CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

101 prinsipaal omdat hy nie sigbaar in die skool is om orde en dissipline te handhaaf nie. ’n Ander onderwyserres vertel van haar gebrek aan tyd en die beperkinge op haar sosiale lewe weens die baie administrasie en eise van die nuwe kurrikulum. Nog ’n onderwyserres praat met groot lof van die adjunk-prinsipaal van die skool, om kort daarna aan my mee te deel dat hy ly aan ’n ‘klein mannetjie sindroom’. Blykbaar was feitlik alle onderwysers in hierdie skool nie juis ywerig om probleme in hul skool aan my as ’n tipe ‘buitestander’ mee te deel nie. Sommige onderwysers sal meer gemaklik voel om positiewe aspekte in hul skool uit te lig. 4.3.1.2 Wanfunksionerende bruin skole Wanfunksionele skole word gekenmerk deur ’n gebrek aan ’n kultuur van leer en onderrig (Fataar & Paterson, 2002:17). Hierdie tipe skole is meestal aanwesig in nie- blanke werkersklas-skole van Suid-Afrika. Daar is die impak van jeug en bende sub- kulture op hierdie skole in die onmiddellike eksterne omgewing, wat die aandag aflei van die primêre funksie van die skool as ’n leerinstelling. Hierdie skole konfronteer onderwysers om betrokke te wees met leerder-welsyn soos dit met sosio-ekonomiese omstandighede of ontwrigte gesinstrukture in hierdie gemeenskappe verband hou. Deur ’n kombinasie van histories benadeling, en die impak van werkersklas en jeugkulture, is onderwysers in wanfunksionele skole opgeneem in ’n daaglikse greep van oorlewing. In die vier Overbergse skole waar ek waarnemings gedoen het, is heelwat van hierdie beskrywings in Fataar & Paterson (2002:17) van toepassing op hierdie skole. Klagtes in hierdie gemeenskappe wissel van bende-invloede op skoolkinders, die armoede-siklus,

102 werkloosheid, tiener-swangerskappe, dwelm en alkohol-misbruike, lae geletterdheidsvlakke van ouers, enkel ouers, mans wat hul vaderlike pligte verwaarloos, behuisingstekorte en heelwat ander klagtes. Hierdie faktore werk negatief in op skole. Klagtes word in hierdie verband geopper dat ouers nie skoolgelde betaal nie, ongeletterde ouers wat hul primêre opvoeding van kinders tuis verwaarloos, die lae geletterdheidsvlakke van die beheerliggame wat onderwysers nie kan ondersteun nie, ouers wat nie belangstel in die welsyn en formele opvoeding van hul kinders nie, alkoholsindroom kinders, en ander klagtes. Heelwat onderwysers is taamlik gefrustreerd oor hierdie ‘negatiewe invloede’ vanuit hul gemeenskappe op skole, en weet nie hoe om hierdie tendense te hanteer nie. Die gevoel van heelwat onderwysers is dat K2005 en UGO nie gunstig onder hierdie omstandighede geïmplementeer kan word nie. Ten aansien van hierdie skole, beaam Fataar en Paterson (2002:17) dat onderwysers vasgevang is in ’n daaglikse greep van oorlewing. Die skooletos van wanfunksionerende skole word vir onderwysers belemmer deur ’n apatiese gesindhede van leerders in hierdie skole (Fataar & Paterson, 2002:17). Wat hierdie apatiese ingesteldheid stimmuleer, is leerder blootstelling aan jeug subkulture, ’n gebrek aan onderwys-ondersteunende strukture, sowel as sport en fassiliteite. Dan was daar ook die hoë vlakke van werkloosheid en negatiewe persepsies oor toekomstige moontlikhede vir werk. Die waarde van ’n skool om toekomstige werk aan leerders te verseker, was besonder laag. Gevolglik was hierdie negatiewe oriëntasies in die klaskamer ingedra. Die gebrek aan motivering van leerders, kan maklik aanleiding gee tot ontwrigte gedrag, wat negatief op hul leer kan impakteer. Heelwat van hierdie

101

prinsipaal omdat hy nie sigbaar in die skool is om orde en dissipline te handhaaf nie. ’n

Ander onderwyserres vertel van haar gebrek aan tyd en die beperkinge op haar sosiale

lewe weens die baie administrasie en eise van die nuwe kurrikulum. Nog ’n

onderwyserres praat met groot lof van die adjunk-prinsipaal van die skool, om kort

daarna aan my mee te deel dat hy ly aan ’n ‘klein mannetjie sindroom’. Blykbaar was

feitlik alle onderwysers in hierdie skool nie juis ywerig om probleme in hul skool aan my

as ’n tipe ‘buitestander’ mee te deel nie. Sommige onderwysers sal meer gemaklik voel

om positiewe aspekte in hul skool uit te lig.

4.3.1.2 Wanfunksionerende bruin skole

Wanfunksionele skole word gekenmerk deur ’n gebrek aan ’n kultuur van leer en

onderrig (Fataar & Paterson, 2002:17). Hierdie tipe skole is meestal aanwesig in nie-

blanke werkersklas-skole van Suid-Afrika. Daar is die impak van jeug en bende sub-

kulture op hierdie skole in die onmiddellike eksterne omgewing, wat die aandag aflei van

die primêre funksie van die skool as ’n leerinstelling. Hierdie skole konfronteer

onderwysers om betrokke te wees met leerder-welsyn soos dit met sosio-ekonomiese

omstandighede of ontwrigte gesinstrukture in hierdie gemeenskappe verband hou. Deur

’n kombinasie van histories benadeling, en die impak van werkersklas en jeugkulture, is

onderwysers in wanfunksionele skole opgeneem in ’n daaglikse greep van oorlewing.

In die vier Overbergse skole waar ek waarnemings gedoen het, is heelwat van hierdie

beskrywings in Fataar & Paterson (2002:17) van toepassing op hierdie skole. Klagtes in

hierdie gemeenskappe wissel van bende-invloede op skoolkinders, die armoede-siklus,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!