CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

My ervaring van hierdie diep verdeeldheid in skole veral in terme van godsdiensbeoefening vanuit ’n bepaalde uitgangspunt van ’n kerkleer in skole, is dat heelwat bruin onderwysers taamlik onverdraagsaam is teenoor ‘andersdenkende’ 93 standpunte. Heelwat onderwysers verwerp hierdie charismatiese kerke en gelowe, asook hul uitgangspunte. Gevolglik is diskriminasie teenoor kinders en ouers vanuit hierdie kerkgroepe nie uitgesluit nie. In sommige gevalle word selfs ’n meerderwaardige houding teenoor hierdie kinders en hul ouers ingeneem. Aan die ander kant is daar kerkgroepe en gelowe wat die sekularistiese kurrikulum van skole verwerp, asook onderwysers wat aanbieders daarvan is. Dit bring mee dat heelwat ouers en leerders ’n antagonistiese houding teenoor heelwat onderwysers inneem, en die gesag van die onderwysers nie aanvaar nie. My ervaring bevestig dat sommige leerders en ouers eerder die gesag van hul predikant of pastoor (priester) aanvaar in teenstelling met die van sommige onderwysers. Ongelukkig het die meeste van hierdie pastore nie hul skoolloopbane voltooi nie, of is besonder laag geskool. Tog het hierdie ‘pastore’ baie ‘mag’ oor hul ‘lidmate’ in die kerk of gelowe. Hierdie tendens is bydraend tot ’n diep verdeeldheid in bruin gemeenskappe, en ’n reproduksie van lae geletterdheidsvlakke in die bruin en swart gemeenskappe van die streek. Dus word gehalte-onderrigleer in heelwat bruin skole van die Overbergstreek deur hierdie tendens bemoeilik. Religieuse fundamentalisme is volgens Giddens (2001:557) een van die groot gevare vir die mens in sy moderniteit. Religieuse fundamentalisme word beskryf as die letterlike vertolking van basiese skrifte of tekste van ’n religie. Daarvolgens word geglo dat sulke leeswerk toegepas moet word op alle aspekte van die sosiale, ekonomiese en politieke lewe. Die oortuigings wat hieruit ontwikkel, is dat slegs ‘een siening’ van die wêreld

94 moontlik is, en dat hierdie een siening die korrekte siening verteenwoordig. Daar bestaan geen ruimte vir meervoudige interpretasies nie. Binne die fundamentalistiese bewegings, is toegang tot die presiese betekenis van skrifte beperk tot ’n stel bevoorregte ‘interpreteerders’ soos priesters, klerke of ander religieuse leiers. Dit gee aan die leier gesag in religieuse sowel as sekulêre aangeleenthede. Dit gaan vir fundamentaliste eerder oor hoe oortuigings verdedig en geregverdig moet word, in plaas van die inhoud van oortuigings. Jankowski (2003 :97-99) verwys na enkele nadele van oordrewe ‘kulturele diversiteite’ of fundamentalisme. Voorbeelde hiervan is wedersydse vooroordele, ’n diep gewortelde geskiedenis van konfrontasie, wrywing tussen mense onderling en ’n wedersydse gebrek aan respek vir mekaar. Hiervolgens moet menslike ontwikkeling eerder gepaard gaan met die uitbreiding van menslike keuses, en nie die deurlopende beperkinge van menslike keuses nie. Daarom moet universalisme of sekularisme as ’n konsep ook in die ongelyke en diverse kultuur van ’n gemeenskap erken word. ’n Bepaalde gemeenskap moet voorsiening maak vir meervoudige identiteite van sy deelnemers, en nie een geslote idee op sy groepe forseer in die vorm van ’n ‘groot verhaal’ nie. Die doel van onderwys behoort te fokus om alle indiwiduele talente van onderwysers en leerders tot hul volledige potensiaal as moontlik te ontwikkel. Daarom behoort die kreatiewe potensiaal van mense waardeer te word. Dit beteken die aanneem van verantwoordelikheid oor hul eie lewens, asook die bereiking van doelstellings. Hierdie ‘religieuse uitgangspunte’ voorsien aan my studie belangrike insig vir die verstaan van religieuse identiteite van onderwysers in sosio-kulturele kontekste, en die impak daarvan op hul ontvang en implementering van K2005.

94

moontlik is, en dat hierdie een siening die korrekte siening verteenwoordig. Daar bestaan

geen ruimte vir meervoudige interpretasies nie. Binne die fundamentalistiese bewegings,

is toegang tot die presiese betekenis van skrifte beperk tot ’n stel bevoorregte

‘interpreteerders’ soos priesters, klerke of ander religieuse leiers. Dit gee aan die leier

gesag in religieuse sowel as sekulêre aangeleenthede. Dit gaan vir fundamentaliste eerder

oor hoe oortuigings verdedig en geregverdig moet word, in plaas van die inhoud van

oortuigings.

Jankowski (2003 :97-99) verwys na enkele nadele van oordrewe ‘kulturele diversiteite’ of

fundamentalisme. Voorbeelde hiervan is wedersydse vooroordele, ’n diep gewortelde

geskiedenis van konfrontasie, wrywing tussen mense onderling en ’n wedersydse gebrek

aan respek vir mekaar. Hiervolgens moet menslike ontwikkeling eerder gepaard gaan

met die uitbreiding van menslike keuses, en nie die deurlopende beperkinge van menslike

keuses nie. Daarom moet universalisme of sekularisme as ’n konsep ook in die ongelyke

en diverse kultuur van ’n gemeenskap erken word. ’n Bepaalde gemeenskap moet

voorsiening maak vir meervoudige identiteite van sy deelnemers, en nie een geslote idee

op sy groepe forseer in die vorm van ’n ‘groot verhaal’ nie. Die doel van onderwys

behoort te fokus om alle indiwiduele talente van onderwysers en leerders tot hul volledige

potensiaal as moontlik te ontwikkel. Daarom behoort die kreatiewe potensiaal van mense

waardeer te word. Dit beteken die aanneem van verantwoordelikheid oor hul eie lewens,

asook die bereiking van doelstellings. Hierdie ‘religieuse uitgangspunte’ voorsien aan my

studie belangrike insig vir die verstaan van religieuse identiteite van onderwysers in

sosio-kulturele kontekste, en die impak daarvan op hul ontvang en implementering van

K2005.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!