CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

159 was ’n administratiewe klerk en haar ma ’n tikster. Sy bekryf haar politieke oriëntasie soos volg: ...Ons het nie-rassisties grootgeword. Ons bediende is met respek behandel. Ons het in ’n NG Kerk grootgeword, en het later tot die Engelse kerk oorgegaan. Ek het in ’n Christelike huis grootgeword. Was bevoorreg. Ek was in daai stadium nie bewus van ander rasse se probleme nie. Nie bewus van ander wat nie het nie... Aangesien mevrou F middelklas grootgeword het, is sekere primêre behoeftes reeds in die gesin bevredig. Haar ouers het formele take gedoen wat administratiewe kennis en vaardighede vereis het. Die pligte en rëels in die huishouding is met die kinders ‘onderhandel’, en nie op hulle afgeforseer nie. Daar was nie lyfstraf toegepas vir oortreders nie. Diegene wat rëels oortree het, was vir ’n tydperk ‘gehok’ (voorregte was ingeperk). Voorts het die kinders seggenskap gehad in die opstel van die huisrëels. Ander geriewe waarin hulle grootgeword het, was televisie, hulle kon see toe gaan wanneer hulle wou, daar was gesinsvergaderings, almal het saamgewerk aan die opstel van rëels, soos besprekings oor inkomtye en ander geriewe. Hulle het dus ’n keuse en ’n sê gehad, maar binne ’n ‘struktuur’. Sy druk hierdie stantpunt soos volg uit: “As jy oortree, word die ‘struktuur’ (keuses) vir jou kleiner gemaak”. Gevolglik is sekere primêre behoeftes in haar kinderjare bevredig, soos ’n veilige huisomgewing, voldoende materiële besittings en gelukkige kinderjare. Dit bring mee dat mevrou F in haar gesin meer kon eksperimenteer in vergelyking met diegene in werkersklas gesinne waar daar materiële tekorte was. Gevolglik is daar in haar identiteitsbasis kenmerke teenwoordig vanwaar sy hoër behoeftes kon verken, soos ’n verkenning van huisrëels, vraagstelling in die gesin, vriende ontmoet, selfvertroue en ander verkennings.

160 Daar is reeds verwys na die Christelike godsdienskarakter van mevrou F, en dit weerspieël ook haar houding tot die teenoorgestelde geslag en in die patriargale houding wat daarmee saamgaan. Sy glo dat die man in sekere werk in beheer moet wees. Voorts peins sy oor werk waar die vrou in beheer is met sterk manlike persoonlikhede onder haar beheer. Tog word ’n bepaalde houding teenoor die teenoorgestelde geslag uitgebeeld. Sy verkies eerder die geselskap van mans bo die van vrouens. ’n Voorbeeld van haar ‘opdraggesentreerde’ en ‘kindgesentreerde benadering’ tot onderrig, is reeds in haar kinderjare teenwoordig (sien afdeling 5.1.2.3). Haar tuisopvoeding vind plaas waar sy deelname gehad het in die opstel van rëels in die huis. Voorts was haar rolmodelle as onderwysers die met ’n demokratiese ingesteldheid, en sy het ’n ‘haat’ ontwikkel vir ‘diktators’. In haar gesin en skooljare is die gevoel van struktuur, orde, en dissipline binne ’n struktuur volgens haar deeglik vasgelê. Daarby het sy ook gelukkige skooljare gehad, waarin sy met talle vriende gesosialiseer het. 6.1.3.2 Opleiding as ’n onderwyser Mevrou F noem dat die onderwysberoep nie haar eerste keuse was nie. Sy wou aanvanklik kort verhale skryf en by ’n ambassade diens doen as ’n vertaler. Die eise was egter verskriklik hoog, en sy het nie kans gesien vir intensiewe studie na die voltooiing van haar skoolloopbaan nie. Sy wou ook nie gaan werk nie, en het besluit om ’n onderwyser te word nie. Sy het egter vroeg besluit om nie ’n gewone onderwyser te word nie, maar wou spesialiseer in kinders met ernstige leerprobleme.

160

Daar is reeds verwys na die Christelike godsdienskarakter van mevrou F, en dit

weerspieël ook haar houding tot die teenoorgestelde geslag en in die patriargale houding

wat daarmee saamgaan. Sy glo dat die man in sekere werk in beheer moet wees. Voorts

peins sy oor werk waar die vrou in beheer is met sterk manlike persoonlikhede onder haar

beheer. Tog word ’n bepaalde houding teenoor die teenoorgestelde geslag uitgebeeld. Sy

verkies eerder die geselskap van mans bo die van vrouens.

’n Voorbeeld van haar ‘opdraggesentreerde’ en ‘kindgesentreerde benadering’ tot

onderrig, is reeds in haar kinderjare teenwoordig (sien afdeling 5.1.2.3). Haar

tuisopvoeding vind plaas waar sy deelname gehad het in die opstel van rëels in die huis.

Voorts was haar rolmodelle as onderwysers die met ’n demokratiese ingesteldheid, en sy

het ’n ‘haat’ ontwikkel vir ‘diktators’. In haar gesin en skooljare is die gevoel van

struktuur, orde, en dissipline binne ’n struktuur volgens haar deeglik vasgelê. Daarby het

sy ook gelukkige skooljare gehad, waarin sy met talle vriende gesosialiseer het.

6.1.3.2 Opleiding as ’n onderwyser

Mevrou F noem dat die onderwysberoep nie haar eerste keuse was nie. Sy wou

aanvanklik kort verhale skryf en by ’n ambassade diens doen as ’n vertaler. Die eise was

egter verskriklik hoog, en sy het nie kans gesien vir intensiewe studie na die voltooiing

van haar skoolloopbaan nie. Sy wou ook nie gaan werk nie, en het besluit om ’n

onderwyser te word nie. Sy het egter vroeg besluit om nie ’n gewone onderwyser te word

nie, maar wou spesialiseer in kinders met ernstige leerprobleme.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!