CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

5.1.5.2 Meneer N 137 Meneer N het vir my onderrig aangebied aan graad ses klasse in die ‘leerareas’ Wiskunde en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Die onderwyser het ’n les aangebied wat kenmerke vertoon van ’n beplande lesaanbieding wat mondelings met behulp van die skryfbord verduidelik word. In sy klas was heelwat leerders taamlik onordelik, maar tog het die onderwyser tydens sy interaksie met leerders, baie geduld met die leerders gemanifesteer. Daar was leerders wat leeswerk gedoen het en moeilik lees, sodat leesprobleme by hierdie leerders bestaan. Die onderwyser het aan my genoem van kinders wat alkohol sindroom kinders is, en daar was ’n toename van sulke kinders in die skool, wat die onderrig aan leerders bemoeilik. Voorts het daar volgens dié onderwyser geweldige armoede in die gemeenskap bestaan. Meer as die helfte van die kinders beleef armoede of semi- armoede, en baie kinders lewe onder moeilike omstandighede. Die omstandighede help met die agteruitgang van dissipline in die skool. Van die leerders het nie die werkopdrag van die onderwysers uitgevoer nie. Die opvoeder het deur die klaskamer beweeg en sommige leerders wat probleme het met hul opdragte, gehelp, terwyl die meeste leerders met hul opdragte besig was. In die klas het ek voorts waargeneem hoedat daar ’n tekort aan onderrig en leermateriaal, portefeuljes vir leerders, prente of ander stimulering in die klasse, of beleidstukke in die klaskamer bestaan het. Ek aanvaar dat hierdie tekorte die implementering van K2005 in hierdie klaskamer negatief sal affekteer. Voorts was die klaskamer nie in ’n netjiese toestand nie.

138 Die onderwyser het daarna antwoorde op die bord aangebied in terme van die opdrag wat hy gegee het. Die ‘eienskappe van ’n entrepreneur’ was op die skryfbord neergeskryf. Deurentyd was die onderwyser baie ywerig en entoesiasties in die aanbieding van sy leerarea (of vak). Hy het baie geduld met die leerders gehad. Die onderwyser het selfs geduld gehad met leerders wat hulself swak gedra het. Die onderwyser het dan die eienskappe van ’n goeie entrepreneur aan die hele klas verduidelik, met woorde soos: “selfvertroue, ordelik, spontaan, oplettend en ander eienskappe”. Die opvoeder se verduidelikings het later oorgegaan tot vertellings, wat vir ’n lang tyd (ongeveer vyftien tot twintig minute) aangebied is. Van die leerders het verveeld geword. Min bewyse van UGO-riglyne was waargeneem. Daar was wel ‘vernuwing’ in die beplanningslêer van die opvoeder. Die werkinhoud in die ‘skryfboeke’ wat leerders gebruik het, herinner egter aan ’n tradisionele inhoudsgefundeerde benadering tot onderrig. 5.1.5.3 Mevrou O Mevrou O het ’n Engelse les vir ’n graad sewe klas aangebied, terwyl die klas redelik ordelik was. Dit is dieselfde klas waarin meneer J ook onderrig aangebied het, maar toe was dieselfde klas redelik onordelik. Die tema van die onderwyser aan die leerders was: ‘Me and my music’ en ‘My favourite songs are…’ Die leerders was absoluut stil en geboei deur die aanbieding van dié onderwyser. Die onderwyser het vrae aan die leerders gestel, en die leerders moes antwoord. Dan word leerders ’n taak aangebied. Die taak wat die onderwyser aangebied het, was ‘idiome’ en ’n ‘luister toets’. Die onderwyser het dan agtergrond musiek vir die leerders gespeel, terwyl hulle in stilte besig was. Dit was

5.1.5.2 Meneer N

137

Meneer N het vir my onderrig aangebied aan graad ses klasse in die ‘leerareas’

Wiskunde en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Die onderwyser het ’n les

aangebied wat kenmerke vertoon van ’n beplande lesaanbieding wat mondelings met

behulp van die skryfbord verduidelik word. In sy klas was heelwat leerders taamlik

onordelik, maar tog het die onderwyser tydens sy interaksie met leerders, baie geduld met

die leerders gemanifesteer. Daar was leerders wat leeswerk gedoen het en moeilik lees,

sodat leesprobleme by hierdie leerders bestaan.

Die onderwyser het aan my genoem van kinders wat alkohol sindroom kinders is, en

daar was ’n toename van sulke kinders in die skool, wat die onderrig aan leerders

bemoeilik. Voorts het daar volgens dié onderwyser geweldige armoede in die

gemeenskap bestaan. Meer as die helfte van die kinders beleef armoede of semi-

armoede, en baie kinders lewe onder moeilike omstandighede. Die omstandighede help

met die agteruitgang van dissipline in die skool.

Van die leerders het nie die werkopdrag van die onderwysers uitgevoer nie. Die

opvoeder het deur die klaskamer beweeg en sommige leerders wat probleme het met hul

opdragte, gehelp, terwyl die meeste leerders met hul opdragte besig was. In die klas het

ek voorts waargeneem hoedat daar ’n tekort aan onderrig en leermateriaal, portefeuljes

vir leerders, prente of ander stimulering in die klasse, of beleidstukke in die klaskamer

bestaan het. Ek aanvaar dat hierdie tekorte die implementering van K2005 in hierdie

klaskamer negatief sal affekteer. Voorts was die klaskamer nie in ’n netjiese toestand nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!