CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

per volgorde te besoek. Die hoofdoel met my observasie-protokol was om die institusionele gedrag van onderwysers waar te neem, met die sentrale fokus op hul 55 implementeringstyle K2005-identiteite. Daarvolgens sou ek sistematiese aantekeninge daaroor opbou. My observasie-tegniek het ingesluit om die institusionele kultuur van die skool waar te neem, en die moontlike impak daarvan op die implementeringstyle en professioneel-pedagogiese identiteite van onderwysers. Ten einde myself as ’n onderwyser in staat te stel om skole gedurende skooltyd fisies te besoek, het ek by die beheerliggaam van my skool waar ek ’n onderwyser is, en by die WKOD, aansoek gedoen om spesiale verlof vir studiedoeleindes te verkry. Nadat hierdie verlof toegestaan was, het ek skole in my observasie-steekproef in die derde kwartaal voltyds besoek. Sodra ek vir die eerste dag by ’n skool opdaag, het ek myself onmiddellik by die prinsipaal van die skool aangemeld. Die prinsipaal van die skool sou my gewoonlik in sy kantoor verwelkom. Gewoonlik sal die ‘interkommunikatiewe gesprekke’ tussen my en prinsipale, wissel van prinsipaal tot prinsipaal. Die meeste prinsipale sou vra wat ek eintlik van plan is om in die skool te doen. Dan sou die prinsipaal my na ’n ‘kontak-onderwyser’ 8 neem, of hierdie ‘kontak-onderwyser’ na die kantoor ontbied. Sodra ek in die klaskamer van die eerste onderwyser wat deur die prinsipaal of ‘kontak-onderwyser’ aan my toevertrou was, ingegaan het, sou my observasies in aanvang neem. 8 ’n Kontak-onderwyser is die onderwyser wat tydens my observasie-tydperk in skole gedien het as ’n ‘skakel’ tussen ‘ander’ onderwysers en myself. So ’n onderwyser is deur die prinsipaal aan my bekend gestel, en hy sou my aan ‘ander’ onderwysers in sy skool bekend stel.

Die eerste stap in klaskamers van onderwysers wat ek betree het, was om myself aan hulle bekend stel, en te noem dat ek in die klaskamer is vir observasies. Voorts sou ek die onderwyser gerus stel dat ek nie na hul klaskamer kom om fout te soek met hul onderrigprogram nie. Dit was vir my belangrik om vriendelik en ontspanne na die 56 onderwyser te gaan, sy selfvertroue te probeer wen, en dan so onopsigtelik as moontlik in die klaskamer stelling in te neem. Ek sou dus aan die onderwyser versoek om so natuurlik as moontlik aan te gaan met sy les, of sy lesse aan te bied asof ek nie in die klaskamer is nie. Dit was vir my belangrik om ’n empatieke verhouding met my respondente op te bou sodat hulle gemaklik met my teenwoordigheid kan wees. Sommige onderwysers het my vriendelik versoek om voor of agter in die klaskamer my sitplek in te neem. Gewoonlik het die meeste onderwysers vriendelik hul sitplekke by ’n tafel vir my aangebied. Ander het spesiaal tafels ingebring. Sodra ek my sitplek ingeneem het, het my observasie van ’n onderwyser in aanvang geneem. In elke skool het ek observasies gedoen by drie tot ses onderwysers per skool, of selfs meer as ses onderwysers. My keuse van onderwysers het afgehang van die grootte van die skool. My observasie in klaskamers van elkeen van dié onderwysers, het hoofsaaklik gefokus op hul implementering van ’n kurrikulum vernuwing, soos vergestalt in K2005. Ek het dan begin met die skryf van veldnotas. My observasie-tegnieke sou daaruit bestaan om te fokus op wat die onderwyser in die klaskamer tydens ’n les periode doen. Wanneer ’n lesaanbieding nie aangebied is nie, sou ek neerskryf wat die leerders of onderwyser doen, of belangrike gebeure of insidente wat ek in die skool waargeneem het. Ander tegnieke met die skryf van my veldnotas, sou insluit waarnemings van die terrein, klaskamer-atmosfeer, interaksie tussen onderwyser en leerder, leerders onderling, of

per volgorde te besoek. Die hoofdoel met my observasie-protokol was om die

institusionele gedrag van onderwysers waar te neem, met die sentrale fokus op hul

55

implementeringstyle K2005-identiteite. Daarvolgens sou ek sistematiese aantekeninge

daaroor opbou. My observasie-tegniek het ingesluit om die institusionele kultuur van die

skool waar te neem, en die moontlike impak daarvan op die implementeringstyle en

professioneel-pedagogiese identiteite van onderwysers.

Ten einde myself as ’n onderwyser in staat te stel om skole gedurende skooltyd fisies te

besoek, het ek by die beheerliggaam van my skool waar ek ’n onderwyser is, en by die

WKOD, aansoek gedoen om spesiale verlof vir studiedoeleindes te verkry. Nadat hierdie

verlof toegestaan was, het ek skole in my observasie-steekproef in die derde kwartaal

voltyds besoek. Sodra ek vir die eerste dag by ’n skool opdaag, het ek myself

onmiddellik by die prinsipaal van die skool aangemeld. Die prinsipaal van die skool sou

my gewoonlik in sy kantoor verwelkom. Gewoonlik sal die ‘interkommunikatiewe

gesprekke’ tussen my en prinsipale, wissel van prinsipaal tot prinsipaal. Die meeste

prinsipale sou vra wat ek eintlik van plan is om in die skool te doen. Dan sou die

prinsipaal my na ’n ‘kontak-onderwyser’ 8 neem, of hierdie ‘kontak-onderwyser’ na die

kantoor ontbied. Sodra ek in die klaskamer van die eerste onderwyser wat deur die

prinsipaal of ‘kontak-onderwyser’ aan my toevertrou was, ingegaan het, sou my

observasies in aanvang neem.

8 ’n Kontak-onderwyser is die onderwyser wat tydens my observasie-tydperk in skole gedien het as ’n

‘skakel’ tussen ‘ander’ onderwysers en myself. So ’n onderwyser is deur die prinsipaal aan my bekend

gestel, en hy sou my aan ‘ander’ onderwysers in sy skool bekend stel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!