CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

141 Die algehele opsommings en ’n analise van hierdie vyf skole het ’n aanduiding aangebied dat hierdie vyf skole nie juis daarin slaag om K2005 in skole en klaskamer-praktyke te institusionaliseer nie. Ek gaan twee temas uitwys vir ’n breedvoeriger bespreking daarvan. Eerstens doen ek opsommings van my skoolobservasies in die vyf skole. Tweedens identifiseer ek vier verteenwoordigende onderwysers wat ek in my observasie- steekproef geïdentifiseer het vir semi-gestruktureerde onderhoude. Hierdie onderhoude moet aan my ’n dieper verstaan kan aanbied waarom hierdie vier onderwysers nie K2005 in hul skole en klaskamers effektief ontvang en implementeer nie. 5.2 ’n Opsomming van skoolobservasies My opsomming van observasies van hierdie vyftien onderwysers in vyf verskillende skole, bevestig dat daar sekere patrone van kategorieë uitgewys kon word. Hierdie kategorie-patrone aan dui op ooreenkomste en verskille tussen die vyf skole, sowel as die implementeringstyle van die vyftien onderwysers. My opsommings en analise van observasies, was gedoen ooreenkomstig die analitiese lense van Fataar en Paterson (2002), Harley en Wedekind (2004) en Piantanida, et al. (2004:327-330). Hierdie analitiese lense is reeds breedvoerig bespreek in hoofstukke vier (afdeling 4.3) en hoofstuk drie (afdeling 3.2.3). Van toepassing op my observasie-opsomming, word noukeurig gefokus op die unieke identiteite waarmee elke onderwyser K2005 in hul skole geïmplementeer het. ’n Analise van my skoolobservasies in die Overbergstreek, dui aan op ’n duidelike onderskeid tussen die een blanke-skool (skool ii), in verhouding tot die vier bruinskole

142 (skole i,iii,iv en v). Hierdie onderskeid tussen die vyf skole, moet begryp word in verhouding tot implementering-problematieke wat onderwysers in hul spesifieke skool in die Overbergstreek ervaar. Besprekings van hierdie institusionele problematieke van elke skool, en die potensiële impak daarvan op onderwyser-implementering van K2005, is reeds breedvoerig in hoofstuk vier (afdeling 4.3) bespreek. Dié onderskeid tussen skole hou dus verband met die wisselwerkinge tussen gemeenskappe en skole, hoe die institusionele kultuur van skole hierdeur geaffekteer is, en die impak daarvan op die institusionele gedrag en spesifieke implementeringstyl van ’n onderwyser. Van belang in my observasie-opsommings, is dat die vyf primêre skole verskille bevat in terme van hoe K2005 in hierdie skole geïnstitusionaliseer word, en deur onderwyser geïnternaliseer word. Hoe het die skooletos en funksionering van elkeen van hierdie vyf skole, gunstige of ongunstige omstandighede gekweek vir die infassering, institusionalisering en onderwyser-internalisering van K2005? In breë trekke kan twee ‘onderliggende’ skooltipes vanuit die vyf skole geïdentifiseer word, soos dit vanuit die apartheidsera gereproduseer is ooreenkomstig die argumente van Fataar en Paterson (2002), naamlik funksionerende en wanfunksionerende skole (sien ook afdeling 4.3). In my studie impliseer hierdie uitgangspunt dat die een blanke skool kenmerke besit van ’n funksionerende skool, en die vier bruin skole as wanfunksionerende skole. ’n Dieper bespreking van elkeen van die twee skooltipes word aangebied, veral in terme van die institusionele kultuur wat bestaan. Tot watter mate beïnvloed die institusionele kultuur van hierdie twee skooltipes waarin onderwysers geposisioneer is, hul implementeringstyle?

141

Die algehele opsommings en ’n analise van hierdie vyf skole het ’n aanduiding aangebied

dat hierdie vyf skole nie juis daarin slaag om K2005 in skole en klaskamer-praktyke te

institusionaliseer nie. Ek gaan twee temas uitwys vir ’n breedvoeriger bespreking

daarvan. Eerstens doen ek opsommings van my skoolobservasies in die vyf skole.

Tweedens identifiseer ek vier verteenwoordigende onderwysers wat ek in my observasie-

steekproef geïdentifiseer het vir semi-gestruktureerde onderhoude. Hierdie onderhoude

moet aan my ’n dieper verstaan kan aanbied waarom hierdie vier onderwysers nie K2005

in hul skole en klaskamers effektief ontvang en implementeer nie.

5.2 ’n Opsomming van skoolobservasies

My opsomming van observasies van hierdie vyftien onderwysers in vyf verskillende

skole, bevestig dat daar sekere patrone van kategorieë uitgewys kon word. Hierdie

kategorie-patrone aan dui op ooreenkomste en verskille tussen die vyf skole, sowel as die

implementeringstyle van die vyftien onderwysers. My opsommings en analise van

observasies, was gedoen ooreenkomstig die analitiese lense van Fataar en Paterson

(2002), Harley en Wedekind (2004) en Piantanida, et al. (2004:327-330). Hierdie

analitiese lense is reeds breedvoerig bespreek in hoofstukke vier (afdeling 4.3) en

hoofstuk drie (afdeling 3.2.3). Van toepassing op my observasie-opsomming, word

noukeurig gefokus op die unieke identiteite waarmee elke onderwyser K2005 in hul skole

geïmplementeer het.

’n Analise van my skoolobservasies in die Overbergstreek, dui aan op ’n duidelike

onderskeid tussen die een blanke-skool (skool ii), in verhouding tot die vier bruinskole

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!