CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

135 ontvang my vriendelik in sy kantoor en verwys my na een van die senior onderwysers van die skool. Hierdie senior onderwyser tree op as die ‘kontak-onderwyser’ (sien voetnota nommer 8). Die kontak-onderwyser nooi my na die bronne-sentrum van die skool, en ontbied een van die graad sewe-onderwysers. Ek ontmoet die graad sewe- onderwyser in die bronne-sentrum van die skool, bekend as meneer M. Ek en meneer M was daarvandaan saam na sy klaskamer. 5.1.5.1 Meneer M Die onderrigstyl van meneer M het herinner aan ’n tradisionele gefundeerde onderrigstyl. Gepaardgaande daarmee was die onderwyser taamlik onseker in sy aanbieding. Ter versagting kan genoem word dat daar die vorige Vrydag ’n funksie by die skool was, en boonop was my besoek aan die onderwyser volgens hom onverwags. Tydens die lesaanbieding was die leerders taamlik luidrugtig. Die onderwerp wat die onderwyser aanbied, was ‘antonieme’, wat in die ‘leerarea’ Primêre Taal (Afrikaans) aangebied was. Een van die leerders het hardop uitgeskree: “Jy is vervelig”. Die onderwyser het hierdie leerder geïgnoreer en met sy lesaanbiedinge voortgegaan. Die onderwyser het sy Afrikaanse les aangebied deur sinne op die skryfbord neer te skryf. Leerders moes dan die sinne in hul ‘skryfboeke’ neerskryf waarvolgens die onderstreepte woord met ’n antoniem vervang moet word. ’n Voorbeeld daarvan was: “Duiwe drink graag helder water”. Leerders moes dan die sin oorskryf waarvolgens helder met ’n antoniem vervang moet word. Hierdie aanbiedingstyl het vir my herinner aan inhoudsgebaseerde onderrig. Die leerkrag het op ’n soortgelyke ‘tradisionalistiese’

136 manier sy lesse in die leerarea Sosiale Wetenskappe, in ’n ander klaskamer aangebied. ’n Wêreldkaart is op die skryfbord geteken, terwyl die onderwyser sy rug na die leerders vir lang tye gedraai het. Die leerders was lawaaierig en gesels oor ‘alledaagse dinge’, soos wat die naweek of vorige dag in hul gemeenskappe of huise gebeur het. Van die leerders was redelik sarkasties met mekaar en sou mekaar in die teenwoordigheid van die onderwyser bespot. Van die leerders kon beskryf word as ‘ongemanierd’. Daar was van die leerders wat ‘ander’ leerders probeer stilmaak het. Tog was daar ’n klein groep leerders wat die werk van die onderwyser vanaf die skryfbord in stilte neergeskryf het. Ek het hierdie les uitgedruk as ’n ‘onbeplande, informele les’. Na afloop van die les, het die onderwyser aan my genoem van bende-invloede in die gemeenskap, en dat daar kinders in die skool is wat aan bendes behoort. Daar was ’n tyd toe bendes in die skool met bendes buite die skool ten nouste saamgewerk het om hom aan te rand. Hy het ook baie dreigemente van bendes ontvang. Dit is vir my duidelik dat hierdie onderwyser vrees bendegeweld en vermy konfrontasies met leerders sover as moontlik. Toevallig was dié onderwyser ook nie ’n oorsponklike inwoner van die dorp nie. Tog was die onvoorbereide lesse wat die onderwyser vir ongeveer twee dae vir my aangebied het, nie juis die gevolg van bendes nie. Daar was min UGO-benaderinge in die lesstyl en inhoude van aanbieding waargeneem. Ek kon wel pogings van ‘UGO-inhoude en riglyne’ in die ‘beplanningslêer’ waarneem.

135

ontvang my vriendelik in sy kantoor en verwys my na een van die senior onderwysers

van die skool. Hierdie senior onderwyser tree op as die ‘kontak-onderwyser’ (sien

voetnota nommer 8). Die kontak-onderwyser nooi my na die bronne-sentrum van die

skool, en ontbied een van die graad sewe-onderwysers. Ek ontmoet die graad sewe-

onderwyser in die bronne-sentrum van die skool, bekend as meneer M. Ek en meneer M

was daarvandaan saam na sy klaskamer.

5.1.5.1 Meneer M

Die onderrigstyl van meneer M het herinner aan ’n tradisionele gefundeerde onderrigstyl.

Gepaardgaande daarmee was die onderwyser taamlik onseker in sy aanbieding. Ter

versagting kan genoem word dat daar die vorige Vrydag ’n funksie by die skool was, en

boonop was my besoek aan die onderwyser volgens hom onverwags. Tydens die

lesaanbieding was die leerders taamlik luidrugtig. Die onderwerp wat die onderwyser

aanbied, was ‘antonieme’, wat in die ‘leerarea’ Primêre Taal (Afrikaans) aangebied was.

Een van die leerders het hardop uitgeskree: “Jy is vervelig”. Die onderwyser het hierdie

leerder geïgnoreer en met sy lesaanbiedinge voortgegaan.

Die onderwyser het sy Afrikaanse les aangebied deur sinne op die skryfbord neer te skryf.

Leerders moes dan die sinne in hul ‘skryfboeke’ neerskryf waarvolgens die onderstreepte

woord met ’n antoniem vervang moet word. ’n Voorbeeld daarvan was: “Duiwe drink

graag helder water”. Leerders moes dan die sin oorskryf waarvolgens helder met ’n

antoniem vervang moet word. Hierdie aanbiedingstyl het vir my herinner aan

inhoudsgebaseerde onderrig. Die leerkrag het op ’n soortgelyke ‘tradisionalistiese’

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!