CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

177 Fataar en Paterson (2002:5-25) onderskei tussen funksionerende skole en wanfunksionerende skole wat in post-apartheid Suid-Afrika teenwoordig is (sien afdeling 4.3.1). In my studie impliseer hierdie uitgangspunt dat die institusionele kultuur van skole deur gemeenskappe beïnvloed word, en die aard van onderwyser-ontvang en implementering word daardeur beïnvloed. Blanke onderwysers is as ’n voorbeeld hiervan, formeel opgevoed en opgelei in ‘bevoorregte’ skole en tersiêre inrigtings, wat hulle uitdruk as ‘goeie skole’ of ‘universiteite’. Beide mevrou D en F praat met lof veral van die sekondêre skole waar hulle hul skoolonderrig ontvang het. Daar word ook met lof verwys na heelwat professore wat vir hulle vakke aan die universiteit onderrig het. In post-apartheid Suid-Afrika is daar dus steeds kontinuïteite van ’n ‘goeie skool’ waarin hulle hul take uitvoer, en hulle kan ook staatmaak op persoonlike herinneringe vanuit hul ervaringswêreld. Op die terrein van die pedagogie, is hierdie onderwysers dus toegerus om K2005 met kennis-agtergronde te ontvang waarvolgens hulle reeds goeie onderrig in hul kinderjare ontvang het. Goodson (1996:11) verwys hier na die feit dat lewenservaring en agtergrond van onderwysers, sleutel-bestanddele is van die persoon wat ons is, en ons sin van die ‘self’. Terselfdertyd dui die lewenservaring van die twee bruin onderwysers aan op ’n ‘swakker gehalte onderrig’, en minder herinneringe van ‘kwaliteit onderwys’. Meneer A bied hoofsaaklik ‘informele kategorieë’ aan van sy skooljare en opleiding as onderwyser. Uitstaande rolmodelle is hoofsaaklik die wat sy gunsteling vakke aangebied het, asook ‘lekker gemaklike manne’. Meneer G beskryf uitstaande kenmerke van sy loopbaan in ’n skool en tersiêre opleiding, wat hy hoofsaaklik as negatief ervaar het. Daar was weinig rolmodelle, of die meeste beskrywings van hierdie onderwyser of dosente was negatief.

178 Voorbeelde van hierdie negatiwiteite is: “slegte ervaring, of boring soos môre die heeldag”. Daar is wel geringe onderwysers en dosente wat uitstaan as rolmodelle, veral weens hul goeie voorbereiding, metodiese benadering van lesaanbieding en ander faktore. In die geheel het die bruin onderwysers ’n ‘minder indrukwekkende voorstelling’ van hul skoolervaring in vergelyking met die blanke onderwysers aangebied. Hoe die verskillende materiële agtergronde die ontvangs-identiteite van hierdie onderwysers beïnvloed, gaan in hoofstuk sewe breedvoeriger bespreek word. 6.2.3 Geloof-identiteite Die vier onderwysers is opgevoed binne die Christelike geloof, maar daar is verskille in die wyse van opvoeding binne hierdie geloofsfere. Meneer A deel met emosies van trots mee hoedat hulle gesin kerkmense was, en gereeld kerkdienste Sondae sou bywoon. Mevrou D is ietwat huiwerig om oor haar Christelike opvoedingsagtergrond te praat, maar voel sterk dat die kind getug moet word ooreenkomstig Bybelse riglyne. Voorts het hulle gesin gereeld huisgodsdiens gehou. Mevrou F vertel met trots van haar Christelike agtergrond in die huis en skool. Meneer G ontwikkel ’n ‘weerstand’ (uitgedruk as ‘renons’) teenoor kerkgaan as ’n plig. Sy pa en ma het gekom vanuit verskillende kerkagtergronde en dit bring opsigself spanning tussen hom, sy ouers en sy gesin. Prins (1988:158) beskryf hoedat blanke en bruinmense in een van die dorpe in die Overbergstreek hul Christelike godsdiens afsonderlik beoefen het. Daar het dus twee afsonderlike manier in die beoefening van die Christelike godsdiens ontstaan op die beginsel van ras, naamlike blanke Christelike kerke wat afsonderlik ontwikkel het van

177

Fataar en Paterson (2002:5-25) onderskei tussen funksionerende skole en

wanfunksionerende skole wat in post-apartheid Suid-Afrika teenwoordig is (sien afdeling

4.3.1). In my studie impliseer hierdie uitgangspunt dat die institusionele kultuur van

skole deur gemeenskappe beïnvloed word, en die aard van onderwyser-ontvang en

implementering word daardeur beïnvloed. Blanke onderwysers is as ’n voorbeeld

hiervan, formeel opgevoed en opgelei in ‘bevoorregte’ skole en tersiêre inrigtings, wat

hulle uitdruk as ‘goeie skole’ of ‘universiteite’. Beide mevrou D en F praat met lof veral

van die sekondêre skole waar hulle hul skoolonderrig ontvang het. Daar word ook met

lof verwys na heelwat professore wat vir hulle vakke aan die universiteit onderrig het. In

post-apartheid Suid-Afrika is daar dus steeds kontinuïteite van ’n ‘goeie skool’ waarin

hulle hul take uitvoer, en hulle kan ook staatmaak op persoonlike herinneringe vanuit hul

ervaringswêreld. Op die terrein van die pedagogie, is hierdie onderwysers dus toegerus

om K2005 met kennis-agtergronde te ontvang waarvolgens hulle reeds goeie onderrig in

hul kinderjare ontvang het. Goodson (1996:11) verwys hier na die feit dat

lewenservaring en agtergrond van onderwysers, sleutel-bestanddele is van die persoon

wat ons is, en ons sin van die ‘self’.

Terselfdertyd dui die lewenservaring van die twee bruin onderwysers aan op ’n ‘swakker

gehalte onderrig’, en minder herinneringe van ‘kwaliteit onderwys’. Meneer A bied

hoofsaaklik ‘informele kategorieë’ aan van sy skooljare en opleiding as onderwyser.

Uitstaande rolmodelle is hoofsaaklik die wat sy gunsteling vakke aangebied het, asook

‘lekker gemaklike manne’. Meneer G beskryf uitstaande kenmerke van sy loopbaan in ’n

skool en tersiêre opleiding, wat hy hoofsaaklik as negatief ervaar het. Daar was weinig

rolmodelle, of die meeste beskrywings van hierdie onderwyser of dosente was negatief.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!