CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

23 gevolge vir implementeerders. Die implementeringsmodel van vooruit kartering bevat gebreke as ’n analitiese benadering tot kurrikulum-implementeringstudies. Die rede hiervoor is omdat die stem-identiteite van implementeerders in mikro-skoolvlakke, deur agente in hoër hiërargiese vlakke ‘beheer’ word. Apple (1993:15) waarsku dat ’n ideologie’ van die staat deel kan word van die populêre bewussyn van ondergeskikte of gemarginaliseerde klasse in sosio-kulturele kontekste. Die potensiaal ontstaan dat gemarginaliseerde onderwysers in hul skoolkontekste, die ‘politieke ideologie’ van die staat ‘natuurlik’ en vanselfsprekend’ in skole kan aanvaar. Foucault 7 (aangehaal deur Mitchell, 1994:177) verwys na die konsep ‘polities-totalitarisme’, waar die klem geplaas word op agente in hoër hiërargiese vlakke, wat agente in ondergeskikte posisies beheer (reguleer). ‘Polities-totalitaristiese benaderinge’ reduseer die mens (onderwyser) dus tot ’n tipe ‘objek’, waarvolgens die hegemonie van dominante groepe deel kan word van die ‘alledaagse lewe’ van die mens. Mitchell (1994:174-183) gebruik die idees van Foucault, bekend as ‘politieke beheermeganismes’, as ’n verduidelikende raamwerk oor hoe staatsagente mense in sosiale instellings beheer. Voorbeelde van hierdie beheer is die oordrewe klem op wetgewing, beleid, administrasie, reëls en ander tegnieke van politieke en ideologiese beheer. Die ‘gehoorsame subjek’ (reaktiewe onderwyser) word deur veelvuldige ‘dissiplinêre meganismes’ beheer en beperk. Foucault (Mitchell,1994: 174-183) druk hierdie beperkinge met verwysing na implementeerders, uit as ‘tegniese rasionaliteite’, terwyl Goodson (1996:8) hierna verwys as ’n ‘instrumentalistiese siening’ van 7 Die navorsing oor Foucault word in hierdie tesis deur ander outeurs aangehaal. Werke van Foucault is moeilik om direk te verstaan, en benodig kundigheid op sy terrein. Die doel van my tesis is nie om hierdie gesofistikeerde denker se denke te probeer ontleed nie.

24 onderwysers. Beide konsepte verwys na onderwysers wat gereduseer word tot ‘objekte’ en ‘reaktiewe agente’, wat gemanipuleer word deur instrumente (tegnieke en tegniese prosedure) van die staat. Danaher, Schirato en Webb (2000:xii ;83) redeneer dat die burger (onderwyser) van ’n land binne die raamwerk van die staat se ‘regulerende meganisme’, opgelei word om hul eie verdrukkende gedrag te reguleer. ’n Staatsbeheerde model met sy hiërargiese regulering van implementeringstelsels, kan dus die selfbegrip van onderwyser in praktiese skoolkontekste benadeel (Danaher, et al. 2000:83; Giddens, 1991:179; Goodson, 1996:8; Mitchell, 1994:174). ‘Morele regulering’ word gebruik as ’n projek om die dominante orde te ‘normaliseer’ en te ‘vernatuurlik’, waarmee onderwysers ‘instrumente’ word in diens van ’n staatsaparaat. Giddens (1991:149-150) spreek sy kommer uit oor die intensivering van ‘administratiewe beheer’ oor mense in hul instellings, en ‘gehoorsaamheid’ as ’n medium van beheer oor sosiale aktiwiteite wat daarmee saamgaan. Sodoende tree gemarginaliseerde mense op as instrumente en reaktiewe agente, wat slegs in diens kan staan van die dominerende burokratiese en hiërargiese stelsels. Hierteenoor tree ’n fokus op die stem-identiteite van onderwysers na vore as ’n teenvoeter vir ‘tegniese rasionaliteite’ en onderwysers as ‘reaktiewe agente’. Voorts beperk ‘totalitaristiese prosedures’ die indiwiduele vryheid en self-uitdrukking van mense (Mitchell, 1994:177). Dié ‘objektivering’ van die ‘subjek’ (mens, onderwyser) ‘benadeel’ hul ‘rasionaliteite’ (self-uitdrukking). Dus gaan ‘totalitaristiese prosedures’ gepaard met ’n ‘dominante’, gemaskerde vorm van ‘politieke verdukking’ (Seale, Gobo,

23

gevolge vir implementeerders. Die implementeringsmodel van vooruit kartering bevat

gebreke as ’n analitiese benadering tot kurrikulum-implementeringstudies. Die rede

hiervoor is omdat die stem-identiteite van implementeerders in mikro-skoolvlakke, deur

agente in hoër hiërargiese vlakke ‘beheer’ word. Apple (1993:15) waarsku dat ’n

ideologie’ van die staat deel kan word van die populêre bewussyn van ondergeskikte of

gemarginaliseerde klasse in sosio-kulturele kontekste. Die potensiaal ontstaan dat

gemarginaliseerde onderwysers in hul skoolkontekste, die ‘politieke ideologie’ van die

staat ‘natuurlik’ en vanselfsprekend’ in skole kan aanvaar. Foucault 7 (aangehaal deur

Mitchell, 1994:177) verwys na die konsep ‘polities-totalitarisme’, waar die klem geplaas

word op agente in hoër hiërargiese vlakke, wat agente in ondergeskikte posisies beheer

(reguleer). ‘Polities-totalitaristiese benaderinge’ reduseer die mens (onderwyser) dus tot

’n tipe ‘objek’, waarvolgens die hegemonie van dominante groepe deel kan word van die

‘alledaagse lewe’ van die mens.

Mitchell (1994:174-183) gebruik die idees van Foucault, bekend as ‘politieke

beheermeganismes’, as ’n verduidelikende raamwerk oor hoe staatsagente mense in

sosiale instellings beheer. Voorbeelde van hierdie beheer is die oordrewe klem op

wetgewing, beleid, administrasie, reëls en ander tegnieke van politieke en ideologiese

beheer. Die ‘gehoorsame subjek’ (reaktiewe onderwyser) word deur veelvuldige

‘dissiplinêre meganismes’ beheer en beperk. Foucault (Mitchell,1994: 174-183) druk

hierdie beperkinge met verwysing na implementeerders, uit as ‘tegniese rasionaliteite’,

terwyl Goodson (1996:8) hierna verwys as ’n ‘instrumentalistiese siening’ van

7 Die navorsing oor Foucault word in hierdie tesis deur ander outeurs aangehaal. Werke van Foucault is

moeilik om direk te verstaan, en benodig kundigheid op sy terrein. Die doel van my tesis is nie om hierdie

gesofistikeerde denker se denke te probeer ontleed nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!