CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

235 Onderwyser-gewilligheid vir K2005-ontvang, sal nie noodwendig aanleiding gee tot effektiewe implementering daarvan nie. Teen die agtergrond van hierdie redenasies, is empiriese studies in die Overbergstreek insiggewend. Die voorafgaande aannames bevestig dat vorige kurrikulum-teorie en filosofieë, steeds prominent teenwoordig kan wees in die professionele en pedagogiese biografieë van onderwysers (sien ook hoofstukke vyf, ses en sewe). Dus pleit Young (2005) vir ’n groter realisme met betrekking tot die ‘oorywerige’ implementering van ’n ‘ambisieuse K2005-beleid’ in Suid-Afrikaanse skoolkontekste. Op makro-vlakke is beleid- formulering gedryf deur die politieke besinning wat sterk normatief gefundeerd is, en waar ‘politieke subjektiwiteite’ geproduseer is (Fataar, 2006). Dit is begryplik teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse verlede, en die dringendheid om ’n radikaal verskillende model daar te stel, vandaar dié ambisieuse benadering tot K2005. Maar soos my studie uitbeeld, het politieke normatiewe benaderings tot skoolhervorminge ‘vasgeval’ in die uiteenlopende skoolkontekste waar K2005 ontvang en geïmplementeer moet word. Die gebrek aan onvoldoende opleiding van Suid-Afrikaanse onderwysers is een van die sleutelkwessies wat bydrae tot ’n onvoldoende ontvang van K2005 (sien hoofstukke vyf en ses). Daar is reeds verwys na die swak opleiding van Suid-Afrikaanse onderwysers (Gray, 1998:132; Taylor en Vinjevold, 1999:13-36). Harley en Wedekind (2004:200- 201) handhaaf ’n kritiese houding teenoor die opleiding van onderwysers in K2005. Die opleiding word uitgedruk as ‘blitskursus-opleiding’ vir onderwysers. Implementeringsproblematieke ontstaan egter op die vlakke van detail tydens K2005-

236 ontvang en implementering. ’n Nuwe benadering tot die opleiding van onderwysers in die nuwe kurrikulum-innovasie, kan aanbeveel word. Belangrike kritiek in terme van K2005 infassering, institusionalisering en implementering soos van toepassing op onderwysers in my studie, is van belang (sien hoofstukke vyf, ses en sewe). Empiriese navorsers gee te min aandag aan die interpretatiewe raamwerke waarvolgens onderwysers substantief hul werk verstaan (Goodson,1996:2-3). Daarvolgens kan die opleiding van onderwysers nie net bestaan uit die aanbied van ‘professionele’tegniese kennis’ aan passiewe onderwysers nie. Interpretatiewe studies moet eerder fokus op die diepste gevoelens en ervaring van mense in hul kontekste (Terre Blanche & Kelly, 2002). Dit beteken dat ’n verstaan van die bestaande professionele en pedagogiese biografie van onderwysers, in ag geneem moet word alvorens prosesse van opleiding in aanvang neem. K2005-opleiding moet dus sy vertrekpunt stel in die inwin van empiriese data oor die lewe en werk van onderwysers. Dit moet opgevolg word met implementeringstrategieë wat vir onderwysers ontwikkel word. 8.3 Lesse wat geleer is met betrekking tot K2005 Die infassering van ’n kurrikulum-innovasie in post-apartheid skole, vereis ’n deegliker ‘opname’ oor vorige pedagogiese praktyke (sien hoofstuk vier). Dit behoort opgevolg te word met noukeurige kontekstuele en empiriese studies, waarin die stem-diskoerse (kulturele diskoerse, praktiese bewussyn) en stem-identiteite (self-regulering, refleksiewe bewussyn) aangehoor word. Gevolglik word die kurrikulum-implementeringsmodel van terugwerkende kartering, noukeuriger in oënskou geneem in verband met lesse wat geleer

235

Onderwyser-gewilligheid vir K2005-ontvang, sal nie noodwendig aanleiding gee tot

effektiewe implementering daarvan nie. Teen die agtergrond van hierdie redenasies, is

empiriese studies in die Overbergstreek insiggewend.

Die voorafgaande aannames bevestig dat vorige kurrikulum-teorie en filosofieë, steeds

prominent teenwoordig kan wees in die professionele en pedagogiese biografieë van

onderwysers (sien ook hoofstukke vyf, ses en sewe). Dus pleit Young (2005) vir ’n

groter realisme met betrekking tot die ‘oorywerige’ implementering van ’n ‘ambisieuse

K2005-beleid’ in Suid-Afrikaanse skoolkontekste. Op makro-vlakke is beleid-

formulering gedryf deur die politieke besinning wat sterk normatief gefundeerd is, en

waar ‘politieke subjektiwiteite’ geproduseer is (Fataar, 2006). Dit is begryplik teen die

agtergrond van die Suid-Afrikaanse verlede, en die dringendheid om ’n radikaal

verskillende model daar te stel, vandaar dié ambisieuse benadering tot K2005. Maar soos

my studie uitbeeld, het politieke normatiewe benaderings tot skoolhervorminge

‘vasgeval’ in die uiteenlopende skoolkontekste waar K2005 ontvang en geïmplementeer

moet word.

Die gebrek aan onvoldoende opleiding van Suid-Afrikaanse onderwysers is een van die

sleutelkwessies wat bydrae tot ’n onvoldoende ontvang van K2005 (sien hoofstukke vyf

en ses). Daar is reeds verwys na die swak opleiding van Suid-Afrikaanse onderwysers

(Gray, 1998:132; Taylor en Vinjevold, 1999:13-36). Harley en Wedekind (2004:200-

201) handhaaf ’n kritiese houding teenoor die opleiding van onderwysers in K2005. Die

opleiding word uitgedruk as ‘blitskursus-opleiding’ vir onderwysers.

Implementeringsproblematieke ontstaan egter op die vlakke van detail tydens K2005-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!