CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

voorsien oor die institusionele kultuur waarbinne onderwysers K2005 ontvang en implementeer. Met watter professionele en pedagogiese identiteitsbasis ontvang onderwysers in post-apartheid Suid-Afrika K2005 in hul unieke skoolkontekste? 69 4.1 Die sosiologie van kennis en die kurrikulum Die professionele en pedagogiese identiteitsbasis van onderwysers, word in hul sosio- kulturele kontekste opgebou (Apple, 1996:5-6; Torres & Mitchell,1998:3). Studies in die sosiologie van kennis en die kurrikulum is hiervolgens van belang. Die sosiologie van onderwys en kurrikulum het sedert die 1960s geleidelik begin fokus op die betekenisse wat verteenwoordiging en kommunikasie van sosiale akteurs vereis (McCarthy, 2002:17; Whitty, 1985:13). Menslike kennis fokus hiervolgens eerder op die samestelling van ‘wetenskaplike kennis’ (‘epistomologiese kennis’), sowel as ‘kulturele kennis’ (‘sosiale kennis’), aldus Delanty (2001:1) en Young (2000:532). Wetenskaplike kennis met spesialisering as ’n eksklusiewe vorm van vakkennis, is nie langer in aanvraag nie (Delanty, 2001:4-5). Reckwitz (2002:202) verwys na ’n ‘kulturele ommekeer’ wat plaasgevind het. Wetenskaplike teorie kan nie langer as ’n menslike fenomeen geïsoleerd bestudeer word van kulturele kennis nie (‘menslike ervaring’) nie. In my studie is hierdie ‘kulturele ommekeer’ van belang, aangesien ek direk kan fokus op menslike ervaring soos dit in hul outobiografieë vergestalt. Die ‘afskaling’ van argumente ten gunste van ’n ‘positivistiese metodologie’ met die nadruklike klem op ‘objektiewe kennis’ (Torres & Mitchell, 1998:3; Whitty, 1985:85), bring ‘kulturele studies’ sterker op die voorgrond. Whitty (1985:85) meen dat ’n kultuur

in eie reg bestudeer moet word. Kulturele kennis van die mens word geproduseer, 70 gereproduseer en deur sosiale instellings bevorder (Apple, 1996:1). Klagtes van Goodson (1996:1) oor die min empiriese navorsing wat gedoen is oor die lewe en werk van onderwysers, verkry betekenis binne hierdie ‘nuwe’ kulturele studies. Onderwysers word in hierdie kulturele studies geïnterpreteer as aktiewe agente wat hul eie geskiedenis in mikro-skoolkontekste vorm. Daarom moet die stem-identiteite van onderwysers in die pedagogiese praktyke gehoor word (Hargreaves, 1994:4). Die interpretatiewe tradisie het volgens Shipman (1997:37-38) populêr geword in die tweede helfte van die twintigste eeu. Die fokus hiervan is nou direk op die subjektiewe interpretasies van onderwysers as ’n ‘objek van ondersoek’. Kelly (2001:398) verwys hierna as die ‘interpretatiewe wending’ in die sosiaal wetenskaplike epistemologie, waarvolgens daar ’n terugkeer is na ‘kontekstuele navorsing’. Hiervolgens is die tegnieke van navorsing minder gemoeid met die ontdekking van universele waarhede en wetmatige patrone van menslike gedrag, wat met die positivisme geasossieer word. Dié tegnieke van die radikale sosiologiese-interpretatiewe, is eerder gemoeid met sinvorming van menslike ervaring van binne die kulturele konteks en die ‘innerlike perspektief’ van ervaring. Fay (1996:12-19) bring die interpretatiewe aanname in verband met die ondervinding (ervaring) van mense. Hierdie ondervinding word gevorm deur die verwagtinge, geheue, oortuigings en begeertes van mense in hul sosiale kontekste. Ondervinding is dus deel van die ‘interpretatiewe aannames’ wat persone na die onderneming van navorsing sal neem. Van belang in my studie, is om te fokus op hoe mense hul konstruksies in sosiale kontekste formuleer en opbou, en die impak daarvan op hul ontvang en implementering van K2005.

in eie reg bestudeer moet word. Kulturele kennis van die mens word geproduseer,

70

gereproduseer en deur sosiale instellings bevorder (Apple, 1996:1). Klagtes van Goodson

(1996:1) oor die min empiriese navorsing wat gedoen is oor die lewe en werk van

onderwysers, verkry betekenis binne hierdie ‘nuwe’ kulturele studies. Onderwysers word

in hierdie kulturele studies geïnterpreteer as aktiewe agente wat hul eie geskiedenis in

mikro-skoolkontekste vorm. Daarom moet die stem-identiteite van onderwysers in die

pedagogiese praktyke gehoor word (Hargreaves, 1994:4).

Die interpretatiewe tradisie het volgens Shipman (1997:37-38) populêr geword in die

tweede helfte van die twintigste eeu. Die fokus hiervan is nou direk op die subjektiewe

interpretasies van onderwysers as ’n ‘objek van ondersoek’. Kelly (2001:398) verwys

hierna as die ‘interpretatiewe wending’ in die sosiaal wetenskaplike epistemologie,

waarvolgens daar ’n terugkeer is na ‘kontekstuele navorsing’. Hiervolgens is die

tegnieke van navorsing minder gemoeid met die ontdekking van universele waarhede en

wetmatige patrone van menslike gedrag, wat met die positivisme geasossieer word. Dié

tegnieke van die radikale sosiologiese-interpretatiewe, is eerder gemoeid met sinvorming

van menslike ervaring van binne die kulturele konteks en die ‘innerlike perspektief’ van

ervaring. Fay (1996:12-19) bring die interpretatiewe aanname in verband met die

ondervinding (ervaring) van mense. Hierdie ondervinding word gevorm deur die

verwagtinge, geheue, oortuigings en begeertes van mense in hul sosiale kontekste.

Ondervinding is dus deel van die ‘interpretatiewe aannames’ wat persone na die

onderneming van navorsing sal neem. Van belang in my studie, is om te fokus op hoe

mense hul konstruksies in sosiale kontekste formuleer en opbou, en die impak daarvan op

hul ontvang en implementering van K2005.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!