CLARENCE VERNON VISAGIE
CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE
59 onderhoude met hierdie vier onderwysers gedoen het, het ek ‘loodsonderhoude’ met twee onderwysers gedoen. Ek het my loodsonderhoude met twee vrywillige kollegas op ’n informele basis gedoen. In hierdie onderhoudvoering het ek nie ’n bandopnemer gebruik nie, en aantekening gemaak soos hierdie twee respondente op my vrae gereageer het. Die oorhoofse doel met hierdie loodsonderhoude was slegs om my voor te berei vir amptelike onderhoudvoerings, om my persoonlike selfvertroue op te bou, asook om leemtes in my benadering tot onderhoudvoering te identifiseer. Ek het dieselfde vrae wat ek aan my vier respondente gestel het, aan die twee respondente in my ‘loodsonderhoude’ gestel. Na afloop van dié loodsonderhoude, het ek respondente gevra om my aanbieding te kritiseer, of vrae aan hulle gestel oor my aanbiedingstyl tydens my informele onderhoudvoering. Daarmee kon ek ’n kritiese introspeksie doen oor my aanbiedingstyl, wat vrae ingesluit het, soos: “Was ek op my gemak”?; “Kon ek die respondent op hul gemak laat voel”?’ “Hoe het ek myself tot die respondent aangebied”?; “Wat was die respondente se reaksies teenoor my aanbiedingstyl na die onderhoudsessie”?, en ander vrae. Gevolglik was ek gereed om my navorsingsveld te betree vir my onderhoudsessies met hierdie vier verteenwoordigende onderwysers. Ek het vier onderwysers wat deel was van my onderhoud-steekproef, geïdentifiseer wat die naaste aan my woongebied gewoon het, aangesien ek onderhoude na skool gedoen het. Daarna het ek die onderwysers per telefoon in kennis gestel dat ek hom of haar vir ’n onderhoudvoering geïdentifiseer het, of hulle beskikbaar is vir hierdie tipe onderhoude, en of hul prinsipale daarmee probleme sal het. Ek het aan onderwysers die versekering
60 aangebied dat hulle slegs moet praat oor hul ervaring van K2005-aanbieding, asook oor hul persoonlike agtergrond. Laasgenoemde sluit in hul kinderjare, skooljare en opleiding as onderwysers. Twee van hierdie onderwysers was teenwoordig in blanke skole (Skool ii). Die ander twee onderwysers was in twee verskillende bruin skole teenwoordig (Skool i en iii). Ek het voorts hul toestemming gevra om ’n bandopnemer te gebruik waarmee ek die gesprekke opgeneem het. Vanuit hierdie gesprek op die bandopnemer, het ek transkripsies gedoen. My semi-gestruktureerde onderhoude het ek in drie sessies aangepak ooreenkomstig my onderhoud-skedule (Bylae D). Elke onderhoudsessie het ongeveer vyf-en-veertig tot sestig minute geduur, en elke onderhoud is met ’n bandopnemer opgeneem. Elkeen van die onderhoudsessies was gedoen met behulp van drie sleutelvrae (sien Bylae D), maar hierdie vrae sou met noukeuriger vrae opgevolg word, afhangende van hoe respondente op my vrae gereageer het. Elke vraag het ’n teoreties-analitiese vraag verteenwoordig, waarmee data ingesamel was oor die ontvang en implementering-identiteite van hierdie vier onderwysers. Die vrae het voorts gepoog om die verwantskap tussen die ontvang en implementering-identiteite aan te dui, in verhouding met dié professionele en pedagogiese identiteitsbasis van hierdie vier onderwysers. Elke vraagsessie was derhalwe opgevolg met noukeurige detailvrae, veral wanneer ek wou deurdring tot die dieper oortuigings (identiteitsbasis) van elke respondent. Na elke sessie van onderhoudvoering, het ek transkripsies gedoen en verwerk. Sodoende was ek toegerus met idees vir my volgende onderhoudsessie.
- Page 25 and 26: Na ons opleiding, is ek en heelwat
- Page 27 and 28: hul sosio-kulturele kontekste verst
- Page 29 and 30: 12 ondersoek, in terme van hoe onde
- Page 31 and 32: 1.6.2 Hoofstuk twee 14 Hierdie hoof
- Page 33 and 34: 16 ooreenkomstig beskrywings van ho
- Page 35 and 36: 1.6.7 Hoofstuk sewe 18 Hoofstuk sew
- Page 37 and 38: eleidvormer. Daarna beweeg dit deur
- Page 39 and 40: hul mikro-kontekste te verstaan.
- Page 41 and 42: 24 onderwysers. Beide konsepte verw
- Page 43 and 44: 26 implementeringsmodelle nie uitge
- Page 45 and 46: implementeerder beskryf is. Die doe
- Page 47 and 48: 30 hiërargiese agente en sosiale n
- Page 49 and 50: 2.2.1 Onderwyser-biografieë Tradis
- Page 51 and 52: tradisioneel beoordeel is as te ‘
- Page 53 and 54: 36 onderwysers vakteorieë benut in
- Page 55 and 56: 38 2.2.3 Identiteitsbasis van onder
- Page 57 and 58: 40 Die analitiese lens van terugwer
- Page 59 and 60: groepe wat hy bestudeer. Aangesien
- Page 61 and 62: 44 Volgens Patton (1990:44) gebruik
- Page 63 and 64: Gevolglik moes ek my eiesoortige su
- Page 65 and 66: evriend was, voordat ek my onderhou
- Page 67 and 68: 50 vanuit bepaalde voorveronderstel
- Page 69 and 70: Die deurlopende poging om my subjek
- Page 71 and 72: 54 sewe bruin skole en drie blanke
- Page 73 and 74: Die eerste stap in klaskamers van o
- Page 75: 58 implementeringstyle van onderwys
- Page 79 and 80: hul ontvang en implementering-ident
- Page 81 and 82: geformuleer ooreenkomstig vier tema
- Page 83 and 84: dieselfde antwoord oplewer wanneer
- Page 85 and 86: 68 HOOFSTUK VIER - KONTEKSTUELE HOO
- Page 87 and 88: in eie reg bestudeer moet word. Kul
- Page 89 and 90: 72 poststrukturalisme van belang. P
- Page 91 and 92: 74 praktyk bestaan uit kwessies wat
- Page 93 and 94: 76 McCarthy, 2000:17; Wetherell, 20
- Page 95 and 96: 78 in my studie van belang om te ve
- Page 97 and 98: uitdrukkingsvorme van die ‘self
- Page 99 and 100: 82 van die verhouding van self-rele
- Page 101 and 102: 84 4.2 Die sosiologiese konteks van
- Page 103 and 104: 86 van die gebied nie. Daar bestaan
- Page 105 and 106: 88 oorwegend histories bevoorregte
- Page 107 and 108: 90 dit dat die identiteitsbasis van
- Page 109 and 110: 92 deur die eeue deur vername rolsp
- Page 111 and 112: 94 moontlik is, en dat hierdie een
- Page 113 and 114: estaan klagtes dat die stem van die
- Page 115 and 116: skole, word hier uitgelig. Die anal
- Page 117 and 118: 100 leerders, en dus word gereelde
- Page 119 and 120: 102 werkloosheid, tiener-swangerska
- Page 121 and 122: 104 voorts nie sterk leierskap in h
- Page 123 and 124: 106 geïndiwidualiserende wyse. In
- Page 125 and 126: 108 Gevolglik gaan my empiriese nav
59

