CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

149 algemene beskrywings hieroor aangebied sodat die stem-identiteite van elkeen van die respondente soveel as moontlik uitgebeeld word. 6.1.1 Meneer A 6.1.1.1 Kinderjare Meneer A het sy kinderjare in ’n verafgeleë streek van die Overberg beleef. Sy identiteitsbasis is gevorm in die apartheidsera as ’n manlike bruin mens, werkersklas en binne die Christelike geloof. Hy is die oudste van vyf kinders in die gesin, met sy pa wat ’n boukontrakteur (verantwoordelik vir die bou van huise) en sy ma ’n huisvrou. Hierdie tipe mensvorming bring mee dat meneer A op ’n sekere wyse in die sosiaal-historiese konteks van die apartheidsera, sy identiteitsbasis opgebou het, en daarvolgens op K2005 respondeer. Hy ontwikkel ’n sterk afkeur vir die politiek of ’n identiteit daarmee, wat impliseer dat hy verkies om binne ’n politieke struktuur te konformeer. Hierdie konformiteite impliseer ’n keuse om as ’n reaktiewe agent in sy skoolkonteks op te tree. Sy weerstand teen enige vorm van politieke deelname in sy gemeenskap, beeld druk hy soos volg uit: ...Ons het nie ’n politieke rekord nie. Ons is nie politieke mense nie. Maar ons het nooit politiek gepraat nie. Daai tyd was politiek maar eenkant gewees. Die mense het nie eintlik insae gehad in die politiek nie. Daar was eintlik nie veel leiers gewees nie. sterk manne. So, politiek was taboe. Ek stel vandag nog nie eintlik in politiek belang nie...

150 Sy werkersklas lewe beskryf meneer A as ‘swaarkry jare’ as ’n kind, maar dat dit later beter gegaan het toe sy pa ‘meer geld’ begin verdien het. Weens die aard van sy pa se werk as ’n boukontrakteur, was hy baie van blankes afhanklik vir werk. Hierdie ‘feit’ dra by tot konformiteite van sy gesin met blankes en die politieke stelsel van apartheid. Meneer A beskryf sy pa met konsepte en frases soos: “’n sterk man en eenvoudige man, almal sy vriend, ’n sportman, ’n kerkman en ’n gemeenskapsman”. Hy het baie respek vir sy pa, wat ’n sterk invloed op sy lewe uitgeoefen het. In die gesin was rëels en pligte deur sy ouers gestel, en kinders moes dit sonder teëspraak gehoorsaam. Oortreeders was getug, wat gewoonlik lyfstraf ingesluit het. Dit blyk voorts dat sy geloofslewe en houding teenoor die teenoorgestelde geslag bydra tot die assimilering van die dominante diskoerse in sy publiek en die skool, en in sy identiteitsbasis gestalte aangeneem het. Meneer A deel met trots mee dat Sondag kerkdag was, waar die ‘hele gesin dan kerktoe gaan’. Die gesin het aan die Anglikaanse kerk behoort. Die kinders moes Sondagskool 13 bywoon. Hy beskryf hul gesin as ‘kerkmense’, en dat dit maar so in klein dorpies is, en dit is hoedat sy ouers aan hulle ‘daai voorbeeld’ gestel het. Gepaardgaande met sy Christelike identiteit, is ’n identiteit met die ‘patriargale’ teks waarmee hy grootgeword het, en soos dit in sy sosio-kulturele konteks vergestalt. Dit beteken dat die vrou aan die man onderdanig moet wees op alle vlakke en terreine van die samelewing. Meneer A verwys deurentyd dat hy grootword met die idee dat die pa die ‘baas’ in die huis is. Gevolglik ontwikkel ’n ‘baan van die 13 Sondagskool verwys na ‘skole’ in Christelike Kerkgemeentes wat gewoonlik Sondae deur ’n spesifieke kerkgroep aangebied word. In hierdie skole word leerders Christelike waardes aangeleer, soos die lees van die Bybel, sing van koortjies en gesange, gebed en ander kerklike aktiwiteite.

149

algemene beskrywings hieroor aangebied sodat die stem-identiteite van elkeen van die

respondente soveel as moontlik uitgebeeld word.

6.1.1 Meneer A

6.1.1.1 Kinderjare

Meneer A het sy kinderjare in ’n verafgeleë streek van die Overberg beleef. Sy

identiteitsbasis is gevorm in die apartheidsera as ’n manlike bruin mens, werkersklas en

binne die Christelike geloof. Hy is die oudste van vyf kinders in die gesin, met sy pa wat

’n boukontrakteur (verantwoordelik vir die bou van huise) en sy ma ’n huisvrou. Hierdie

tipe mensvorming bring mee dat meneer A op ’n sekere wyse in die sosiaal-historiese

konteks van die apartheidsera, sy identiteitsbasis opgebou het, en daarvolgens op K2005

respondeer.

Hy ontwikkel ’n sterk afkeur vir die politiek of ’n identiteit daarmee, wat impliseer dat hy

verkies om binne ’n politieke struktuur te konformeer. Hierdie konformiteite impliseer ’n

keuse om as ’n reaktiewe agent in sy skoolkonteks op te tree. Sy weerstand teen enige

vorm van politieke deelname in sy gemeenskap, beeld druk hy soos volg uit:

...Ons het nie ’n politieke rekord nie. Ons is nie politieke mense nie. Maar ons het nooit

politiek gepraat nie. Daai tyd was politiek maar eenkant gewees. Die mense het nie

eintlik insae gehad in die politiek nie. Daar was eintlik nie veel leiers gewees nie. sterk

manne. So, politiek was taboe. Ek stel vandag nog nie eintlik in politiek belang nie...

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!