CLARENCE VERNON VISAGIE
CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE
239 metodes van data-insameling oor die lewe en werk van onderwysers, kan nie juis betroubare en geldige resultate oor onderwysers aanbied nie. Derhalwe behoort tradisionele teorieë en metodologieë aangevul te word met nuwer perspektiewe, veral vanuit die konstruktiewe-interpretatiewe metodologieë. Teorieë soos die eksistensialisme (Giddens, 1991; Vandenberg, 2001), rekonstruksionisme (Ornstein & Hunkins, 1993), biografiese studies (Goodson, 1991, 1996; Hargreaves, 1994) en diskoers analise (Davies & Harré,2001), kan vrugbare konseptuele benaderinge aanbied vir verdere insiggewende studies in die sosiologie van die kurrikulum. Hierdie studies kan konsentreer op die vormende interaksies en wisselwerking tussen die sosiale vorming en kulturele diskoerse van onderwysers in ongelyke kulturele praktyke (Apple,1990, 1993, 1996; Bourdieu,1990; Fay, 1996; Torres & Mitchell, 1998; Young, 2005). 8.4 Aanbevelings vir verdere navorsing Daar word aanbeveel dat die verstaansvlakke van onderwysers in toekomstige studies dieper ondersoek moet word. Hierdie tipe studies moet veral uitbrei oor die uitgangspunt van Goodson (1996), waarvolgens hy pleit dat die lewe en werk van onderwysers ’n eenheid vorm en as sulks bestudeer moet word, asook om die diepste ontologiese identiteitsbasis van onderwysers te verstaan. Gepaardgaande daarmee kan die diskoerse wat inwerk op die professionele en pedagogiese vorming en identiteite van onderwysers, dieper ondersoek word. Hiervolgens kan daar ’n verdere uitbreiding gedoen word oor diskoers-teorieë soos in die van Apple (1996), Davies en Harré (2001), Wetherell (2001) en ander. Voorts kan die sosio-kulturele impakte op onderwyser-vorming ook dieper in toekomstige studies ondersoek word, in verhouding tot hul ontvang en implementering
240 van K2005. Dit kan behels ’n uitbreiding van die sosiologie van die kurrikulum, soos in die navorsing van Apple (1990, 1993), McCarthy (2002), Torres en Mitchell (1998), Shipman (1997), Whitty (1985), en ander navorsers. Normatiewe teorieë oor die eksistensialisme, rekonstruksionisme (Ornstein & Hunkins,1993), sowel as interpretatiewe-biografiese, metodologiese studies oor die lewe en werk van onderwysers (Goodson, 1991, 1996), kan in die Suid-Afrikaanse studies dieper ontwikkel word. Hierdie teorieë en metodologieë, behoort ’n basis te voorsien vir die empiriese navorser om vergelykings te doen van sy empiriese resultate met teoretiese perspektiewe. Daar kan ook ’n uitbreiding gedoen word van die navorsing van Fataar (2006) oor die samestelling van die K2005-beleid, en die verwantskap daarvan met diskoersvorming van onderwysers (Fataar, 2005). Voorts kan ’n dieper en meer uitgebreide empiriese studie gedoen word oor K2005-implementering in Suid-Afrikaanse kontekste. Hiervolgens kan navorsing soos die van Fataar en Paterson (2002), Harley en Wedekind (2004), Jansen (1999a), Malcolm (2001), Taylor en Vinjevold (1999), Subreenduth (2005) en ander verder uitgebrei en ontwikkel. 8.5 Sluitende kommentaar Kurrikulum-implementeringstudies in sekere verafgeleë gebiede van post-apartheid Suid- Afrika, het aan my waardevolle insig aangebied in terme van hoe onderwysers in hierdie gebiede hul lewe en werk interpreteer. Daarvolgens het ek ’n verstaan ontwikkel dat normatiewe studies oor die lewe en werk van onderwysers, nie geldige en betroubare inligting kan aanbied vir ’n effektiewe verstaan van onderwysers nie. Met behulp van
- Page 205 and 206: 188 My argument ontwikkel dat die a
- Page 207 and 208: 190 In soverre dit ooreenkomste tus
- Page 209 and 210: 192 Opvallend was die ‘gesofistik
- Page 211 and 212: 194 Pedagogiek) en enkele akademies
- Page 213 and 214: 196 7.1.2 Opleiding van bruin onder
- Page 215 and 216: 198 Die ‘ander’ bruin onderwyse
- Page 217 and 218: 200 gehou met sosiale beheer, en
- Page 219 and 220: 202 uitdrukkings kristalliseer. Arg
- Page 221 and 222: 204 beïnvloed kan word. Daarmee sa
- Page 223 and 224: 206 Die implementeringstyle in K200
- Page 225 and 226: 208 Volgens Grossberg (1994) is kul
- Page 227 and 228: 210 (Davies & Harré, 2001). In my
- Page 229 and 230: 212 Die vier onderwysers in my stee
- Page 231 and 232: 214 moet die diskoerse wat onderwys
- Page 233 and 234: 216 Voorbeelde hiervan kan geïllus
- Page 235 and 236: 218 onmiddellike homogene groepe wa
- Page 237 and 238: 220 beredeneerde praktyke en diskoe
- Page 239 and 240: 222 aanleiding kan gee tot ’n mee
- Page 241 and 242: 224 voorsien om direk te fokus op d
- Page 243 and 244: 226 ervaar kompleksiteite met die i
- Page 245 and 246: 228 Gepaardgaande met die vakgerigt
- Page 247 and 248: 230 oneweredig (sien Apple, 1990, 1
- Page 249 and 250: 232 teen hierdie agtergrond van ’
- Page 251 and 252: 234 argumente, met hierdie empiries
- Page 253 and 254: 236 ontvang en implementering. ’n
- Page 255: 238 platvorm vir empiriese navorsin
- Page 259 and 260: 242 Interpretatiewe studie oor die
- Page 261 and 262: 244 BOURDIEU, P. 1990. In other wor
- Page 263 and 264: 246 FATAAR, A. 2006. Policy network
- Page 265 and 266: 248 HARGREAVES, A. 1994. Changing T
- Page 267 and 268: 250 McCARTHY, C & APPLE, MW. 1988.
- Page 269 and 270: 252 SEALE, C., GOBO, G., GUBRIUM, J
- Page 271 and 272: BYLAE BYLAE VOLGORDE INHOUDE A AANS
- Page 273 and 274: Die Direkteur: Onderwys Navorsing W
- Page 276 and 277: BYLAE B: GOEDKEURINGS BRIEWE VAN DI
- Page 278 and 279: JAARTAL: 2003 TYDPERK: 11 AUGUSTUS
- Page 280 and 281: VRAE VIR SEMI-GESTRUKTUREERDE ONDER
239

