CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

169 ontvang-identiteite met K2005, soos vergestalt in hul biografieë, deur hierdie dominante diskoerse beïnvloed”? My analise van onderhoud-data is gedoen ooreenkomstig die analitiese skema van ‘kodering’ in Piantanida, et al. (2004:327-330). Hierdie analitiese skema is breedvoerig in hoofstuk drie (afdeling 3.2.3) beskryf. Vervolgens fokus ek op opsommings en ’n analise van die ras-identiteite van die vier onderwysers in die Overbergstreek. 6.2.1 Ras-identiteite Daar bestaan patrone van ooreenkomste en verskille in die oorheersende ras-kategorie wat deur die vier respondente geopper was, en dit het bepaalde effekte op hul ontvang- identiteite met betrekking tot K2005. Soos aangedui in Rizvi (1993:3-8), word ras in praktyke van verteenwoordiging gevorm, afhangende hoe sosiale verhoudings en praktyke georganiseer is. Beide Fataar en Paterson (2002:5-25), sowel as Harley en Wedekind (2004:195-220), dui aan dat daar oneweredige skoolkontekste in die apartheidsera bestaan het, wat deur die post-apartheid regering geëerf is. Enersyds bestaan daar ’n blanke bevoorregte-groep met funksionerende skole. Andersyds bestaan daar ’n nie-blanke benadeelde-groep met wanfunksionerende skole. Hierdie onweredigheid in terme van identiteitvorminge, is ook van toepassing op die woonbuurte in die Overberg (sien afdeling 4.2.1). Binne hierdie oneweredige posisioneringe en verteenwoordiging, het hierdie vier onderwysers dus hul identiteitsbasis en konstruksies opgebou. Op die basis van hul ‘historiese’ en identiteit-posisioneringe, het hierdie vier onderwysers op K2005-innovasie in dié Overbergstreek gerespondeer.

170 Die twee blanke onderwysers (mevroue D en F) het hul ‘ras-identiteite’ as ‘polities- bevoorreg’ in die apartheidsera ontvang. Daarenteen het die twee bruin onderwysers hul ras-identiteite as ‘polities-gemarginaliseerde indiwidue’ in die aprtheidsera ontvang. Hierdie verskille in terme van hul ras-identiteite, is steeds in post-apartheid Suid-Afrika in die Overbergstreek waarneembaar. Die politieke posisioneringe van die vier onderwysers in hul verskillende kulturele praktyke, was dus oneweredig in terme van hul rasse-samestelling, posisioneringe, verteenwoordiging en identiteite. Binne ’n sosiale ruimte, word die politieke identiteite van karakters gevorm (Davies & Harré, 2001:264; Grossberg, 1994:29; Wetherell, 2001:17). Gevolglik hou hierdie politieke identiteite verband met die gesindhede waarmee dié onderwysers K2005 in skole ontvang en implementeer. Daar bestaan ook patrone van onderlinge verskille in terme van hul identiteitsbasis soos dit verband hou met hul ras-verteenwoordiging en agentskappe (identiteite). Meneer A konformeer in hierdie verband met die ‘politieke stelsel’ van apartheid as ’n bruin mens, ten spyte van sy politieke gemarginaliseerde posisie in dié stelsel. Dienooreenkomstig hierdie gelykmakende posisie, beeld hy homself uit as iemand wat nie belangstel in politiek nie (sien afdeling 6.1.1.1). Dus beeld hy sy verteenwoordiging uit as ’n ‘apolitieke agentskap’. Daarenteen is meneer G van mening dat sy politieke bewussyn reeds vroeg in sy lewe gevorm is. Hy posisioneer sy politieke posisie as ’n ‘polities- bewuste agent’ wat weerstand bied teen die politieke stelsel van apartheid, en as sulks verteenwoordig word. Hoewel beide hierdie twee onderwysers dus as ’n bruin ‘ras’ geklassifiseer het, het hulle hul betekenisse oor die beleid van apartheid, divers opgebou.

169

ontvang-identiteite met K2005, soos vergestalt in hul biografieë, deur hierdie dominante

diskoerse beïnvloed”?

My analise van onderhoud-data is gedoen ooreenkomstig die analitiese skema van

‘kodering’ in Piantanida, et al. (2004:327-330). Hierdie analitiese skema is breedvoerig

in hoofstuk drie (afdeling 3.2.3) beskryf. Vervolgens fokus ek op opsommings en ’n

analise van die ras-identiteite van die vier onderwysers in die Overbergstreek.

6.2.1 Ras-identiteite

Daar bestaan patrone van ooreenkomste en verskille in die oorheersende ras-kategorie

wat deur die vier respondente geopper was, en dit het bepaalde effekte op hul ontvang-

identiteite met betrekking tot K2005. Soos aangedui in Rizvi (1993:3-8), word ras in

praktyke van verteenwoordiging gevorm, afhangende hoe sosiale verhoudings en

praktyke georganiseer is. Beide Fataar en Paterson (2002:5-25), sowel as Harley en

Wedekind (2004:195-220), dui aan dat daar oneweredige skoolkontekste in die

apartheidsera bestaan het, wat deur die post-apartheid regering geëerf is. Enersyds

bestaan daar ’n blanke bevoorregte-groep met funksionerende skole. Andersyds bestaan

daar ’n nie-blanke benadeelde-groep met wanfunksionerende skole. Hierdie

onweredigheid in terme van identiteitvorminge, is ook van toepassing op die woonbuurte

in die Overberg (sien afdeling 4.2.1). Binne hierdie oneweredige posisioneringe en

verteenwoordiging, het hierdie vier onderwysers dus hul identiteitsbasis en konstruksies

opgebou. Op die basis van hul ‘historiese’ en identiteit-posisioneringe, het hierdie vier

onderwysers op K2005-innovasie in dié Overbergstreek gerespondeer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!