CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

onderwysers in hul lewe en werk besit. Derdens verwys professionalisme na die ‘kwaliteit’ van onderwysers se werk. 35 Burke (1996:532) konseptualiseer professionalisme van onderwysers in drie kategorieë. Eerstens word professionalisme beoordeel in terme van ’n vakman of tegnikus. Daarvolgens word geopereer ooreenkomstig ’n simplistiese (oppervlakkige) begrip van vakmanskap. Die kriteria vir ’n goeie praktyk is hiervolgens bekend as pragmatisme wat werk of nie werk nie. Hiermee word die professionele en tegniese aard van onderwysers beklemtoon in terme van hul werktaak, wat geïsoleerd opereer van hul persoonlike lewe (Goodson,1991:141). Die tipe professionele kennis wat onderwysers hier benodig word, is om basiese take in hul skole en pedagogiese praktyke te verrig. Hierdie vorm van professionele en pedagogiese samestelling van onderwysers se kennis, en hul identiteite en aanwending daarvan in skole en klaskamer-praktyke, is bekend as die mees basiese vorm van professionele kennis. In my studie sal onderwysers met hierdie ‘rigiede- professionalisme’, vaskleef aan simplistiese en praktykgebonde interpretasies in hul lewe en werk. Tweedens bestaan ’n meer wetenskaplike en rasionele benadering van professionele kennis. Daarvolgens moet onderwysers fokus op die basiese reëls, riglyne of teoretiese konstrukte, om sodoende hul ‘evaluerende praktyke’ op te helder. Van toepassing op my studie, beteken dit dat die vakwetenskaplike kennis waarin onderwysers opgelei is, gebruik word om K2005-voorskrifte te ontvang en te implementeer. Gevolglik sal

36 onderwysers vakteorieë benut in hul ‘professionele beoordeling’, maar hoofsaaklik vanuit bepaalde ‘vakwetenskaplike perspektiewe’. Derdens word professionalisme beoordeel as ’n toenemende konseptualiseringe en ’n groeiende afhanklikheid van ander dissiplines. Hiervolgens moet onderwysers verskillende vakwetenskaplike kennis in hul pedagogiese praktyke integreer. Dit behels ’n inter-dissiplinêre benadering tot vakdissiplines. In my studie beteken dit dat onderwysers behoort ’n konstellasie van ‘verskillende vakke’ tot leerereas te integreer. Die vordering van die een stadium na die ander, word gekenmerk deur ’n toename in intellektualiseringe en teoretiese inhoud (Burke,1996:532). Met watter professionele en pedagogiese kennis is onderwysers toegerus om ’n kurrikulum-skuif te maak vanaf ’n inhoudsgefundeerde na ’n uitkomsgerigte benadering? In literatuurstudies van post-apartheid Suid-Afrika, is klagtes geopper dat onderwysers meestal opgelei is in Fundamentele Pedagogiek (Baxen & Soudien,1999:131-143; Malcolm,2001:200-239; Taylor & Vinjevold,1999:131-162). Fundamentele Pedagogiek soos dit in die apartheidsera beoefen is, beoefen hiervolgens steeds in die era van post- apartheid, ’n potensieel-verlammende effek uit op ’n onderwyser se verstaan van sy/haar pedagogie (Malcolm, 2001:200; Taylor & Vinjevold, 1999:131-132). My tesis het nie ten doel om die vormende impak van Fudamentele Pedagogiek in post-apartheid Suid-Afrika te ondersoek nie. Alhoewel hierdie aspek ’n vrugbare grond is vir verdere studies, fokus

onderwysers in hul lewe en werk besit. Derdens verwys professionalisme na die

‘kwaliteit’ van onderwysers se werk.

35

Burke (1996:532) konseptualiseer professionalisme van onderwysers in drie kategorieë.

Eerstens word professionalisme beoordeel in terme van ’n vakman of tegnikus.

Daarvolgens word geopereer ooreenkomstig ’n simplistiese (oppervlakkige) begrip van

vakmanskap. Die kriteria vir ’n goeie praktyk is hiervolgens bekend as pragmatisme wat

werk of nie werk nie. Hiermee word die professionele en tegniese aard van onderwysers

beklemtoon in terme van hul werktaak, wat geïsoleerd opereer van hul persoonlike lewe

(Goodson,1991:141). Die tipe professionele kennis wat onderwysers hier benodig word,

is om basiese take in hul skole en pedagogiese praktyke te verrig. Hierdie vorm van

professionele en pedagogiese samestelling van onderwysers se kennis, en hul identiteite

en aanwending daarvan in skole en klaskamer-praktyke, is bekend as die mees basiese

vorm van professionele kennis. In my studie sal onderwysers met hierdie ‘rigiede-

professionalisme’, vaskleef aan simplistiese en praktykgebonde interpretasies in hul lewe

en werk.

Tweedens bestaan ’n meer wetenskaplike en rasionele benadering van professionele

kennis. Daarvolgens moet onderwysers fokus op die basiese reëls, riglyne of teoretiese

konstrukte, om sodoende hul ‘evaluerende praktyke’ op te helder. Van toepassing op my

studie, beteken dit dat die vakwetenskaplike kennis waarin onderwysers opgelei is,

gebruik word om K2005-voorskrifte te ontvang en te implementeer. Gevolglik sal

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!