metodes van data-insameling oor die lewe en werk van onderwysers, kan nie juis

betroubare en geldige resultate oor onderwysers aanbied nie. Derhalwe behoort

tradisionele teorieë en metodologieë aangevul te word met nuwer perspektiewe, veral

vanuit die konstruktiewe-interpretatiewe metodologieë. Teorieë soos die eksistensialisme

(Giddens, 1991; Vandenberg, 2001), rekonstruksionisme (Ornstein & Hunkins, 1993),

biografiese studies (Goodson, 1991, 1996; Hargreaves, 1994) en diskoers analise (Davies

& Harré,2001), kan vrugbare konseptuele benaderinge aanbied vir verdere insiggewende

studies in die sosiologie van die kurrikulum. Hierdie studies kan konsentreer op die

vormende interaksies en wisselwerking tussen die sosiale vorming en kulturele diskoerse

van onderwysers in ongelyke kulturele praktyke (Apple,1990, 1993, 1996;

Bourdieu,1990; Fay, 1996; Torres & Mitchell, 1998; Young, 2005).

8.4 Aanbevelings vir verdere navorsing

Daar word aanbeveel dat die verstaansvlakke van onderwysers in toekomstige studies

dieper ondersoek moet word. Hierdie tipe studies moet veral uitbrei oor die uitgangspunt

van Goodson (1996), waarvolgens hy pleit dat die lewe en werk van onderwysers ’n

eenheid vorm en as sulks bestudeer moet word, asook om die diepste ontologiese

identiteitsbasis van onderwysers te verstaan. Gepaardgaande daarmee kan die diskoerse

wat inwerk op die professionele en pedagogiese vorming en identiteite van onderwysers,

dieper ondersoek word. Hiervolgens kan daar ’n verdere uitbreiding gedoen word oor

diskoers-teorieë soos in die van Apple (1996), Davies en Harré (2001), Wetherell (2001)

en ander. Voorts kan die sosio-kulturele impakte op onderwyser-vorming ook dieper in

toekomstige studies ondersoek word, in verhouding tot hul ontvang en implementering