende algemene sosiale ruimte, en geposisioneer ooreenkomstig die beskikbare ekonomiese kapitaal. In die eerste dimensie is die kapitaal- verspreiding (ekonomies of kultureel) ooreenkomstig die algemene volume (hoeveelhede) kapitaal, soos dit in verskillende samelewings bestaan en funksies vervul. Die tweede dimensie tot die struktuur (beheer) van die kapitaal, is ooreenkomstig die relatiewe gewig (mag van agente in strukture) wat verskillende tipe kapitaal dra. Hierdie gewig kan insluit die ekonomiese en kulturele volume van hul kapitaal. In my studie is hierdie uitgangspunte opgesom met betrekking tot die ontvang en implementering van ’n kurrikulum-vernuwing, soos vergestalt in K2005 in post-apartheid Suid-Afrika. Hoeveel beheer het ’n indiwiduele onderwyser derhalwe oor K2005 (kulturele kapitaal), asook hoeveel toegang tot die materiële bronne (ekonomiese kapitaal)? Hoe is die professionele outonomie van onderwysers dus geformuleer om selfstandig besluite te kan neem? Die konseptuele lens verskuif na hoe simboliese kennis in die ‘politiek van verteenwoordiging’, ’n impak het op die vorming van die indiwidu (Apple, 1990:vii;

76 McCarthy, 2000:17; Wetherell, 2001:25-26). Die betoog hiervolgens is dat indiwiduele vorming in kulturele praktyke kan plaasvind deur middel van ‘identiteite met kulturele simbole enersyds, of substantief reflekteer oor hul ‘self’(Giddens,1991:35-36). Daardeur word die indiwiduele mens met twee breë uiteenlopende keuses in hul kulturele praktyke gelaat. Aan die een kant behels onderwyser-keuses om hul ‘praktiese bewussyn’ in ‘beredeneerde praktyke’ te gebruik, en aan die ander kant om hul ‘refleksiewe bewussyn’ te gebruik. In die eerste geval word ‘simboliese kennis’ van die staat uitgedruk in terme van kwessies soos ideologie en mag, en dit kan in skole uitvloei tot ras, klas en geslagsongelykhede (Apple,1990:vii). Daarmee word die lewe en werk van onderwysers op grondvlak deur agente in hoër hiërargiese vlakke beheer (Sien hoofstuk twee, afdeling 2.1.1). Dit is omdat die ideologie van ’n staat, die populêre bewussyn van mense kan binnedring en deel word van hul ‘bewussyn’ (Apple,1993:15). Giddens (1991:181-278) bring die internalisering van ’n ideologie in die populêre bewussyn van die mens, in verband met ’n ‘onderdrukking van die self’. Dit kan ook met die idee van die indiwidu as ’n ‘slagoffer’ geassosieer word (Wetherell, 2001:23). Die indiwiduele mens in hierdie vorm van verteenwoordiging, sal in sy polities-sosiale posisioneringe in skoolpraktyke, nie altyd in beheer van sy ‘self’ (subjektiwiteite) wees nie. Hiervolgens kan die identiteite van onderwysers deur agente in dominante posisies benadeel word, veral wanneer die selfbegrip van onderwysers as implementeringsagente nie verstaan word nie. Die definisie wat Fay (1996:55) aan die konsep ‘kultuur’ toedig, verwys meer spesifiek na die manier waarvolgens menslike kultivering binne ’n groep plaasvind. ‘Kultuur’ word

76

McCarthy, 2000:17; Wetherell, 2001:25-26). Die betoog hiervolgens is dat indiwiduele

vorming in kulturele praktyke kan plaasvind deur middel van ‘identiteite met kulturele

simbole enersyds, of substantief reflekteer oor hul ‘self’(Giddens,1991:35-36). Daardeur

word die indiwiduele mens met twee breë uiteenlopende keuses in hul kulturele praktyke

gelaat. Aan die een kant behels onderwyser-keuses om hul ‘praktiese bewussyn’ in

‘beredeneerde praktyke’ te gebruik, en aan die ander kant om hul ‘refleksiewe bewussyn’

te gebruik.

In die eerste geval word ‘simboliese kennis’ van die staat uitgedruk in terme van

kwessies soos ideologie en mag, en dit kan in skole uitvloei tot ras, klas en

geslagsongelykhede (Apple,1990:vii). Daarmee word die lewe en werk van onderwysers

op grondvlak deur agente in hoër hiërargiese vlakke beheer (Sien hoofstuk twee, afdeling

2.1.1). Dit is omdat die ideologie van ’n staat, die populêre bewussyn van mense kan

binnedring en deel word van hul ‘bewussyn’ (Apple,1993:15). Giddens (1991:181-278)

bring die internalisering van ’n ideologie in die populêre bewussyn van die mens, in

verband met ’n ‘onderdrukking van die self’. Dit kan ook met die idee van die indiwidu

as ’n ‘slagoffer’ geassosieer word (Wetherell, 2001:23). Die indiwiduele mens in hierdie

vorm van verteenwoordiging, sal in sy polities-sosiale posisioneringe in skoolpraktyke,

nie altyd in beheer van sy ‘self’ (subjektiwiteite) wees nie. Hiervolgens kan die

identiteite van onderwysers deur agente in dominante posisies benadeel word, veral

wanneer die selfbegrip van onderwysers as implementeringsagente nie verstaan word nie.

Die definisie wat Fay (1996:55) aan die konsep ‘kultuur’ toedig, verwys meer spesifiek

na die manier waarvolgens menslike kultivering binne ’n groep plaasvind. ‘Kultuur’ word

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!