CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

105 K2005 as ’n politieke projek in realiteite van skoolkontekste van post-apartheid Suid- Afrika ingefaseer is. Sodoende is ‘ander’ resultate opgelewer aswat die oorsponklike bedoeling van dié beleid was. Ook skole en onderwysers het op verskillende maniere op K2005 gerespondeer. Daar word aangedui dat die gesofistikeerdheid van die nuwe K2005-beleid die gaping tussen histories bevoordeelde en histories benadeelde skole verdiep het. Voormalige blanke model C-skole is meer geneig om K2005 met gemak te implementeer weens beter bronne wat beskikbaar is. Daarteenoor benadeel die gebrek aan bronne die histories benadeelde skoolsektore in post-apartheid Suid-Afrika. Hierdie verskille in die klaskamer-praktyke gaan ek verder demonstreer in verhouding met die Overbergse konteks. 4.3.2.1 K2005-implementering in histories bevoorregte klaskamer-praktyke K2005 word beskryf as ’n kurrikulum kontinuïteit in die histories bevoorregte sektor met verwysing na blanke skole (Harley & Wedekind, 2004:208-210). Hiervolgens was K2005 in hierdie skole ingefasseer met langstaande praktyke van funksionerende klaskamers wat die norm was. Naderliggende studies dui aan dat die ontwerp van nuwe kurrikulum bedoel was vir ’n besondere opvoeder en skool in gedagte, wat hoofsaaklik gevind word in voormalige blanke model C-skole. So byvoorbeeld behels K2005- leerders dat die pas van lesse sensitief moet wees vir leerder-vordering. In voormalige swart skole impliseer dit wag totdat alle leerders voltooi het. In die voormalige model C- skole was daar egter ’n sterk gedifferensieerde pedagogiese verloop. Dit sou impliseer dat stappe geneem was om alle leerders te neem tot die bereiking van uitkomstes op ’n

106 geïndiwidualiserende wyse. In my observasies in sekere skole van die Overberg, kon ek materiële verskille waarneem tussen blanke en bruin skole. Harley en Wedekind (2004:209) bevind dat effektiewe leer plaasvind in skole waar leerders aktief betrokke in die leerproses is. Hierdie vorm van self-leer behels dat leerders geleer word om self te ontdek, vrae te stel, probleme op te los, betrokke is in gedifferensieerde leer-ervaring wat gefundeer is op hul belange, ervaring, behoeftes en vlakke van kognitiewe ontwikkeling, of waar die leeromgewing stimulerend is. Hierdie eienskappe is tot ’n hoë mate teenwoordig in van die klaskamers van blanke opvoeders waar ek waarnemings gedoen het. Leerders het in sommige klasse hul persoonlike ervaring met die onderwyser en mede leerders meegedeel en is toegelaat om dit mee te deel, het deelgeneem aan gespreke, heelwat vrae was gestel, lesse was afgewissel, indiwiduele projekte was aangebied en van die leerders was toegelaat om vrae te stel. Die pedagogiese en leeromgewing van die klaskamers was dus stimulerend tot onderrig en leer. Beide onderwysers en leerders het gefokus op onderrig en leer. 4.3.2.2 K2005-implementering in histories benadeelde klaskamer-praktyke In navorsing oor onderwyser-identiteite is bevind dat ongeag ’n verbintenis tot K2005 as ’n politieke projek, het onderwysers en hul pedagogie nie tot sy reg gekom in die histories- benadeelde skoolsektor nie (Harley & Wedekind, 2004:210-211). Onderwysers het ‘verdwyn’ sodra hulle moes optree as fassiliteerders, of waar onderrig en inhoude vervang moes word met leer en bekwaamhede. Dit was ’n fout om te dink dat

105

K2005 as ’n politieke projek in realiteite van skoolkontekste van post-apartheid Suid-

Afrika ingefaseer is. Sodoende is ‘ander’ resultate opgelewer aswat die oorsponklike

bedoeling van dié beleid was. Ook skole en onderwysers het op verskillende maniere op

K2005 gerespondeer. Daar word aangedui dat die gesofistikeerdheid van die nuwe

K2005-beleid die gaping tussen histories bevoordeelde en histories benadeelde skole

verdiep het. Voormalige blanke model C-skole is meer geneig om K2005 met gemak te

implementeer weens beter bronne wat beskikbaar is. Daarteenoor benadeel die gebrek

aan bronne die histories benadeelde skoolsektore in post-apartheid Suid-Afrika. Hierdie

verskille in die klaskamer-praktyke gaan ek verder demonstreer in verhouding met die

Overbergse konteks.

4.3.2.1 K2005-implementering in histories bevoorregte klaskamer-praktyke

K2005 word beskryf as ’n kurrikulum kontinuïteit in die histories bevoorregte sektor met

verwysing na blanke skole (Harley & Wedekind, 2004:208-210). Hiervolgens was

K2005 in hierdie skole ingefasseer met langstaande praktyke van funksionerende

klaskamers wat die norm was. Naderliggende studies dui aan dat die ontwerp van nuwe

kurrikulum bedoel was vir ’n besondere opvoeder en skool in gedagte, wat hoofsaaklik

gevind word in voormalige blanke model C-skole. So byvoorbeeld behels K2005-

leerders dat die pas van lesse sensitief moet wees vir leerder-vordering. In voormalige

swart skole impliseer dit wag totdat alle leerders voltooi het. In die voormalige model C-

skole was daar egter ’n sterk gedifferensieerde pedagogiese verloop. Dit sou impliseer

dat stappe geneem was om alle leerders te neem tot die bereiking van uitkomstes op ’n

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!