CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

199 bewyse wat aandui op ’n ‘realistiese interpretasie van K2005’. Die potensial bestaan dus dat hierdie kulturele diskoers ’n realistiese interpretasie van hierdie onderwyser belemmer. In hierdie verband verwys Fataar (2005:25) hoe ’n ‘Islamitiese raam- diskoers’ in sekere Moslem skole in Kaapstad, slegs as ’n retoriek bestaan. Die realiteite in hierdie skole is dat ’n sekularistiese kurrikulumprogram gevolg word. Die hegemonie wat in die beredeneerde praktyke bestaan, produseer dus slegs ’n ‘regime van waarheid’, wat verwyderd is van ’n realistiese interpretasie vir hierdie onderwysers. Binne hierdie ‘regime van waarheid’ en hegemonie, moet die betekenisvorming van hierdie bruin onderwyser in die Overberg begryp word. Die ‘regime van waarheid’ wat deur hierdie bruin onderwyser geproduseer word, is waarskynlik weens ‘onsekerhede en verwarring’ oor wat werklik van K2005 vereis word. Gevolglik beskik beide hierdie bruin twee onderwysers nie oor ’n professionele en pedagogiese identiteitsbasis wat stewig in hul skooljare en opleidingsjare gelê is nie. Dit word in my studie aanvaar dat die ‘onsekere’ professionele en pedagogiese identiteitsbasis van hierdie twee onderwysers, negatief kan impakteer op hul ‘pedagogiese’ ontvang en implementering van K2005. In teenstelling met blanke skole, was die beheer oor nie-blanke skole tydens die apartheidsera veel meer burokraties, hiërargies en outoritêr (Chisholm, 1999:115). Amptelike departementele strukture soos verteenwoordig deur die inspekteur en vakadviseurs, prinsipale en hoof van die departement, het grotendeels negatief in die lewe en werk van onderwysers ingewerk. In bruin skole word die ervaring van intervensie deur hiërargiese agente in skole, oorwegend negatief deur onderwysers ervaar. Een bruin onderwysers verwys na die vorige inspekteurs (Kringbestuurders) wat jou menswaardigheid afgetakel het. Die beheer oor die werk van onderwysers, het verband

200 gehou met sosiale beheer, en ’n departementele eis vir lojaliteite en onderdanigheid (Chisholm, 1999). Voorts was die beheer oor die kurrikulum en assesseringspraktyke burokraties bepaal, en onderwysers het daarin nie seggenskap gehad nie. Wanneer mense nie seggenskap in publieke instellings besit nie, bestaan daar dominasie en beheer van mense (Fataar, 2005:26). Die verskil van ’n beheer oor bruin skole in die apartheidsera, is dat onderwysers in hierdie skole met minder materiële bronne moes gewerk het in vergelyking met blanke skole (Taylor & Vinjevold, 1999). Teen hierdie agtergrond kan die aannames gemaak word dat die ‘pedagogiese’ identiteitsbasis van die twee blanke onderwysers in die apartheidsera stewiger ontwikkel het in vergelyking met die twee bruin onderwysers. In my studie word aanvaar dat hierdie verskille, verskillende invloede uitgeoefen het op die manier waarop hierdie vier onderwysers K2005 in hul skoolpraktyke ontvang en implementeer. My opsomming in terme van die opleiding van blanke en bruin onderwysers, is dat hierdie vier onderwysers opgelei is met ’n apartheidsgedrewe interpretasie van die Fundamentele Pedagogiek. Daarvolgens is hul professionele en pedagogiese identiteitsbasis en diskoerse opgebou en vasgelê. Tog is hierdie identiteitsbasis opgebou uit beide hul sosio-kulturele agtergrond, sowel as hul opleiding as onderwysers, wat ’n bevestiging is van die empiriese resultate van Goodson (1996). Laasgenoemde bevestig dat die persoonlike agtergrond en ‘identiteitsbasis’ van onderwysers belangrike bestanddele is van hul lewe en werk. Op die basis van hierdie diskoers-vorming van onderwysers in die apartheidsgedrewe Fundamentele Pedagogiek, bestaan daar dus belangriker onderliggende bestanddele wat die lewe en werk van onderwysers affekteer. In my studie aanvaar ek dat hierdie bestanddele diep in die persoonlike vorming en

200

gehou met sosiale beheer, en ’n departementele eis vir lojaliteite en onderdanigheid

(Chisholm, 1999). Voorts was die beheer oor die kurrikulum en assesseringspraktyke

burokraties bepaal, en onderwysers het daarin nie seggenskap gehad nie. Wanneer mense

nie seggenskap in publieke instellings besit nie, bestaan daar dominasie en beheer van

mense (Fataar, 2005:26). Die verskil van ’n beheer oor bruin skole in die apartheidsera,

is dat onderwysers in hierdie skole met minder materiële bronne moes gewerk het in

vergelyking met blanke skole (Taylor & Vinjevold, 1999). Teen hierdie agtergrond kan

die aannames gemaak word dat die ‘pedagogiese’ identiteitsbasis van die twee blanke

onderwysers in die apartheidsera stewiger ontwikkel het in vergelyking met die twee

bruin onderwysers. In my studie word aanvaar dat hierdie verskille, verskillende

invloede uitgeoefen het op die manier waarop hierdie vier onderwysers K2005 in hul

skoolpraktyke ontvang en implementeer.

My opsomming in terme van die opleiding van blanke en bruin onderwysers, is dat

hierdie vier onderwysers opgelei is met ’n apartheidsgedrewe interpretasie van die

Fundamentele Pedagogiek. Daarvolgens is hul professionele en pedagogiese

identiteitsbasis en diskoerse opgebou en vasgelê. Tog is hierdie identiteitsbasis opgebou

uit beide hul sosio-kulturele agtergrond, sowel as hul opleiding as onderwysers, wat ’n

bevestiging is van die empiriese resultate van Goodson (1996). Laasgenoemde bevestig

dat die persoonlike agtergrond en ‘identiteitsbasis’ van onderwysers belangrike

bestanddele is van hul lewe en werk. Op die basis van hierdie diskoers-vorming van

onderwysers in die apartheidsgedrewe Fundamentele Pedagogiek, bestaan daar dus

belangriker onderliggende bestanddele wat die lewe en werk van onderwysers affekteer.

In my studie aanvaar ek dat hierdie bestanddele diep in die persoonlike vorming en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!