CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

139 duidelik dat die onderwyser voorbereid was. Terwyl leerders met hul taak besig was, het die onderwyser deur die leerders beweeg en diegene wat gesukkel het, gehelp. ‘Rustige agtergrond-musiek’ is in die klas gespeel terwyl die leerders met die opdrag besig was. Gevolglik was die leerders redelik ordelik en rustig in die klas, en het op hul taak gefokus. Die lesaanbieding van dié onderwyser kan geïnterpreteer word as ’n poging om K2005 en ’n UGO-gerigte benadering in haar lesse te volg. Die aanbiedingstyl herinner aan pogings om die kind meer in die lesinhoud te betrek deur middel van ’n ‘aktiwiteit- gesentreerde benadering’. Vervolgens was daar implisiet pogings om ’n kindgesentreerde benadering te probeer bereik. Die opvoeder het voorts probeer om UGO-uitkomstes te bereik, hoewel die uitkomstes ooreenkomstig K2005-beleid en riglyne, nie eksplisiet waargeneem was nie. Tog het leerders hoofsaaklik ’n opdrag gedoen, en het nie vir lang tye na die onderwyser se vertellings of stories geluister nie. In die klaskamer was daar heelwat UGO-materiaal en ander ondersteuningsmateriaal teenwoordig. Met die aanwending van strelende musiek, het hierdie opvoeder daarin geslaag om leerders in die taak wat hulle moes voltooi, te boei. Daar was voorts bewyse dat die opvoeder pogings aanwend om ‘spesifieke uitkomstes’ 12 in haar leerarea met ander leerareas in verband te bring. 12 Spesifieke Uitkomstes is in K2005 gebruik en verwys na die uitkomstes wat onderwysers in elke leerarea moes bereik. Daar was altesaam agt leerareas in die intermediêre en senior fases van skole, en elke leerarea het sy eiesoortige spesifieke uitkomstes gehad. Daar was dus altesaam 66 spesifieke uitkomstes in die agt leerareas.

5.1.5.4 Opsomming 140 Ooreenkomstig die K2005-kriteria van Harley en Wedekind (2004), was daar patrone van verskille en ooreenkomste geproduseer. Die drie onderwysers het nie uitkomstes as die basiese vertrekpunt van hul lesse aangebied nie, hoewel mevrou O pogings aangewend het om uitkomstes te probeer bereik. Met haar aktiwiteit-gesentreerde benadering en breëer repertoire van ondersteuningsmateriaal en ordelike leerders, het mevrou O nader aan ’n UGO-gerigte benadering beweeg, in teenstelling met haar twee kollegas. Beide menere M en N het ’n benadering gevolg wat eerder herinner aan ’n inhoudgerigte benaderinge, sonder enige daadwerklike pogings om uitkomstes met leerders te bereik. Ek kon dus nie hul implementeringstyle as K2005-benaderinge definieer nie. Menere M en N genereer kategorieë van ’n onderwyser-gesentreerde identiteite waarvolgens hulle ten volle in beheer van die leerders was. Mevrou O bied ’n aktiwiteit- gesentreerde benadering aan waarmee sy ietswat meer oorhel na ’n kindgesentreerde benadering. Tog was sy ferm in beheer van haar klas, en die ‘stem’ van leerders word nie eintlik in haar klasse gehoor in terme van deelnemende interaksies tussen opvoeder en leerders nie. Die aanbied van leerarea in hierdie skool was eweseer divers tussen menere M en N aan die een kant, en mevrou O aan die ander kant. Daar was geen verwysing na leerarea- integrasie nie, en die inhoudelike-aanbiedinge herinner eerder aan vakgerigte aanbiedinge. Mevrou O gaan wel verder deur geringe pogings aan te wend om spesifieke uitkomstes in leerareas te integreer.

139

duidelik dat die onderwyser voorbereid was. Terwyl leerders met hul taak besig was, het

die onderwyser deur die leerders beweeg en diegene wat gesukkel het, gehelp. ‘Rustige

agtergrond-musiek’ is in die klas gespeel terwyl die leerders met die opdrag besig was.

Gevolglik was die leerders redelik ordelik en rustig in die klas, en het op hul taak

gefokus.

Die lesaanbieding van dié onderwyser kan geïnterpreteer word as ’n poging om K2005 en

’n UGO-gerigte benadering in haar lesse te volg. Die aanbiedingstyl herinner aan

pogings om die kind meer in die lesinhoud te betrek deur middel van ’n ‘aktiwiteit-

gesentreerde benadering’. Vervolgens was daar implisiet pogings om ’n kindgesentreerde

benadering te probeer bereik. Die opvoeder het voorts probeer om UGO-uitkomstes te

bereik, hoewel die uitkomstes ooreenkomstig K2005-beleid en riglyne, nie eksplisiet

waargeneem was nie. Tog het leerders hoofsaaklik ’n opdrag gedoen, en het nie vir lang

tye na die onderwyser se vertellings of stories geluister nie. In die klaskamer was daar

heelwat UGO-materiaal en ander ondersteuningsmateriaal teenwoordig. Met die

aanwending van strelende musiek, het hierdie opvoeder daarin geslaag om leerders in die

taak wat hulle moes voltooi, te boei. Daar was voorts bewyse dat die opvoeder pogings

aanwend om ‘spesifieke uitkomstes’ 12 in haar leerarea met ander leerareas in verband te

bring.

12 Spesifieke Uitkomstes is in K2005 gebruik en verwys na die uitkomstes wat onderwysers in elke

leerarea moes bereik. Daar was altesaam agt leerareas in die intermediêre en senior fases van skole, en elke

leerarea het sy eiesoortige spesifieke uitkomstes gehad. Daar was dus altesaam 66 spesifieke uitkomstes in

die agt leerareas.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!