CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

indiwidualisme (relativisme/perspektivisme) en anti-realisme (idealisme). Die 49 relativisme het sy oorsprong in verskillende tipes idealisme, waaruit aannames bestaan dat alle kennis gevorm word uit ondervinding en konteks (Delanty, 2001:113). Kritiek bestaan oor die idealisme waarvolgens ‘konstruksies van kennis’ in kontekste opgebou word tot ‘epistemologiese indiwidualisme’, en daardeur word die ‘sosiale dimensie’ in die konstruksie van kennis geïgnoreer. Dié idealisme impliseer dat kennis en denke van ‘wetenskaplike perspektiewe’ uitgedruk word as ’n ‘ideologie’. Hierdie ‘wetenskaplike ideologie kan soms in kontekste gebruik word om mense te beheer. Fay (1996:2-3) redeneer op ’n soortgelyke trant dat die gevaar van die relativistiese wetenskaplike in diens kan staan van ’n ideologie en politieke mag van ’n nasionale staat. In sulke omstandighede kan wetenskap uitloop tot propaganda en valse hoop, of geen hoop nie. Hierdie radikale vorme van konstruktivisme dien as ’n struikelblok in pogings van empiriese navorsers om geldige en betroubare wetenskaplike kennis te genereer. In my studie het hierdie argumente bepaalde betekenisse. K2005 as ’n beleid-voorskrif kan verval in ’n ‘dogmatiese idealisme’ en ’n ideologie van die post-apartheidstaat. ’n Negatiewe uitvloeisel daarvan is dat die stem-identiteite en kontekstuele realiteite van onderwysers-as-implementeerders van K2005, op die agtergrond geskuif word. Dit kan impliseer dat die K2005-beleid oorbeklemtoon word, en sodoende in diens staan van ’n ‘politieke agenda’ op makro-nasionale vlak. Aan die ander kant bestaan daar die gevaar wat perspektivisme (relativisme) in die skoolpraktyke en sosio-kulturele kontekste vir empiriese navorsers kan inhou. Die perspektivisme fokus nie direk op die realiteite van die mens nie (Fay, 1996:2-3), maar

50 vanuit bepaalde voorveronderstellings, wat verbonde is aan ’n spesifieke konteks van ’n indiwidu. Die standpunt of perspektief van ’n akteur in sy eiesoortige konteks kan navore tree as draer van spesifieke standpunte, waarin die gevaar van kulturele geslotenheid van sy standpunt kan ontstaan. Die relativistiese argument berus gevolglik op aannames dat geen rasionele argumente bestaan waarvolgens een perspektief beter as ’n ander perspektief kan wees nie. Alle perspektiewe is derhalwe gelykwaardig, omdat meervoudige perspektiewe ‘gelyktydig’ bestaan. Hierdie argumente het implikasies vir my empiriese ondersoek in terme van die subjektiwiteite waarin deelnemers in my ondersoek vasgevang is, en my subjektiewe reaksie daarop. Die relativistiese gelykstelling van alle perspektiewe, impliseer dat daar intersubjektiwiteite bestaan, waarin sosiale konstruksies van betekenis en kennis deur deelnemers meegedeel word (Lincoln en Guba, 2000:13-14). In my studies kan hierdie ‘intersubjektiewe gesprekke’ plaasvind binne ’n ‘beredeneerde praktyk’. Binne hierdie beredeneerde praktyk, kan deelnemers ’n ‘taalgesprek’ aanvoer wat eiesoortig is aan hul ‘konteks’ en betekenisvorming wat daaruit ontwikkel. Die resultaat hiervan vir my ondersoek, is dat ek deelnemers in my ondersoek as ‘gelykwaardige deelnemers’ in skoolkonteks moes hanteer. Dit impliseer egter dat ek die ‘idiosinkratiese gedrag’ en ‘relativisme’ van indiwidue in hul eiesoortige konteks, moes verreken. Die ‘konstruktivistiese paradigma’ aanvaar ’n relativistiese ontologie (meervoudige realiteite), subjektivistiese epistemologie (kenner en subjek skep begrip), naturalistiese wêreld (natuur) en ’n stel metodologiese prosedure (Lincoln en Guba, 2000:13-14). Sodra die idiosinkratiese kennis van respondente egter deur die navorser getransendeer

50

vanuit bepaalde voorveronderstellings, wat verbonde is aan ’n spesifieke konteks van ’n

indiwidu. Die standpunt of perspektief van ’n akteur in sy eiesoortige konteks kan navore

tree as draer van spesifieke standpunte, waarin die gevaar van kulturele geslotenheid van

sy standpunt kan ontstaan. Die relativistiese argument berus gevolglik op aannames dat

geen rasionele argumente bestaan waarvolgens een perspektief beter as ’n ander

perspektief kan wees nie. Alle perspektiewe is derhalwe gelykwaardig, omdat

meervoudige perspektiewe ‘gelyktydig’ bestaan. Hierdie argumente het implikasies vir

my empiriese ondersoek in terme van die subjektiwiteite waarin deelnemers in my

ondersoek vasgevang is, en my subjektiewe reaksie daarop.

Die relativistiese gelykstelling van alle perspektiewe, impliseer dat daar

intersubjektiwiteite bestaan, waarin sosiale konstruksies van betekenis en kennis deur

deelnemers meegedeel word (Lincoln en Guba, 2000:13-14). In my studies kan hierdie

‘intersubjektiewe gesprekke’ plaasvind binne ’n ‘beredeneerde praktyk’. Binne hierdie

beredeneerde praktyk, kan deelnemers ’n ‘taalgesprek’ aanvoer wat eiesoortig is aan hul

‘konteks’ en betekenisvorming wat daaruit ontwikkel. Die resultaat hiervan vir my

ondersoek, is dat ek deelnemers in my ondersoek as ‘gelykwaardige deelnemers’ in

skoolkonteks moes hanteer. Dit impliseer egter dat ek die ‘idiosinkratiese gedrag’ en

‘relativisme’ van indiwidue in hul eiesoortige konteks, moes verreken.

Die ‘konstruktivistiese paradigma’ aanvaar ’n relativistiese ontologie (meervoudige

realiteite), subjektivistiese epistemologie (kenner en subjek skep begrip), naturalistiese

wêreld (natuur) en ’n stel metodologiese prosedure (Lincoln en Guba, 2000:13-14).

Sodra die idiosinkratiese kennis van respondente egter deur die navorser getransendeer

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!