CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

31 Giddens (1991:35-108;70-75) voorsien ’n analitiese lense waarvolgens deurgedring kan word tot op ’n dieper verstaan van die innerlike selfbegrip van onderwysers, bekend as ‘self-identiteite’ en ‘biografiese analise’. Hierdie analitiese lense kan in verband met die implementeringsmodel van terugwerkende kartering gebring word. Daarvolgens kan die implementering-analiseerder in staat gestel word om ’n analise te doen van die institusionele gedrag en stem-identiteite van onderwysers. Die ‘self’ word hiervolgens geïnterpreteer as ’n ‘refleksiewe projek’ waarvoor ’n indiwiduele implementeerder verantwoordelik is. Die selfbegrip van ’n onderwyser word dus geïnterpreteer as ’n inklusiewe en fundamentele doel om die identiteitsbasisse van onderwysers-as- implementeerders te verstaan. Goodson (1996:2-6) voorsien ’n analitiese lens waarvolgens gefokus kan word op onderwyser-biografieë in skole, wat behels om ’n ‘biografiese analise’ te doen oor hul lewe en werk, en dit vereis empiriese studies. Terugwerkende kartering stel dus ’n empiriese navorser in staat om te fokus op die selfbegrip van onderwysers, waarvolgens tot hul identiteitsbasis soos in hul biografieë vergestalt, deurgedring kan word. 2.2 Die professionele en pedagogiese identiteitsbasis van onderwysers In hierdie afdeling konseptualiseer ek oor die professionele en pedagogiese identiteite van onderwysers in drie domeinde, naamlik (1) biografieë van onderwysers; (2) hul professionele en pedagogiese identiteite, en (3) die identiteitsbasis van onderwysers.

2.2.1 Onderwyser-biografieë Tradisioneel is die werk van onderwysers as afsonderlike entiteite beoordeel in verhouding met hul implementering van ’n kurrikulumbeleid of hervorming (Goodson 32 (1991;1994;1996). Heelwat aandag is eerder aan die ‘profesioneel-tegniese’ fassette van die onderwyser se werk gegee. Klemverskuiwings aangaande teoretiese studies oor die lewe en werk van onderwysers, het ontstaan. Daarvolgens kan die lewe en werk van onderwysers as ’n eenheid beoordeel word, wat nie in afsondering van mekaar bestudeer kan word nie. Goodson (1996:2) redeneer dat die manier waarop onderwysers onderrig, begrond is in hul persoonlike agtergronde en biografiese data. Die waarde van die onderwyser as ’n persoon wat sy eie storie vorm, word beklemtoon. In hoofstukke vyf en ses word breedvoeriger op die verwantskappe tussen die persoonlike agtergrond van onderwysers, en hul ontvang en implementering-identiteite van K2005, gefokus. Die noodsaaklikheid vir ’n dieper verstaan van die persoonlike selfbegrip van onderwysers in verhouding met hul lewe en werk, word ook in Hargreaves (1994:ix) gedemonstreer. Daarvolgens is die hoop, drome, geleenthede, aspirasies of frustrasies belangrik in die beroep van onderwysers. Onlangse werk van kwalitatiewe navorsers het hiervolgens innoverende data geproduseer vir ’n dieper verstaan van die persoonlike en praktiese aard van onderwysers (Goodson, 1996:2-3). Hierdie navorsing beklemtoon die noodsaaklikheid van die persoonlike en biografiese perspektiewe van onderwysers. Vir hierdie navorser is dit belangrik om te konseptualiseer oor hierdie onderwyser-navorsing, vanweë die feit dat die ‘stemme’ van onderwysers aangehoor word (Goodson, 1991:139- 140). Daarvolgens behoort daar dieper gekonseptualiseer te word oor onderwyser-

2.2.1 Onderwyser-biografieë

Tradisioneel is die werk van onderwysers as afsonderlike entiteite beoordeel in

verhouding met hul implementering van ’n kurrikulumbeleid of hervorming (Goodson

32

(1991;1994;1996). Heelwat aandag is eerder aan die ‘profesioneel-tegniese’ fassette van

die onderwyser se werk gegee. Klemverskuiwings aangaande teoretiese studies oor die

lewe en werk van onderwysers, het ontstaan. Daarvolgens kan die lewe en werk van

onderwysers as ’n eenheid beoordeel word, wat nie in afsondering van mekaar bestudeer

kan word nie. Goodson (1996:2) redeneer dat die manier waarop onderwysers onderrig,

begrond is in hul persoonlike agtergronde en biografiese data. Die waarde van die

onderwyser as ’n persoon wat sy eie storie vorm, word beklemtoon. In hoofstukke vyf en

ses word breedvoeriger op die verwantskappe tussen die persoonlike agtergrond van

onderwysers, en hul ontvang en implementering-identiteite van K2005, gefokus.

Die noodsaaklikheid vir ’n dieper verstaan van die persoonlike selfbegrip van

onderwysers in verhouding met hul lewe en werk, word ook in Hargreaves (1994:ix)

gedemonstreer. Daarvolgens is die hoop, drome, geleenthede, aspirasies of frustrasies

belangrik in die beroep van onderwysers. Onlangse werk van kwalitatiewe navorsers het

hiervolgens innoverende data geproduseer vir ’n dieper verstaan van die persoonlike en

praktiese aard van onderwysers (Goodson, 1996:2-3). Hierdie navorsing beklemtoon die

noodsaaklikheid van die persoonlike en biografiese perspektiewe van onderwysers. Vir

hierdie navorser is dit belangrik om te konseptualiseer oor hierdie onderwyser-navorsing,

vanweë die feit dat die ‘stemme’ van onderwysers aangehoor word (Goodson, 1991:139-

140). Daarvolgens behoort daar dieper gekonseptualiseer te word oor onderwyser-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!