CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

in ontwikkelende lande aan die orde van die dag is. Hierdie oorheersende fokus op 5 beleid-formulering, bring mee dat die stem-identiteite van implementeerders op die vlak van ’n kurrikulum-implementering, nie gehoor word nie. Dit is juis op die vlak van kurrikulum-implementering, waar onderwysers-as-implementeerders ontvang- en implementering-problematieke met K2005 ervaar. ’n Dieper studie hieroor word dus vereis. Binne die raamwerk van ’n kurrikulum-implementeringstudie, is twee beleidmakende implementeringsmodelle van Richard Elmore (1980:603-616) in my studie van belang. Hierdie twee modelle is bekend as vooruit kartering en terugwerkende kartering. Vooruit kartering word gedefinieer as ’n strategie wat begin by die toppunt van die proses, met ’n duidelike bedoeling van die beleidvormer. Terugwerkende kartering word omskryf as ’n proses wat begin met ’n stelling van die spesifieke gedrag op die laagste vlak van die implementeringsproses. Hierdie twee beleidmakende modelle het betrekking op my implementering-analitiese raamwerke, waarvolgens ek die institusionele gedrag en stem-identiteite van onderwysers gaan beoordeel. Hiervolgens is die beleidmakende model van vooruit kartering nie geskik vir ’n implementering- analitiese raamwerk in my studies nie, deurdat ek nie in staat gestel word om direk op die institusionele gedrag en stem-identiteite van onderwysers te fokus nie. Daarenteen is terugwerkende kartering geskik as ’n implementering-analitiese raamwerk vir my studie, deurdat ek direk kan fokus op onderwysers in hul skole. In my studie ontstaan daar ’n behoefte om die professionele en pedagogiese gedrag van onderwysers in die stadium van K2005-implementering te verstaan, maar om hierdie

gedrag terselfdertyd te verstaan met behulp van die stem-identiteite van onderwysers. Daardeur ontstaan daar in my studie ’n behoefte aan ’n dieper analise in terme van die 6 aanhoor van die stem-identiteite van onderwysers. Hierin voorsien Goodson (1996:3) ’n konseptuele analitiese raamwerk vir my dieper ondersoek na die stem-identiteite en ’n biografiese analise van onderwysers. Studies in Goodson (1996:3) fokus dieper op die professionele en pedagogiese identiteite van onderwysers, met argumente dat die ‘persoonlike agtergrond’ van onderwysers verstaan moet word. Voortvloeiend uit hierdie argument, is dat die lewe en werk van onderwysers nie as afsonderlike entiteite beoordeel en bestudeer word nie. Die lewe en werk van onderwysers vorm ’n eenheid binne hul biografiese verhale. Tog sal die persoonlike agtergrond en ontologiese faktore in die lewe en werk van onderwysers, soms belangriker kan wees as hul professionele en pedagogiese identiteite. Daarom is ’n in- diepte biografiese studie oor die lewe en werk van onderwysers van belang. Biografiese studies stel empiriese navorsers dus in staat om die stem-identiteite van onderwysers in hul diepste ontologiese basis uit te bring. Zembylas (2003:225) ondersteun hierdie argument in sy betoog dat talle onderwysers hul persoonlike identiteite in hul werk investeer. Giddens (1991:35) suggereer op sy beurt dat die indiwiduele mens in sy diepste wese begryp moet word deur middel van ’n ‘refleksiewe self’ en sy ‘self- identiteit’, wat ’n refleksie is van sy persoonlike lewe. In die Suid-Afrikaanse literatuurstudies bestaan teoretiese en empiriese armoede oor studies wat fokus op die professionele en pedagogiese gedrag van onderwysers, en die impak wat vorige identiteitsbasisse in hul biografieë, op daardie institusionele gedrag van

gedrag terselfdertyd te verstaan met behulp van die stem-identiteite van onderwysers.

Daardeur ontstaan daar in my studie ’n behoefte aan ’n dieper analise in terme van die

6

aanhoor van die stem-identiteite van onderwysers. Hierin voorsien Goodson (1996:3) ’n

konseptuele analitiese raamwerk vir my dieper ondersoek na die stem-identiteite en ’n

biografiese analise van onderwysers.

Studies in Goodson (1996:3) fokus dieper op die professionele en pedagogiese identiteite

van onderwysers, met argumente dat die ‘persoonlike agtergrond’ van onderwysers

verstaan moet word. Voortvloeiend uit hierdie argument, is dat die lewe en werk van

onderwysers nie as afsonderlike entiteite beoordeel en bestudeer word nie. Die lewe en

werk van onderwysers vorm ’n eenheid binne hul biografiese verhale. Tog sal die

persoonlike agtergrond en ontologiese faktore in die lewe en werk van onderwysers, soms

belangriker kan wees as hul professionele en pedagogiese identiteite. Daarom is ’n in-

diepte biografiese studie oor die lewe en werk van onderwysers van belang. Biografiese

studies stel empiriese navorsers dus in staat om die stem-identiteite van onderwysers in

hul diepste ontologiese basis uit te bring. Zembylas (2003:225) ondersteun hierdie

argument in sy betoog dat talle onderwysers hul persoonlike identiteite in hul werk

investeer. Giddens (1991:35) suggereer op sy beurt dat die indiwiduele mens in sy

diepste wese begryp moet word deur middel van ’n ‘refleksiewe self’ en sy ‘self-

identiteit’, wat ’n refleksie is van sy persoonlike lewe.

In die Suid-Afrikaanse literatuurstudies bestaan teoretiese en empiriese armoede oor

studies wat fokus op die professionele en pedagogiese gedrag van onderwysers, en die

impak wat vorige identiteitsbasisse in hul biografieë, op daardie institusionele gedrag van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!