CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

5.1.3 Skool iii 123 Hierdie skool is geleë in ’n bekende kusdorpie in die Overberg. Die skool word bygewoon deur oorwegend werkersklas bruin leerders. Ek sal die dorpie beskryf as ’n rustige omgewing met ’n skool wat beskik oor ’n goeie infra-struktuur en netjiese geboue. Die prinsipaal ontvang my baie vriendelik in sy kantoor, en neem my daarna na die ‘kontak-onderwyser’ (sien voetnota nommer 8). In hierdie skool het die prinsipaal en onderwysers baie moeite gedoen om my tuis te laat voel. 5.1.3.1 Meneer G Meneer G varieer sy lesaanbieding met verskillende onderrigtegnieke van aanbieding. Ek kon onderskei tussen ’n beplande, heelklas ‘onderrig-benadering’, met mondelinge mededeling as ’n aanbiedingstegniek. Hierdie benadering word afgewissel met ‘kleiner groepwerk’ as ’n aanbiedingstegniek. Die Wiskunde en Afrikaans Primêr Taal was aangebied op die basis van ’n ‘heelklas-benadering’. Die Wiskunde les was aangebied deur middel van vraagstelling, die uitwerk en verduideliking van somme op die skryfbord. Leerders was gevra om met ’n pen en papier deel te neem aan die uitwerk van antwoorde. ’n Voorbeeld hiervan was waar leerders deurentyd gevra word om die stappe (of werk) in hul ‘koppe te kry’. Die onderwyser bekemtoon die stappe wat leerders moet volg om by hul antwoorde uit te kom. Daarna moes leerders hul antwoorde toets. Voorbeelde is: “6x6=…; 10x10x10=…; 216+36=...” Die somme was met spoed aangebied en leerders is gevra

124 om vinnig en met spoed te werk, redeneer, hoofberekeninge te doen en dan is die antwoord volgens die onderwyser maar net ’n ‘formaliteit’. Die antwoord kan dan getoets word, soos deur ’n optelmasjientjie te gebruik. Die Afrikaanse les was met behulp van die Oorhoofse Projektor (OHP) aangebied. Die aanbieding het bestaan uit sinne wat op die OHP-skerm aangebied is, waarvan antwoorde ontbreek. Die leerders moet dan die ontbrekende antwoorde verbaal vir die onderwyser kan aanbied. Hierdie opdrag moes leerders die vorige dag gedoen het, en dus was dit van leerders verwag om slegs antwoorde aan te bied. Meneer G het die Natuurwetenskaplike leerarea en Geskiedenis (leerarea:Sosiale Wetenskappe) aangebied deur middel van groepwerk. In die Wetenskap les was groepwerk soos volg aangebied. Die leerders was in ses groepe ingedeel. Aan elke groep was pakkette uitgedeel wat die onderwyser noem ‘n ‘naslaan pakket’. Daar was ses uiteenlopende ‘naslaan pakette’, soos byvoorbeeld ‘woestyne en tropiese woude’. In die pakket was daar ’n stel vrae wat aan elke groep voorsien is, soos byvoorbeeld: “Wat is die hoofkenmerke van ’n woestyn?”. Leerders het ’n redelike tyd gekry om aan hierdie opdrag te werk. Binne elke groep was ’n leier deur die groep self gekies, wat ‘antwoorde’ moes neerskryf. Soos die groep werk, het die onderwyser deur groepe beweeg en punte vir indiwiduele leer-deelname aan leerders voorsien. Terselfdertyd het die opvoeder ook ondersteuning vir groepe aangebied. In ’n Geskiedenis les het leerders ’n ‘ensiklopedie’ (opvoeder se konsep) ontvang. Die leerders het dan in groepe aan ’n eenvormige opdrag gewerk wat hulle in die klaskamer moes voltooi. In hierdie lesse was min praktiese bewyse waargeneem van ’n K2005-

124

om vinnig en met spoed te werk, redeneer, hoofberekeninge te doen en dan is die

antwoord volgens die onderwyser maar net ’n ‘formaliteit’. Die antwoord kan dan

getoets word, soos deur ’n optelmasjientjie te gebruik. Die Afrikaanse les was met

behulp van die Oorhoofse Projektor (OHP) aangebied. Die aanbieding het bestaan uit

sinne wat op die OHP-skerm aangebied is, waarvan antwoorde ontbreek. Die leerders

moet dan die ontbrekende antwoorde verbaal vir die onderwyser kan aanbied. Hierdie

opdrag moes leerders die vorige dag gedoen het, en dus was dit van leerders verwag om

slegs antwoorde aan te bied.

Meneer G het die Natuurwetenskaplike leerarea en Geskiedenis (leerarea:Sosiale

Wetenskappe) aangebied deur middel van groepwerk. In die Wetenskap les was

groepwerk soos volg aangebied. Die leerders was in ses groepe ingedeel. Aan elke groep

was pakkette uitgedeel wat die onderwyser noem ‘n ‘naslaan pakket’. Daar was ses

uiteenlopende ‘naslaan pakette’, soos byvoorbeeld ‘woestyne en tropiese woude’. In die

pakket was daar ’n stel vrae wat aan elke groep voorsien is, soos byvoorbeeld: “Wat is

die hoofkenmerke van ’n woestyn?”. Leerders het ’n redelike tyd gekry om aan hierdie

opdrag te werk. Binne elke groep was ’n leier deur die groep self gekies, wat

‘antwoorde’ moes neerskryf. Soos die groep werk, het die onderwyser deur groepe

beweeg en punte vir indiwiduele leer-deelname aan leerders voorsien. Terselfdertyd het

die opvoeder ook ondersteuning vir groepe aangebied.

In ’n Geskiedenis les het leerders ’n ‘ensiklopedie’ (opvoeder se konsep) ontvang. Die

leerders het dan in groepe aan ’n eenvormige opdrag gewerk wat hulle in die klaskamer

moes voltooi. In hierdie lesse was min praktiese bewyse waargeneem van ’n K2005-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!