CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Die eerste sessie van vrae het gefokus op die wordingsjare en skooljare in sy/haar mensvorming, en die potensiële impakte daarvan op hul implementering-identiteite as onderwysers. My vrae het ook verfyn tot die identiteitsbasis van onderwysers in die 61 konteks waar hy gebore is, en hoe hulle hul wording en kinderjare in sodanige kontekste beleef het. ’n Verfyning van my noukeurige vrae, kon vrae insluit soos: “Watter kategorieë het onderwysers in hul lewensverhaal opgebou”?; “Hoe was hierdie onderwysers in hul wordings- en kinderjare geposisioneer binne die breë politieke, ekonomiese, sosio-kulturele en skoolkontekste”?; “Hoe het hierdie posisioneringe van onderwysers hul ontvang en implementering-identiteite beïnvloed”? Die tweede sessie het gefokus op die tipe opleiding wat onderwysers in tersiêre inrigtings van Suid-Afrika ontvang het. Hieruit het ek vrae verfyn met die nodige nuanseringe van tussen-in vrae, wat ten doel gehad het om die dieper oortuigings van onderwysers te begryp. Ook in hierdie sessie was om ’n deurlopende verwantskap tussen vorige ervaring in kinderjare en opleidingsjare, te vergelyk met hul opleiding as onderwysers. “Watter faktore in hul kinderjare het byvoorbeeld ’n rol gespeel in die besluit van hierdie vier respondente om onderwysers te word”?; “Met watter gesindhede het hierdie onderwysers hul opleidingsentrums verlaat en tot die onderwysberoep toegetree”?; “Hoe het die aard van opleiding hierdie onderwysers gemotiveer in hul ontvang en implementering van ’n nuwe kurrikulum, soos vergestalt in K2005”? Die finale fase van onderhoudvoering het gefokus op onderwyser-ontvang en implementering-identiteite van K2005. Hier is die deurlopende verhouding tussen kinderjare (vorming van identiteitsbasis), professionele opleiding as ’n onderwyser, asook

hul ontvang en implementering-identiteite van K2005, van belang. Voorbeelde van hierdie vrae, behels die volgende: “Wat is die verhouding tussen die professionele en pedagogiese identiteitsbasis van hierdie vier onderwysers, en hul ontvang en 62 implementering-identiteite”? “Watter persoonlike hindernisse ervaar hierdie onderwysers met K2005-ontvang en implementering in skoolkontekste, en hoekom word hierdie hindernisse ervaar”? “Hoe is die identiteitsbasis en hul ontvang en implementering- identiteite geaffekteer deur vorige dominante diskoerse in hul sosio-kulturele kontekste”?, en “Tot watter mate is die selfbegrip van hierdie vier onderwysers beïnvloed deur vorige dominante diskoerse in hul sosio-kulturele en skoolkontekste”? 3.2.3 Data analise Data analise is deurlopend in my empiriese ondersoek gedoen met behulp van my data- analitiese skema, soos dit verband hou met data-insamelingstegnieke van observasies en semi-gestruktureerde onderhoude (sien afdelings 3.2.2.1 en 3.2.2.2). In my observasies het data-analise gefokus op die ontleding van observasie-kategorieë. Hierdie observasie-kategorieë het ontwikkel vanuit my observasie-aantekeninge, wat ek in my veldnotas neergeskryf het. Vanuit my veldnotas, het ek idiosinkratiese beskrywing in hoofstuk vyf van elkeen van die vyftien onderwysers in die vyf primêre skole aangebied. Uit hierdie beskrywings is ‘oop kategorieë’ vrygestel (sien afdeling 5.1), soos dit verband hou met studies oor data-kodering in Piantanida, et al. (2004:327-330). Daarna het ek opsommings aangebied van drie onderwysers per skool (sien afdeling 5.1), in vergelyking met hul implementering-identiteite met K2005 ooreenkomstig die kriteria

Die eerste sessie van vrae het gefokus op die wordingsjare en skooljare in sy/haar

mensvorming, en die potensiële impakte daarvan op hul implementering-identiteite as

onderwysers. My vrae het ook verfyn tot die identiteitsbasis van onderwysers in die

61

konteks waar hy gebore is, en hoe hulle hul wording en kinderjare in sodanige kontekste

beleef het. ’n Verfyning van my noukeurige vrae, kon vrae insluit soos: “Watter

kategorieë het onderwysers in hul lewensverhaal opgebou”?; “Hoe was hierdie

onderwysers in hul wordings- en kinderjare geposisioneer binne die breë politieke,

ekonomiese, sosio-kulturele en skoolkontekste”?; “Hoe het hierdie posisioneringe van

onderwysers hul ontvang en implementering-identiteite beïnvloed”?

Die tweede sessie het gefokus op die tipe opleiding wat onderwysers in tersiêre inrigtings

van Suid-Afrika ontvang het. Hieruit het ek vrae verfyn met die nodige nuanseringe van

tussen-in vrae, wat ten doel gehad het om die dieper oortuigings van onderwysers te

begryp. Ook in hierdie sessie was om ’n deurlopende verwantskap tussen vorige ervaring

in kinderjare en opleidingsjare, te vergelyk met hul opleiding as onderwysers. “Watter

faktore in hul kinderjare het byvoorbeeld ’n rol gespeel in die besluit van hierdie vier

respondente om onderwysers te word”?; “Met watter gesindhede het hierdie onderwysers

hul opleidingsentrums verlaat en tot die onderwysberoep toegetree”?; “Hoe het die aard

van opleiding hierdie onderwysers gemotiveer in hul ontvang en implementering van ’n

nuwe kurrikulum, soos vergestalt in K2005”?

Die finale fase van onderhoudvoering het gefokus op onderwyser-ontvang en

implementering-identiteite van K2005. Hier is die deurlopende verhouding tussen

kinderjare (vorming van identiteitsbasis), professionele opleiding as ’n onderwyser, asook

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!