CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

85 Daar is min kontekstuele en empiriese navorsing oor die Overberg gedoen, veral in terme van bruinonderwys. Gevolglik moes ek staatmaak op beperkte literatuurstudies wat vanuit ’n oorwegend blanke perspektief aangebied word, soos dit reflekteer in die navorsing van Prins (1988) en Strauss (2000). Aangesien ek in hierdie area woonagtig is, opgegroei het en beskik oor ongeveer twintig jaar onderwys-ondervinding, beskik ek oor heelwat persoonlike ervaringe van die gebied. Gevolglik het ek die beskikbare literatuur aangevul met beskrywings vanuit my persoonlike ervaringe oor die gebied. Daar bestaan leemtes met my subjektiwiteite wat ek reeds in hoofstuk drie vermeld het (afdeling 3.1.1). My beskywings oor die Overberg gaan ek aanbied in terme van vier identiteitmerkers, en ’n moontlike impak wat dit het op die identiteitvorming van mense in hul kulture. Die vier identiteitmerkers is die van ras, klas, geloof en geslag-identiteite. 4.2.1 Ras-identiteite Die Overbergse woonbuurte wat ek besoek het, huisves hoofsaaklik twee skooltipes wat in terme van hul ras-kategorieë onderskei word. Eerstens is daar ’n “blanke skool” waar hoofsaaklik blanke onderwysers en leerders teenwoordig is. Tans akkommodeer hierdie skool ook swart en bruin leerders, terwyl feitlik geen Indier-leerder in hierdie skole teenwoordig was nie. Tweedens is daar ‘bruin skole’ waar hoofsaaklik ‘bruin’ onderwysers en leerders teenwoordig was. Hierdie skole het hoofsaaklik bruin en swart leerders geakkommodeer. Gillborn (1990:1-2) onderskryf hoedat die kwessie van ras diep in samelewings wortel en ’n historiese konteks besit, waarvan die oorsprong nie altyd duidelik is vir die inwoners

86 van die gebied nie. Daar bestaan etniese diversiteit van samelewings wat veroorsaak dat elke komponent van sosiale beleid nie alle antwoorde aanbied vir ras-vraagstukke nie. Daar is fundamentele politieke kwessies, gemoeid met vrae wat nie net handel oor kennis en mag nie, maar ook begeerte en hoop. Van toepassing op die Overbergse konteks, kan verwys word na die apartheidsera, waar die beleid van seggregasie woonbuurte gereserveer het in verskillende ras en etniese groepe. Die resultate van hierdie seggregasie-beleid, is steeds sigbaar in woonbuurte van die Overberg. Blankes woon hoofsaaklik in bevoorregte dele van woonbuurte, in afsondering van bruinmense en swartmense, wat in die ekonomies minder gegoede deel van die woonbuurte woonagtig is. In die apartheidsera was die blanke ras die politieke dominante groep, met nie-blankes wat deel was van die politieke gemarginaliseerde groep. In my studie word aanvaar dat groep-identiteite van onderwysers in die apartheidsera, hoofsaaklik binne hul eiesoortige ras-diversiteite en ras-identiteite plaasgevind het. Binne die raamwerk van hierdie ras- sfeer, het onderwysers in hierdie era in hul sosio-kulturele kontekste gesosialiseer. Om rassisme te ondersoek, behels ’n ondersoek na hoe ras in verskeie praktyke van verteenwoordiging gevorm is (Rizvi, 1993:3-8). Hoe is dit moontlik vir ’n indiwidu van ’n bepaalde ras om deel te neem aan verskillende praktyke van verteenwoordiging, veral verteenwoordiging in kulture wat van hul ‘eiesoortige’ kultuur verskil. Rassisme is volgens hierdie redenasie ’n besondere manier waarvolgens sosiale verhoudings en praktyke georganiseer word. Indiwidue is nie verwyderd van hul ‘eiesoortige’ geskiedenisse en sosiale strukture nie. Hierdie beskrywings is van toepassing op die Overbergstreek, waar rassisme en ongelykhede wat deur die kolonialisme en die apartheid regime daar gestel is, ontwikkel het.

85

Daar is min kontekstuele en empiriese navorsing oor die Overberg gedoen, veral in terme

van bruinonderwys. Gevolglik moes ek staatmaak op beperkte literatuurstudies wat

vanuit ’n oorwegend blanke perspektief aangebied word, soos dit reflekteer in die

navorsing van Prins (1988) en Strauss (2000). Aangesien ek in hierdie area woonagtig is,

opgegroei het en beskik oor ongeveer twintig jaar onderwys-ondervinding, beskik ek oor

heelwat persoonlike ervaringe van die gebied. Gevolglik het ek die beskikbare literatuur

aangevul met beskrywings vanuit my persoonlike ervaringe oor die gebied. Daar bestaan

leemtes met my subjektiwiteite wat ek reeds in hoofstuk drie vermeld het (afdeling 3.1.1).

My beskywings oor die Overberg gaan ek aanbied in terme van vier identiteitmerkers, en

’n moontlike impak wat dit het op die identiteitvorming van mense in hul kulture. Die

vier identiteitmerkers is die van ras, klas, geloof en geslag-identiteite.

4.2.1 Ras-identiteite

Die Overbergse woonbuurte wat ek besoek het, huisves hoofsaaklik twee skooltipes wat

in terme van hul ras-kategorieë onderskei word. Eerstens is daar ’n “blanke skool” waar

hoofsaaklik blanke onderwysers en leerders teenwoordig is. Tans akkommodeer hierdie

skool ook swart en bruin leerders, terwyl feitlik geen Indier-leerder in hierdie skole

teenwoordig was nie. Tweedens is daar ‘bruin skole’ waar hoofsaaklik ‘bruin’

onderwysers en leerders teenwoordig was. Hierdie skole het hoofsaaklik bruin en swart

leerders geakkommodeer.

Gillborn (1990:1-2) onderskryf hoedat die kwessie van ras diep in samelewings wortel en

’n historiese konteks besit, waarvan die oorsprong nie altyd duidelik is vir die inwoners

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!