CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

gebruik ‘betekenis mobilisasie’ en ‘interpretasie dominasie’ as instrumente om hierdie 73 mag te verkry. Beheer oor diskoerse in die kulturele praktyk, is dus ’n belangrike bron van ‘mag’ 9 , en vereis ’n dieper analise van hierdie fenomeen. Davies en Harré (2001:263) betoog dat stories oor die mens gelokaliseer is binne ’n aantal verskillende diskoerse. Hierdie diskoerse bestaan in terme van taal, konsepte, kwessies en morele beoordeling, en die subjek se posisie daarin. Die subjek se posisie sal volgens hierdie argument egter ook veelvoudig wees en kan varieer in omstandighede. Een mens kan verskeie storielyne inkorporeer en organiseer rondom verskeie pole van gebeure, karakters en morele dilemmas. Die indiwidu is dus geposisioneer binne meervoudige diskoerse waarin hy persoonlike keuses moet maak, besluite neem en uitvoer (Davies en Harré, 2001: 266). Die ontvang en implementering van K2005 is teen die agtergrond van hierdie argumente, komplekser in skoolkontekste van onderwysers. Hoe identiteitvorming van onderwysers gevolglik binne hul sosio-kulturele kontekste plaasvind, die impak daarvan op hul ontvang en implementering-identiteite, benodig ’n in-diepte kontekstuele ondersoek. 4.1.1 Identiteitvorming van onderwysers binne dominante diskoerse Hoe onderwysers hul identiteitsbasis in ’n kulturele praktyk vorm en ontwikkel, is in hierdie afdeling van belang. Grossberg (1994:29; 5-6) betoog dat kontekstuele studies aan die lig bring dat daar oneweredige dominante en gemarginaliseerde magte in kulturele praktyke bestaan. Hierdie argument ontwikkel dat ’n oneweredige kulturele 9 “Mag’ word hier geassosieer met beheer wat een groep of indiwidu oor ’n ander groep of indiwidu besit. Praktiese voorbeelde in skole, bestaan waar burokrate in ’n hoër hiërargiese struktuur van die onderwysstelsel, in beheer is van prinsipale in skole, of waar prinsipale in skole in beheer is van onderwysers. Mag impliseer hier dat ‘ondergeskiktes’ se stemme in die taalgesprek nie gehoor word nie, of nie as belangrik beskou word nie.

74 praktyk bestaan uit kwessies wat verband hou met die ‘politiek van identiteit’, soos die van ras, etnisiteit of kultureel-politieke verteenwoordiging. Binne hierdie kulturele praktyk is die indiwidu op ’n besondere wyse geposisioneer in verhouding tot ‘ander sprekers’ (Davies & Harré, 2001:264). Die mens onderhandel sy realiteite met die wêreld en ‘ander’ mense deur middel van taal (Wetherell, 2001:17). Taal is hiervolgens ’n medium van verteenwoordiging vir die indiwidu binne sy sosio-kulturele ruimte. Binne hierdie oneweredige sosio-kulturele ruimte en skoolpraktyke, word aangeneem dat onderwysers in my studies ‘oneweredig’ teenoor ander sprekers geposisioneer en verteenwoordig is. In ’n sosio-kulturele praktyk bestaan daar dus dominante groepe in verhouding tot gemarginaliseerde groepe. Op die een of ander wyse identifiseer onderwysers binne hul sosio-kulturele praktyke met een van hierdie twee groepe. In my studie sal dié posisioneringe en verteenwoordiging van onderwysers, hul ontvang en implementering van K2005 bepaal. ‘Kultuur’ is toenemend ineengevleg met kwessies van ‘gesag’, ‘verteenwoordiging’ en ‘identiteite’ (Giroux, 1994:29). Grossberg (1994:6) bevestig dat ’n besondere kulturele praktyk, strukture van dominansie en ondergeskiktheid reproduseer, en dit word uitgedruk in terme van verteenwoordiging, identiteite, verskille en ongelykheid. Binne sulke realiteite bestaan daar konstant die moontlikheid vir rassisme, seksisme, xenofobia en kulturele lewe. Kurrikulumstudies poog om ’n begrip te verwerf oor hoe strukture en verteenwoordiging binne ’n samelewing werk, en domeine van ’n kulturele stryd saamgestel word. Kurrikulumstudies in kulturele en skoolpraktyke, is ’n terrein waar ’n politieke stryd in die kontemporêre wêreld ingedra word. Apple (1990:vii) bevestig hoedat ’n onderwys en kurrikulum-kwessies altyd vasgevang is in ’n geskiedenis van

gebruik ‘betekenis mobilisasie’ en ‘interpretasie dominasie’ as instrumente om hierdie

73

mag te verkry. Beheer oor diskoerse in die kulturele praktyk, is dus ’n belangrike bron

van ‘mag’ 9 , en vereis ’n dieper analise van hierdie fenomeen. Davies en Harré (2001:263)

betoog dat stories oor die mens gelokaliseer is binne ’n aantal verskillende diskoerse.

Hierdie diskoerse bestaan in terme van taal, konsepte, kwessies en morele beoordeling, en

die subjek se posisie daarin. Die subjek se posisie sal volgens hierdie argument egter ook

veelvoudig wees en kan varieer in omstandighede. Een mens kan verskeie storielyne

inkorporeer en organiseer rondom verskeie pole van gebeure, karakters en morele

dilemmas. Die indiwidu is dus geposisioneer binne meervoudige diskoerse waarin hy

persoonlike keuses moet maak, besluite neem en uitvoer (Davies en Harré, 2001: 266).

Die ontvang en implementering van K2005 is teen die agtergrond van hierdie argumente,

komplekser in skoolkontekste van onderwysers. Hoe identiteitvorming van onderwysers

gevolglik binne hul sosio-kulturele kontekste plaasvind, die impak daarvan op hul

ontvang en implementering-identiteite, benodig ’n in-diepte kontekstuele ondersoek.

4.1.1 Identiteitvorming van onderwysers binne dominante diskoerse

Hoe onderwysers hul identiteitsbasis in ’n kulturele praktyk vorm en ontwikkel, is in

hierdie afdeling van belang. Grossberg (1994:29; 5-6) betoog dat kontekstuele studies

aan die lig bring dat daar oneweredige dominante en gemarginaliseerde magte in

kulturele praktyke bestaan. Hierdie argument ontwikkel dat ’n oneweredige kulturele

9 “Mag’ word hier geassosieer met beheer wat een groep of indiwidu oor ’n ander groep of indiwidu besit.

Praktiese voorbeelde in skole, bestaan waar burokrate in ’n hoër hiërargiese struktuur van die

onderwysstelsel, in beheer is van prinsipale in skole, of waar prinsipale in skole in beheer is van

onderwysers. Mag impliseer hier dat ‘ondergeskiktes’ se stemme in die taalgesprek nie gehoor word nie, of

nie as belangrik beskou word nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!