CLARENCE VERNON VISAGIE
CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE
vii skole van leerders gevra. Op alle terreine van die gemeenskapslewe was daar diep verdeeldheid, wat hul lewenstyle in gemeenskappe negatief geaffekteer het. Daar was verdeeldheid in politieke keuses, sport, veral in rugby en netbal, kerk en gelowe, klasse verskille, die posisie en rol van die vrou, en heelwat ander verskille. In hierdie omstandighede van verdeeldheid, het ek opgegroei binne ’n ‘werkersklas-milieu’, die Anglikaanse kerk en as ’n manlike bruin ‘ras’. Binne die raam van dié sosialisering in die Overbergstreek, is my identiteite gevorm, en word ek as ’n onderwyser en onderwyser-navorser verteenwoordig. Tydens my interaksie as ’n navorser in die Overbergstreek, was ek bekend as ’n onderwyser wat vanuit ’n werkersklas agtergrond ontwikkel het. My posisionering en verteenwoordiging as ’n onderwyser in my onmiddellike omgewing, het geïmpliseer dat mense aan wie ek bekend was, reeds bepaalde persepsies oor my gevorm het. Ek kon dus waarneem dat hoofsaaklik ‘middelklas-georiënteerde onderwysers’ in my eie woonbuurt skepties was oor my navorsing, terwyl onderwysers ‘buite’ my woonbuurt waar ek minder bekend was, minder skepties was. Daar was voorts ’n diep verdeeldheid tussen onderwysers in skole onderling, oor die toepassing van K2005. Sommige onderwysers het die nuwe kurrikulum op ’n retoriese vlak openlik verwelkom, terwyl ander onderwysers die kurrikulum retories verwerp het. Binne hierdie omstandighede het ek tot skole toegetree. Een van my grootste uitdagings was om hierdie skeptiese onderwysers te oortuig dat my ‘subjektiwiteit’ nie ’n rol sou speel in my navorsingsprosesse nie. Tydens my prosesse van empiriese data insameling, het ek skerper vrae en refleksiwiteite oor my subjektiwiteit, en die rol daarvan in my navorsing, krities begin ontwikkel. Vir
viii die eerste keer in my akademiese loopbaan was ek gekonfronteer met my eiesoortige subjektiwiteit binne ’n interpretatiewe studie, en skeptisisme dat my subjektiwiteit pogings tot ‘wetenskaplik-objektiewe’, geldige en betroubare kennis kan belemmer. Kritiek en skeptisisme van mede kollegas in my omgewing, het daartoe bygedra dat ek my ‘oorreding-strategie’ teenoor hierdie enkele skeptici moes opknap. Hierdie ervaring was vir my vreemd, maar ’n uitdaging. Sonder om aan hierdie uitdaging blootgestel te word, sou ek nie ’n kritiese insig en selfvertroue in my veldstudie kon ontwikkel nie. Daarenteen moes ek deurlopend bewus wees van die etiese vereistes wat aan myself as ’n wetenskaplike navorser gestel word, asook die etiese vereistes van die Wes-Kaap Onderwysdepartement. My ervaring vanuit ’n agterna perspektief, is dat kwalitatiewe navorsers ten beste ontwikkel deur aan situasies blootgestel te word. Voorts het hoë etiese vereistes van ’n instelling te veel beperkinge op myself as ’n navorser geplaas, veral vir die insameling van wetenskaplik en geldige kennis. Heelwat onderwysers plaas ’n hoë premie daarop om my mening met hul idiosinkratiese kennis te beïnvloed, sonder die aanbied van substantiewe bewyse vir hul standpunte. Vir ’n ondeurdagte empiriese navorser kan dit hinderlik wees. Daarmee saam moes ek myself deurlopend herposisioneer in terme van ’n oorskakeling vanaf ’n normatiewe ondersoeker wat deterministies optree, na ’n interpretatiewe ondersoeker wat vraend en ‘sagter’ optree. In die begin van my interpretatiewe ondersoek, veral tydens my observasies, het ek hierdie omskakeling uiters moeilik gevind, maar het gaandeweg in my nuwe rol begin aanpas. Ek het my ‘nuwe’ rol as ’n interpretatiewe ondersoeker selfs begin geniet. Die interpretatiewe en vraende
- Page 1 and 2: DIE IMPAK VAN ONDERWYSERS SE IDENTI
- Page 3 and 4: ERKENNINGS ii My erkennings en opre
- Page 5 and 6: ABSTRACT This thesis was undertaken
- Page 7: vi Ek is gebore in ’n verafgeleë
- Page 11 and 12: x ingewerk het. Voorts het ek ’n
- Page 13 and 14: 2.1 Kurrikulum-implementeringsmodel
- Page 15 and 16: 5.1 Algemene beskrywings en opsommi
- Page 17 and 18: 7.1 Die professionele en pedagogies
- Page 19 and 20: Overbergstreek. Inwoners in hierdie
- Page 21 and 22: Suid-Afrika beoefen is, verwant aan
- Page 23 and 24: gedrag terselfdertyd te verstaan me
- Page 25 and 26: Na ons opleiding, is ek en heelwat
- Page 27 and 28: hul sosio-kulturele kontekste verst
- Page 29 and 30: 12 ondersoek, in terme van hoe onde
- Page 31 and 32: 1.6.2 Hoofstuk twee 14 Hierdie hoof
- Page 33 and 34: 16 ooreenkomstig beskrywings van ho
- Page 35 and 36: 1.6.7 Hoofstuk sewe 18 Hoofstuk sew
- Page 37 and 38: eleidvormer. Daarna beweeg dit deur
- Page 39 and 40: hul mikro-kontekste te verstaan.
- Page 41 and 42: 24 onderwysers. Beide konsepte verw
- Page 43 and 44: 26 implementeringsmodelle nie uitge
- Page 45 and 46: implementeerder beskryf is. Die doe
- Page 47 and 48: 30 hiërargiese agente en sosiale n
- Page 49 and 50: 2.2.1 Onderwyser-biografieë Tradis
- Page 51 and 52: tradisioneel beoordeel is as te ‘
- Page 53 and 54: 36 onderwysers vakteorieë benut in
- Page 55 and 56: 38 2.2.3 Identiteitsbasis van onder
- Page 57 and 58: 40 Die analitiese lens van terugwer
viii

