CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

205 periode. Gevolglik argumenteer ek dat hierdie vier onderwysers met behulp van hul vorige diskoersvorminge, op K2005 in post-apartheid gerespondeer het. Hoewel die inhoudsgefundeerde kurrikulum in Suid-Afrika vanaf 1997 amptelik ineengestort het, is daar steeds kenmerke van hierdie diskoerse teenwoordig in skole en onderwyser-oortuigings in post-apartheid Suid-Afrika (sien hoofstuk vier). Onderwyser- posisioneringe en verteenwoordiging met diskoerse van ’n inhoudsgefundeerde kurrikulum, kon ek waarneem en aanhoor tydens my empiriese navorsing (sien hoofstukke vyf en ses). Die lesaanbieding van die meeste onderwysers het byvoorbeeld in aanvang geneem met vakinhoude, wat tot eenhede opgebreek en verduidelik is. Daarmee was ’n werkstyl en identiteite nie gevolg om kritieke en spesifieke uitkomstes te identifiseer as vertrekpunte in hul lesaanbiedinge nie. Dus was onderwyser- posisioneringe en verteenwoordiging van kurrikulumkennis steeds ooreenkomstig die diskoerse van vorige inhoudsgefundeerde pedagogieë, soos dit met die apartheidsera verband gehou het. Hierdie vorige posisionering en verteenwoordiging van kurrikulumkennis, was op ’n besondere wyse gevoed deur identiteitmerkers soos ras, klas, geloof en geslag-identiteite. Met hul diskoers-samestelling van hul ras, klas, geloof en geslag, is ’n identiteitsbasis aan elke indiwiduele onderwyser voorsien om as besonderse agente in hul onderskeie skole verteenwoordig te word. Goodson (1991) bevestig dat hierdie persoonlike faktore soos dit in kinderjare opgebou was, ’n groter invloed kan uitoefen op die lewe en werk van onderwysers, in teenstelling met hul professionele en pedagogiese opleiding en identiteite.

206 Die implementeringstyle in K2005 waarvolgens onderwysers in my observasie- steekproef onderrig het (sien afdelings 5.1 en 5.2.2), kan in verband gebring word met hul diepste oortuigings soos dit in hul biografieë vergestalt. Met behulp van hul outobiografiese samestelling, word onderwysers in gemeenskappe en skole waarin hulle lewe en werk, geposisioneer en verteenwoordig. Goodson (1991, 1996) redeneer dat die outobiografieë van onderwysers twee sleutelkomponente insluit. Enersyds bestaan daar die professionele en pedagogiese aspekte van hul lewe en werk, en andersyds die persoonlike aspekte in hul lewe en werk. Beide hierdie aspekte funksioneer as ’n eenheid in die outobiografie van ’n indiwiduele onderwyser. My onderhoud-data bevestig hoedat identiteitmerkers soos ras, klas, geloof en geslag, verband hou met hul mensvorming, maar vervleg is met hul professionele en pedagogiese Sosialiseringe, konseptuele kapasiteite en identiteite. Op die basis van hul mensvorming, was die vier onderwysers in my onderhoud-steekproef (sien hoofstuk ses) geposisioneer binne die politieke en sosio-kulturele skoolkonteks, sowel as in hul skole. Blanke onderwysers in post-apartheid Suid-Afrika is gevolglik polities op ’n ‘eweredige vlak’ in vergelyking met die twee bruin onderwysers, maar sal weens hul vorige posisioneringe en verteenwoordig, andersoortig op K2005 respondeer. Hierdie andersoortige responderinge, kan insluit die ’n andersoortige manier van taalgebruik, betekenisvorming en oortuigings. Apple (1996:5) redeneer dat mense binne bepaalde diskoers- uitdrukkings, konstant onderhandel met kennis, sosiale verhoudings en identiteite in verhouding met ‘ander’. Die sosio-kulturele konteks waar diskoersvorminge plaasvind, is dus oneweredig, en produseer oneweredige agentskappe. Met behulp van hul oneweredige agentskappe, het hierdie vier onderwysers op K2005 gerespondeer.

206

Die implementeringstyle in K2005 waarvolgens onderwysers in my observasie-

steekproef onderrig het (sien afdelings 5.1 en 5.2.2), kan in verband gebring word met hul

diepste oortuigings soos dit in hul biografieë vergestalt. Met behulp van hul

outobiografiese samestelling, word onderwysers in gemeenskappe en skole waarin hulle

lewe en werk, geposisioneer en verteenwoordig. Goodson (1991, 1996) redeneer dat die

outobiografieë van onderwysers twee sleutelkomponente insluit. Enersyds bestaan daar

die professionele en pedagogiese aspekte van hul lewe en werk, en andersyds die

persoonlike aspekte in hul lewe en werk. Beide hierdie aspekte funksioneer as ’n eenheid

in die outobiografie van ’n indiwiduele onderwyser.

My onderhoud-data bevestig hoedat identiteitmerkers soos ras, klas, geloof en geslag,

verband hou met hul mensvorming, maar vervleg is met hul professionele en pedagogiese

Sosialiseringe, konseptuele kapasiteite en identiteite. Op die basis van hul mensvorming,

was die vier onderwysers in my onderhoud-steekproef (sien hoofstuk ses) geposisioneer

binne die politieke en sosio-kulturele skoolkonteks, sowel as in hul skole. Blanke

onderwysers in post-apartheid Suid-Afrika is gevolglik polities op ’n ‘eweredige vlak’ in

vergelyking met die twee bruin onderwysers, maar sal weens hul vorige posisioneringe en

verteenwoordig, andersoortig op K2005 respondeer. Hierdie andersoortige

responderinge, kan insluit die ’n andersoortige manier van taalgebruik, betekenisvorming

en oortuigings. Apple (1996:5) redeneer dat mense binne bepaalde diskoers-

uitdrukkings, konstant onderhandel met kennis, sosiale verhoudings en identiteite in

verhouding met ‘ander’. Die sosio-kulturele konteks waar diskoersvorminge plaasvind,

is dus oneweredig, en produseer oneweredige agentskappe. Met behulp van hul

oneweredige agentskappe, het hierdie vier onderwysers op K2005 gerespondeer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!