CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

ek eerder op hoe onderwysers met hul vorige professionele en pedagogiese identiteitsbasisse, K2005 in post-apartheid Suid-Afrika ontvang en implementeer. Enkele literatuurstudies dui aan hoedat vorige vakgerigte benaderinge van die 37 apartheidstelsel, steeds bestanddele uitmaak van die pedagogie wat heelwat onderwysers in post-apartheid Suid-Afrika beoefen (Taylor & Vinjevold,1999:137-143). Baxen & Soudien (1999:131-132) bevestig dat elemente van die vorige inhoudsgefundeerde kurrikulum, bygedra het tot ’n tipe onderwyser-opleiding wat steeds in post-apartheid Suid-Afrika teenwoordig is. Met hierdie ‘eng interpretasie’ van die vorige inhoudsgefundeerde kurrikulum, het die professionele outonomie van onderwysers nie tot sy reg gekom het nie. Onderwysers is hierdeur nie toegerus om hul professionele praktyke krities te assesseer nie. Dit word in my studie aanvaar dat onderwyser-ontvang en implementering van K2005, hierdeur bemoeilik word. Vir Furlong, Barton, Miles, Whiting & Whitty (2000:4), gaan onderwyser- professionalisme toenemend oor kennis, outonomie en verantwoordelikheid. Onderwysers behoort dus bevry te word van burokratiese en politieke beperkinge, wat ’n negatiewe demper plaas op hul professionele outonomie. ’n Fokus op die selfbegrip en self-ontwikkeling van onderwysers is hier van belang, en kan deur ’n onderwysstelsel bevorder word (Vandenberg, 2001:367). Hoe onderwysers op die basis van hul self- identiteite, op kurrikulum veranderinge in hul skole respondeer, gaan in my studie dieper ondersoek word.

38 2.2.3 Identiteitsbasis van onderwysers Giddens (1991:5) beskryf hoedat die biografiese verhaal van self-identiteit van die mens plaasvind in ’n konteks van meervoudige keuses. Agentskappe van onderwysers word gevorm deur middel van dominante diskoerse in hul beredeneerde praktyke (Apple, 1996:6). Die wyse waarop onderwysers hul diepste identiteite bereik, handhaaf en ontwikkel, is belangrik vir ’n verstaan van hul aksies, en verbintenisse tot hul werk (George, Mohammed & Quamina-Aiyejina, 2003:194). Met behulp van studie oor die self-identiteite van onderwysers soos in hul biografieë vergestalt, kan ’n begrip oor hul diepste identiteitsbasis verkry word. Komponente van die self-identiteite van onderwysers, sluit in hul beeld, ervaring en verwagtinge oor hulself en hul onderrig (George, Mohammed & Quamina-Aiyejina, 2003:194). Beelde word opgebou en geïnterpreteer as pogings om sin te maak uit menslike ervaringe, asook kommunikasie daarvan met ander. Die beeld vergestalt dus binne die ervaring van ’n onderwyser en is in die verlede opgebou (George, et al.2003:195). Daardie beeld word uitgedruk in die praktyke en aksies van onderwysers. Beelde van onderwysers is dus in diskoerse, instellings en in hul kultuur opgebou. Hoe die ‘self’ binne hierdie diskoerse, instellings en kultuur gevorm en ontwikkel word, is in my studie van belang. Dit impliseer ’n fokus op die kulturele praktyke waarin onderwysers hulself bevind. In hoofstuk vier gaan ek dus ’n kontekstuele studie doen van onderwysers in die Overberg, en hoe hul diepste identiteitsbasis deur sosio-kulturele kontekste gevorm en saamgestel is. Watter impak het hierdie identiteit-samestelling op hul ontvang en implementering van K2005 in skoolpraktyke?

38

2.2.3 Identiteitsbasis van onderwysers

Giddens (1991:5) beskryf hoedat die biografiese verhaal van self-identiteit van die mens

plaasvind in ’n konteks van meervoudige keuses. Agentskappe van onderwysers word

gevorm deur middel van dominante diskoerse in hul beredeneerde praktyke (Apple,

1996:6). Die wyse waarop onderwysers hul diepste identiteite bereik, handhaaf en

ontwikkel, is belangrik vir ’n verstaan van hul aksies, en verbintenisse tot hul werk

(George, Mohammed & Quamina-Aiyejina, 2003:194). Met behulp van studie oor die

self-identiteite van onderwysers soos in hul biografieë vergestalt, kan ’n begrip oor hul

diepste identiteitsbasis verkry word.

Komponente van die self-identiteite van onderwysers, sluit in hul beeld, ervaring en

verwagtinge oor hulself en hul onderrig (George, Mohammed & Quamina-Aiyejina,

2003:194). Beelde word opgebou en geïnterpreteer as pogings om sin te maak uit

menslike ervaringe, asook kommunikasie daarvan met ander. Die beeld vergestalt dus

binne die ervaring van ’n onderwyser en is in die verlede opgebou (George, et

al.2003:195). Daardie beeld word uitgedruk in die praktyke en aksies van onderwysers.

Beelde van onderwysers is dus in diskoerse, instellings en in hul kultuur opgebou. Hoe

die ‘self’ binne hierdie diskoerse, instellings en kultuur gevorm en ontwikkel word, is in

my studie van belang. Dit impliseer ’n fokus op die kulturele praktyke waarin

onderwysers hulself bevind. In hoofstuk vier gaan ek dus ’n kontekstuele studie doen van

onderwysers in die Overberg, en hoe hul diepste identiteitsbasis deur sosio-kulturele

kontekste gevorm en saamgestel is. Watter impak het hierdie identiteit-samestelling op

hul ontvang en implementering van K2005 in skoolpraktyke?

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!