onderhoude met hierdie vier onderwysers gedoen het, het ek ‘loodsonderhoude’ met twee

onderwysers gedoen.

Ek het my loodsonderhoude met twee vrywillige kollegas op ’n informele basis gedoen.

In hierdie onderhoudvoering het ek nie ’n bandopnemer gebruik nie, en aantekening

gemaak soos hierdie twee respondente op my vrae gereageer het. Die oorhoofse doel met

hierdie loodsonderhoude was slegs om my voor te berei vir amptelike

onderhoudvoerings, om my persoonlike selfvertroue op te bou, asook om leemtes in my

benadering tot onderhoudvoering te identifiseer. Ek het dieselfde vrae wat ek aan my

vier respondente gestel het, aan die twee respondente in my ‘loodsonderhoude’ gestel.

Na afloop van dié loodsonderhoude, het ek respondente gevra om my aanbieding te

kritiseer, of vrae aan hulle gestel oor my aanbiedingstyl tydens my informele

onderhoudvoering. Daarmee kon ek ’n kritiese introspeksie doen oor my aanbiedingstyl,

wat vrae ingesluit het, soos: “Was ek op my gemak”?; “Kon ek die respondent op hul

gemak laat voel”?’ “Hoe het ek myself tot die respondent aangebied”?; “Wat was die

respondente se reaksies teenoor my aanbiedingstyl na die onderhoudsessie”?, en ander

vrae. Gevolglik was ek gereed om my navorsingsveld te betree vir my onderhoudsessies

met hierdie vier verteenwoordigende onderwysers.

Ek het vier onderwysers wat deel was van my onderhoud-steekproef, geïdentifiseer wat

die naaste aan my woongebied gewoon het, aangesien ek onderhoude na skool gedoen

het. Daarna het ek die onderwysers per telefoon in kennis gestel dat ek hom of haar vir ’n

onderhoudvoering geïdentifiseer het, of hulle beskikbaar is vir hierdie tipe onderhoude,

en of hul prinsipale daarmee probleme sal het. Ek het aan onderwysers die versekering