die eerste keer in my akademiese loopbaan was ek gekonfronteer met my eiesoortige

subjektiwiteit binne ’n interpretatiewe studie, en skeptisisme dat my subjektiwiteit

pogings tot ‘wetenskaplik-objektiewe’, geldige en betroubare kennis kan belemmer.

Kritiek en skeptisisme van mede kollegas in my omgewing, het daartoe bygedra dat ek

my ‘oorreding-strategie’ teenoor hierdie enkele skeptici moes opknap. Hierdie ervaring

was vir my vreemd, maar ’n uitdaging. Sonder om aan hierdie uitdaging blootgestel te

word, sou ek nie ’n kritiese insig en selfvertroue in my veldstudie kon ontwikkel nie.

Daarenteen moes ek deurlopend bewus wees van die etiese vereistes wat aan myself as ’n

wetenskaplike navorser gestel word, asook die etiese vereistes van die Wes-Kaap

Onderwysdepartement.

My ervaring vanuit ’n agterna perspektief, is dat kwalitatiewe navorsers ten beste

ontwikkel deur aan situasies blootgestel te word. Voorts het hoë etiese vereistes van ’n

instelling te veel beperkinge op myself as ’n navorser geplaas, veral vir die insameling

van wetenskaplik en geldige kennis. Heelwat onderwysers plaas ’n hoë premie daarop om

my mening met hul idiosinkratiese kennis te beïnvloed, sonder die aanbied van

substantiewe bewyse vir hul standpunte. Vir ’n ondeurdagte empiriese navorser kan dit

hinderlik wees. Daarmee saam moes ek myself deurlopend herposisioneer in terme van

’n oorskakeling vanaf ’n normatiewe ondersoeker wat deterministies optree, na ’n

interpretatiewe ondersoeker wat vraend en ‘sagter’ optree. In die begin van my

interpretatiewe ondersoek, veral tydens my observasies, het ek hierdie omskakeling uiters

moeilik gevind, maar het gaandeweg in my nuwe rol begin aanpas. Ek het my ‘nuwe’ rol

as ’n interpretatiewe ondersoeker selfs begin geniet. Die interpretatiewe en vraende