CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

127 die inligting (leerinhoud, konsepte, definisies) verstaan. Daarna het leerders ’n opdrag gekry wat hulle moes voltooi. Terwyl graad vyf besig was, het die leerkrag lesse aan graad vier aangebied en behoeftes in die leerarea ‘Ekonomiese en Bestuurwetenskappe’. Weer eens was dieselfde prosesse van lesaanbiedinge gevolg, maar hier was nie slegs inligting oorgedra nie, maar ook positiewe waardes. Min bewyse van K2005- implementering was waargeneem. Daar het wel bewyse bestaan van UGO-inhoude en riglyne wat in die opvoeder en leerder- portefeulje ingebring is. 5.1.3.4 Opsomming In hierdie skool was daar ’n begeerte en gewilligheid om K2005 te implementeer, maar daar is in hul implementeringstyle min bewyse wat aandui dat hierdie pogings suksesvol was. Ooreenkomstig die kriteria van Harley en Wedekind (2005), het nie een van hierdie drie onderwysers ’n uitkomsgerigte, leerdergesentreerde en leerarea-gesentreerde benadering geïmplementeer nie. Daar was wel geringe pogings aangewend om K2005 te implementeer. Meneer G maak wel gebruik van groepwerk in sy les oor Natuurwetenskappe. Hy het egter tematiese inhoude soos ‘woestyne en tropiese woude’ aangebied, sonder enige bewyse van uitkomstes wat leerders moet bereik. ’n Vraag soos: “Wat is die hoofkenmerke van ’n woestyn?”, word in isolasie van die oorkoepelende tema gestel, en weer eens word die verband met uitkomstes wat leerders moet bereik, nie aangedui nie. Dieselfde kan gesê word met die ‘heelklas-benadering’ van meneer I, in terme van: “Jy moet jouself aanvaar soos jy is” (graad ses), of “ Wat is die kenmerke van ’n mens (graad

128 vier)”? Die ‘leerarea-inhoude’ word nie in verband gebring met uitkomstes wat leerders moet bereik nie, of ek kon nie bewyse daarvan vind nie. So het ook meneer H in sy leesles nie enige verband aangedui met uitkomstes wat leerders moet bereik nie. Gevolglik herinner die aanbiedingstyle en implementerings-identiteite van die drie onderwysers eerder aan ’n inhoudsgerigte benadering. Die aanbiedingstyl van die drie onderwysers produseer voorts kategorieë van ’n onderwyser-gedominerende identiteite. Die drie onderwysers domineer die lesaanbiedinge en is ten volle in beheer van hul klasse, met leerders aan wie hoofsaaklik ‘passiewe en gehoorsame deelname’ vereis word. In die klas van meneer I was die leerders redelik spontaan en ywerig om deel te neem aan die lesse, maar die lesaanbieding word absoluut deur die onderwyser beheer. In die klasse van menere G en H is die leerders minder spontaan en ‘stil’. Min leerder-aktiwiteite was in die klasse van die drie onderwysers waargeneem. Selfs die groepgerigte benadering van meneer G aan graad sewe leerders, bevat min bewyse van leerder-deelname aan die beplanning van lesinhoude. Eweseer was min bewyse opgelewer van ’n leerarea-integrasie, en die gefragmenteerde aanbieding van ‘leerareas’ herinner eerder aan ’n vakgerigte benadering. 5.1.4 Skool iv Die skool is ’n groot werklersklas bruin skool met heelwat swart en landelike leerders in die skool. Die skool is aan die voorkant in ’n netjiese toestand, terwyl daar gewerk word aan ’n sportveld aan die agterkant van die skool. Hierdie skool is bekend as ’n loodskool van die ‘Onderwysbestuur en Ontwikkelingspan’ in die Worcesterstreek, meer

128

vier)”? Die ‘leerarea-inhoude’ word nie in verband gebring met uitkomstes wat leerders

moet bereik nie, of ek kon nie bewyse daarvan vind nie. So het ook meneer H in sy

leesles nie enige verband aangedui met uitkomstes wat leerders moet bereik nie.

Gevolglik herinner die aanbiedingstyle en implementerings-identiteite van die drie

onderwysers eerder aan ’n inhoudsgerigte benadering.

Die aanbiedingstyl van die drie onderwysers produseer voorts kategorieë van ’n

onderwyser-gedominerende identiteite. Die drie onderwysers domineer die

lesaanbiedinge en is ten volle in beheer van hul klasse, met leerders aan wie hoofsaaklik

‘passiewe en gehoorsame deelname’ vereis word. In die klas van meneer I was die

leerders redelik spontaan en ywerig om deel te neem aan die lesse, maar die

lesaanbieding word absoluut deur die onderwyser beheer. In die klasse van menere G en

H is die leerders minder spontaan en ‘stil’. Min leerder-aktiwiteite was in die klasse van

die drie onderwysers waargeneem. Selfs die groepgerigte benadering van meneer G aan

graad sewe leerders, bevat min bewyse van leerder-deelname aan die beplanning van

lesinhoude. Eweseer was min bewyse opgelewer van ’n leerarea-integrasie, en die

gefragmenteerde aanbieding van ‘leerareas’ herinner eerder aan ’n vakgerigte benadering.

5.1.4 Skool iv

Die skool is ’n groot werklersklas bruin skool met heelwat swart en landelike leerders in

die skool. Die skool is aan die voorkant in ’n netjiese toestand, terwyl daar gewerk word

aan ’n sportveld aan die agterkant van die skool. Hierdie skool is bekend as ’n loodskool

van die ‘Onderwysbestuur en Ontwikkelingspan’ in die Worcesterstreek, meer

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!