CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

227 Hierdie gevolgtrekkinge van my empiriese data, gaan ek noukeuriger bespreek, veral in verhouding tot my onderhoud-data. Eerstens was die aard van onderwyser-opleiding, bepalend vir ’n verstaan van die profesionele en pedagogiese identiteite waarmee onderwysers in die Overberg op K2005 gerespondeer het (hoofstuk ses). In vergelyking met my observasie-data, het onderwysers hul pedagogie in skole steeds op die basis van ’n spesifieke filosofiese posisie beoefen (hoofstuk vyf). Hierdie spesifieke filosofie kan geassosieer word met ’n vakinhoudelike benadering ( Baxen & Soudien, 1999; Burke, 1996; Cargren, 1999; Goodson, 1991; Lee, 2000; Taylor & Vinjevold, 1999, asook hoofstuk twee, afdeling 2.2). Hierdie vakinhoudelike benadering word soms geassosieer met die apartheidsgedrewe interpretasie van Fundamentele Pedagogiek. Baxen & Soudien (1999), Malcolm (2001) sowel as Taylor & Vinjevold (1999), suggereer dat die meeste Suid-Afrikaanse onderwysers nie voldoende opgelei is vir die implementering van ’n drastiese kurrikulum-veranderinge nie. Die ‘enger’ professionele en tegniese aard van hierdie opleiding, bemoeilik onderwyser-ontvang en implementering van ’n nuwe kurrikulum (sien afdeling 7.1). Ornstein & Hunkins (1993) assosieer hierdie ‘eng’ benadering tot ’n kurrikulum-filosofie met ‘essensialisme’. Laasgenoemde behels ’n ‘vakgerigte benadering’ tot pedagogie, wat deur onderwysers in skole gevolg was. Daarvolgens word vakinhoude in pedagogiese praktyke ‘opgebreek’ tot eenvoudiger en beheerbare vakinhoude vir leerders, waarin ’n ‘handboekgedrewe aanbieding’ sentraal was.

228 Gepaardgaande met die vakgerigte benadering, bestaan kritiek teen die apartheidsgedrewe interpretasie van Fundamentele Pedagogiek. Hierdie genoemde interpretasie van pedagogie is ewe eens ‘naderliggend’ in sy aard. Daarvolgens word die taak van onderwysers nie breëer vertolk in terme van hul verstaan van die wisselwerking tussen skoolkennis en kulturele kennis in samelewings nie (sien afdeling 7.2). Sodoende kan navorsers wat die stem-identiteite van onderwysers in skole nie aanhoor nie, kwalik bewus wees van die impakte daarvan op ’n sosio-kulturele konteks en skole. Derhalwe moet die fokus verskuif na studies wat enersyds dieper fokus op die identiteitsvorming van onderwysers, en andersyds oor die impak daarvan op hul ontvang en implementering van K2005. ’n Tweede belangrike gevolgtrekking uit my onderhoude, is dat die identiteitsbasis van onderwysers bepalend is vir hul gewilligheid of onwilligheid om K2005 te ontvang en te implementeer (sien hoofstukke hoofstuk ses en sewe, afdeling 7.2). In afdeling 6.2 was bespreek hoedat die ontvang en implementering-identiteite van onderwysers beïnvloed is deur hul diepste identiteitsbasis, soos dit verband hou met persoonlike diskoersvorming van ras, klas, geloof en geslag. Hierdie diskoersvorming het elkeen van die onderwysers in my steekproef, in hul unieke sosio-kulturele kontekste opgebou. Met hierdie diskoerse het onderwysers hul ervaring as menslike wesens opgebou, en dit onderlê hul diepste besluitneming en motiveringsvlakke as onderwysers. Derhalwe is ’n in-diepte empiriese studie van hierdie diepste ontologiese identiteitsbasis van onderwysers soos dit in hul sosio-kulturele kontekste opgebou is, uiters belangrik vir die volledige verstaan van onderwysers.

228

Gepaardgaande met die vakgerigte benadering, bestaan kritiek teen die

apartheidsgedrewe interpretasie van Fundamentele Pedagogiek. Hierdie genoemde

interpretasie van pedagogie is ewe eens ‘naderliggend’ in sy aard. Daarvolgens word die

taak van onderwysers nie breëer vertolk in terme van hul verstaan van die wisselwerking

tussen skoolkennis en kulturele kennis in samelewings nie (sien afdeling 7.2). Sodoende

kan navorsers wat die stem-identiteite van onderwysers in skole nie aanhoor nie, kwalik

bewus wees van die impakte daarvan op ’n sosio-kulturele konteks en skole. Derhalwe

moet die fokus verskuif na studies wat enersyds dieper fokus op die identiteitsvorming

van onderwysers, en andersyds oor die impak daarvan op hul ontvang en implementering

van K2005.

’n Tweede belangrike gevolgtrekking uit my onderhoude, is dat die identiteitsbasis van

onderwysers bepalend is vir hul gewilligheid of onwilligheid om K2005 te ontvang en te

implementeer (sien hoofstukke hoofstuk ses en sewe, afdeling 7.2). In afdeling 6.2 was

bespreek hoedat die ontvang en implementering-identiteite van onderwysers beïnvloed is

deur hul diepste identiteitsbasis, soos dit verband hou met persoonlike diskoersvorming

van ras, klas, geloof en geslag. Hierdie diskoersvorming het elkeen van die onderwysers

in my steekproef, in hul unieke sosio-kulturele kontekste opgebou. Met hierdie diskoerse

het onderwysers hul ervaring as menslike wesens opgebou, en dit onderlê hul diepste

besluitneming en motiveringsvlakke as onderwysers. Derhalwe is ’n in-diepte empiriese

studie van hierdie diepste ontologiese identiteitsbasis van onderwysers soos dit in hul

sosio-kulturele kontekste opgebou is, uiters belangrik vir die volledige verstaan van

onderwysers.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!