CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

131 die woorde. Die aanbiedingstyl was taamlik tradisioneel 11 in terme van Aardrykskunde- inhoude en metode van aanbieding. Deurdat die onderwyser nie daaglikse lesbeplanning aan my kon voorsien nie, was die aanbieding en doel daarvan vir my nie duidelik nie. Dié onderwyser noem dat almal in die klas moet saamstem met die identifikasie van ’n land of sy hoofstad op die kaart. Dit gee aan my die idée dat die onderwyser nie bereid was om self die antwoord wat hy vra op te soek nie, vandaar hierdie versoek. Min bewyse van ’n UGO-benadering was in sy lesaanbieding gedemonstreer. 5.1.4.3 Mevrou L Die onderrigstyl van mevrou L kon ek nie waarneem nie, aangesien die juffrou besoeke ontvang het van die vakadviseur en die Kringbestuurder van die streek. Gevolglik het mevrou L haar lêers aan my voorgelê en ons het oor die algemeen oor haar onderrigstyl gepraat. Die beplanningslêers van mevrou L was egter baie netjies gedoen, en ook haar opvoeder lêers. Ek het dus my tyd benut om met mevrou L te gesels oor haar werkswyse in die klaskamer of in die skool. Daar was wel ’n vorm van interaksie tussen mevrou L en die leerders, waar sy deurentyd luidrugtig op die leerders gegil het om stil te bly. Die leerders sou vir ’n rukkie stilte handhaaf, en dan weer ’n lawaai maak. So het die interaksie tussen opvoeder en leerders ’n patroon gevolg. Die juffrou het aan my meegedeel dat sy sielkundige behandeling ontvang het as gevolg van druk programme in die skool, en dat sy nie kon byhou nie. Veral die skool se intervensie-programme kon sy nie verstaan nie. Voorts was daar klagtes oor die baie 11 ’n Tradisionele aanbieding word hier gassosieer met ’n inhoudgefundeerde kurrikula soos dit in die apartheidsera van Suid-Afrika in werking was.

132 konflikte en onenigheid tussen die personeel onderling, asook tussen die personeel en beheerliggaam, en personeel en OBOS-amptenare. Die volgende dag het die juffrou in trane aan my vertel hoedat die vakadviseur haar en graad vyf kollegas van die skool uitgetrap het in die teenwoordigheid van die Kringbestuurder en ander ‘senior onderwysers’. Die algemene gevoel van die ander juffrouens was ewe eens die van baie hartseer en diep ongelukkigheid oor die behandeling wat hulle in die skool van sekere seniors en sommige OBOS-amptenare ontvang het. My opsomming hiervan was dat daar in hierdie skool diep verdeeldheid bestaan het, en dat die betrokke OBOS-amptenare hierdie konflikte met ondeurdagte optrede vererger het, in plaas daarvan om verligting aan te bring. 5.1.4.4 Opsomming In hierdie skool het my waarnemings, kategorieë van konflikte gegenereer wat die effektiewe fuksionering van die skool verlam het. Hierdie konflikte strek oor ’n taamlike breë terrein in en buite die skool. Daar was byvoorbeeld die konflikte tussen prinsipaal en beheerliggaam, die prinsipaal en onderwysers, onderwysers en enkele OBOS- amptenare, onderwysers en beheerliggaam, onderwysers en prinsipaal, en onderlinge konflikte tussen onderwysers. Hierdie konflikte het die fokus op die hooftaak van onderwysers, verdraai. Die aanbiedingstyle van menere J en K herinner aan inhoudsgefundeerde onderrig, hoewel daar wel uitkomgerigte beleidstukke in die opvoeder portefeuljes en beplanningslêer ingefasseer was. Ek kon geen verband insien tussen die uitkomsgerigte

131

die woorde. Die aanbiedingstyl was taamlik tradisioneel 11 in terme van Aardrykskunde-

inhoude en metode van aanbieding. Deurdat die onderwyser nie daaglikse lesbeplanning

aan my kon voorsien nie, was die aanbieding en doel daarvan vir my nie duidelik nie.

Dié onderwyser noem dat almal in die klas moet saamstem met die identifikasie van ’n

land of sy hoofstad op die kaart. Dit gee aan my die idée dat die onderwyser nie bereid

was om self die antwoord wat hy vra op te soek nie, vandaar hierdie versoek. Min

bewyse van ’n UGO-benadering was in sy lesaanbieding gedemonstreer.

5.1.4.3 Mevrou L

Die onderrigstyl van mevrou L kon ek nie waarneem nie, aangesien die juffrou besoeke

ontvang het van die vakadviseur en die Kringbestuurder van die streek. Gevolglik het

mevrou L haar lêers aan my voorgelê en ons het oor die algemeen oor haar onderrigstyl

gepraat. Die beplanningslêers van mevrou L was egter baie netjies gedoen, en ook haar

opvoeder lêers. Ek het dus my tyd benut om met mevrou L te gesels oor haar werkswyse

in die klaskamer of in die skool. Daar was wel ’n vorm van interaksie tussen mevrou L

en die leerders, waar sy deurentyd luidrugtig op die leerders gegil het om stil te bly. Die

leerders sou vir ’n rukkie stilte handhaaf, en dan weer ’n lawaai maak. So het die

interaksie tussen opvoeder en leerders ’n patroon gevolg.

Die juffrou het aan my meegedeel dat sy sielkundige behandeling ontvang het as gevolg

van druk programme in die skool, en dat sy nie kon byhou nie. Veral die skool se

intervensie-programme kon sy nie verstaan nie. Voorts was daar klagtes oor die baie

11 ’n Tradisionele aanbieding word hier gassosieer met ’n inhoudgefundeerde kurrikula soos dit in die

apartheidsera van Suid-Afrika in werking was.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!