CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

209 welke wyse was die diepste identiteitsbasis van hierdie vier onderwysers dus geformuleer, en hoe het dit professionele en pedagogiese ontvang van K2005 in skole van die Overbergstreek geaffekteer? 7.2.2 Oneweredige sosio-kulturele kontekste Die outokratiese apartheidstelsel waarin hierdie vier onderwysers georiënteer is, was oneweredig (sien ook afdeling 2.1.1). Dit het gevolglik ’n gedifferensieerde impak gehad op die diepste ontologiese identiteitsbasis en mensvorming van onderwysers (sien hoofstuk ses, afdeling 6.2). Binne hierdie oneweredige sosio-kulturele kontekste, word aanvaar dat hierdie vier onderwysers op die basis van hul diepste ontologiese identiteite van ras, klas, geloof en geslag, op K2005 gerespondeer. ’n Sosio-kulturele kontekste waarin onderwysers hulself bevind, is volgens (Apple, 1990, 1993) ten alle tyde oneweredig. In my studie word die oneweredige sosio-kulturele kontekste van onderwysers in my onderhoud-steekproef, vergelyk met hul ontvang en implementering van K2005. Grossberg (1994) betoog dat kontekste oneweredig is, en bestaan uit dominante en gemarginaliseerde groepe. Binne hierdie oneweredige kulturele praktyke ontstaan die politiek van identiteite, soos dit verbandhoud hou met ras, klas, geloof en geslag- identiteite. Daarmee ontstaan ’n politieke stryd van bevoorregte groepe, teenoor nie- bevoorregte groepe in gemeenskappe. In die mikro-skoolkontekste was hierdie vier onderwysers in die Overbergstreek oneweredig in hul samelewings geposisioneer (sien hoofstuk ses). Tog varieer die posisie van die mens in ’n samelewing voortdurend

210 (Davies & Harré, 2001). In my studie kon ek hierdie verskillende posisies uitwys. Drie van die onderwysers in my onderhoud-steekproef, het grootgeword in ’n posisie van werkersklasse. Nadat hulle hul opleiding as onderwysers voltooi het, het hul materiële posisie ‘geskuif’ (gevarieer) vanaf ’n werkersklas-posisie na ’n middelklas-posisie. Op ’n soortgelyke wyse is die professionele en pedagogiese gedrag van onderwysers nie ten alle tye ‘voorspelbaar’ nie, en kan deurlopend veranderinge ondergaan. Deurdat die gedrag van onderwysers in terme van K2005-ontvang en implementering onvoorspelbaar is, sal ook die uitkomstes wat onderwysers produseer, onvoorspelbaar wees. Binne ’n oneweredige sosio-kulturele konteks, is hierdie vier onderwysers heterogeen geposisioneer binne diskoerse van eendimensionele ras-identiteite soos dit in die apartheidsera werksaam was (sien hoofstuk ses). Gedurende die apartheidsera was daar ’n geografiese skeiding van rasse in ’n woonbuurt aanwesig, wat een van die sleutelaspekte van die vorige apartheidsregering se beleid was. Daarteenoor het die Suid- Afrikaanse landskap bestaan uit ’n multi-dimensionaliteite in terme van ras bestaan, soos die van swartmense, bruin mense, blankes en Indiërs (sien hoofstuk ses). Die rasse- skeiding was gewoonlik oneweredig, met ’n oorwegend bevoorregte blanke ras, teenoor nie-bevoorregte nie-blanke groepe. Hierdie oneweredige verdeling was ook van toepassing op skole in die Overbergstreek (sien afdeling 4.3). Hieruit het elke ras hoofsaaklik ’n eendimensionele identiteit met sy/haar eiesoortige ras ontwikkel. Hierdie eendimensionele ras-oriëntasie, impliseer dat hierdie vier onderwysers op die basis van hul eiesoortige rasdiskoerse en perspektiewe, teenoor K2005 gerespondeer het. Die diverse identiteitvorming van hierdie vier onderwysers binne die oneweredige sosio-

209

welke wyse was die diepste identiteitsbasis van hierdie vier onderwysers dus

geformuleer, en hoe het dit professionele en pedagogiese ontvang van K2005 in skole van

die Overbergstreek geaffekteer?

7.2.2 Oneweredige sosio-kulturele kontekste

Die outokratiese apartheidstelsel waarin hierdie vier onderwysers georiënteer is, was

oneweredig (sien ook afdeling 2.1.1). Dit het gevolglik ’n gedifferensieerde impak gehad

op die diepste ontologiese identiteitsbasis en mensvorming van onderwysers (sien

hoofstuk ses, afdeling 6.2). Binne hierdie oneweredige sosio-kulturele kontekste, word

aanvaar dat hierdie vier onderwysers op die basis van hul diepste ontologiese identiteite

van ras, klas, geloof en geslag, op K2005 gerespondeer. ’n Sosio-kulturele kontekste

waarin onderwysers hulself bevind, is volgens (Apple, 1990, 1993) ten alle tyde

oneweredig. In my studie word die oneweredige sosio-kulturele kontekste van

onderwysers in my onderhoud-steekproef, vergelyk met hul ontvang en implementering

van K2005.

Grossberg (1994) betoog dat kontekste oneweredig is, en bestaan uit dominante en

gemarginaliseerde groepe. Binne hierdie oneweredige kulturele praktyke ontstaan die

politiek van identiteite, soos dit verbandhoud hou met ras, klas, geloof en geslag-

identiteite. Daarmee ontstaan ’n politieke stryd van bevoorregte groepe, teenoor nie-

bevoorregte groepe in gemeenskappe. In die mikro-skoolkontekste was hierdie vier

onderwysers in die Overbergstreek oneweredig in hul samelewings geposisioneer (sien

hoofstuk ses). Tog varieer die posisie van die mens in ’n samelewing voortdurend

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!