CLARENCE VERNON VISAGIE

CLARENCE VERNON VISAGIE CLARENCE VERNON VISAGIE

etd.uwc.ac.za
from etd.uwc.ac.za More from this publisher
03.05.2013 Views

83 implementeerders (onderwysers) verwant aan hul sosio-historiese leefwêreld, en daarin vergestalt hul professionele en pedagogiese identiteitsbasisse. Die selfkonsepsie van die mens is die resultaat van die verwerwing van ’n lewenstryd van selfbeeld, wat geleidelik opgebou word deur ’n biografiese self vir die persoon (Evans,1998:24). Soos die beelde bydrae tot die meer basiese self-konsepsies, vorm die selfkonsepsie die basis vir vergelyking en evaluering van enige beeld. Hierdie beeld word beoordeel as waar of vals, begeerlik of nie-begeerlik, soos dit gekontrasteer of gekomplementeer word met die akteur se konsepsie van homself/haarself as ’n ‘self’. Op hierdie wyse word die identiteitsbasis van onderwysers in sosio-kulturele kontekste gevorm en opgebou. Hoe ’n persoon onderskei word as ’n ‘indiwiduele agent’ of ’n ‘subjek’, word in Davies en Harré (2001: 264) bespreek. Hierdie argument ontwikkel dat die subjek in ’n ‘konglomoraat van posisies’ verkeer. In hierdie posisies bring mense hul geskiedenis uit as ‘subjektiewe wesens’, en hierdie geskiedenis bevat ’n meervoudige posisie en deelname aan verskillende vorme van diskoerse. Posisie soos hier gebruik, is die beredeneerde proses waar die self gelokaliseer is in gesprekke, waarvolgens ’n storielyn produseer word. In hierdie storielyn vergestalt die identiteitsbasis van onderwysers. Teen die voorafgaande beskrywings oor die posisionering van indiwiduele onderwysers in hul sosiologiese kontekste, verskuif die soeklig na sosio-kulturele konteks van die Overbergstreek in post-apartheid Suid-Afrika. Hoe is die identiteitsbasis van Overbergse onderwysers gevorm en opgebou? Watter effek het hierdie indentiteit-konstruksies op die ontvang en implementering-identiteite van onderwysers?

84 4.2 Die sosiologiese konteks van die Overberg Die Overberg is ’n verafgeleë plattelandse streek in die Wes-Kaap van Suid-Afrika. Burrows (1994:14-15) en Strauss (2000:10) bied beskrywings aan van die gebied. Volgens hul beskrywings het die Nederlanders die “Overberg” uitgespreek as “over de berg,” of “overbergsch”. Dit beteken dat mense vanuit Kaapstad oor die berg moet reis, wat Kaapstad van die streek ‘anderkant’ die berg skei. Die pad oor die berg is bekend as “Sir Lowry’s Pass”, wat in 1830 voltooi is. Die Overberg is nie ’n geografiese gebied met vaste grense nie, deurdat verskillende skrywers die Overberg-area afbaken met verskillende grense (Strauss, 2000:10). Van die vernaamste dorpe in die gebied sluit in dorpe in soos Bredasdorp, Napier, Caledon, Elim, Genadendal, Waenhuiskrans, Swellendam, Greyton, Stanford en ander dorpe. Die geografiese ligging van die Overbergstreek word beskryf as redelik afgesonderd (Strauss, 2000:22). Hierdie afsondering het bepaalde nadele vir inwoners in hierdie streek. Daar word verwys na die afgeleë ligging en relatief min beskikbare fondse in die streek, waarvolgens die administratiewe aktiwiteite van die streek benadeel word. Daarmee saam is daar ‘n gebrek aan bekwame en opgeleide persone om die vernaamste administratiewe poste te beklee. Swak infrastruktuur in die gebied, dra by tot die onderontwikkelde openbare geriewe. Binne hierdie histories-materialistiese omstandighede, benadeel afsondering van dié geografiese streek, inwoners van die gebied. Ek ervaar in hierdie streek hoedat benadeling as sulks, veral voelbaar is weens ’n tekort aan professionele en tegniese kundigheid. Strauss (2000:22) bevestig dat daar ’n gebrek aan professionele-tegniese kundigheid in die gebied bestaan.

84

4.2 Die sosiologiese konteks van die Overberg

Die Overberg is ’n verafgeleë plattelandse streek in die Wes-Kaap van Suid-Afrika.

Burrows (1994:14-15) en Strauss (2000:10) bied beskrywings aan van die gebied.

Volgens hul beskrywings het die Nederlanders die “Overberg” uitgespreek as “over de

berg,” of “overbergsch”. Dit beteken dat mense vanuit Kaapstad oor die berg moet reis,

wat Kaapstad van die streek ‘anderkant’ die berg skei. Die pad oor die berg is bekend as

“Sir Lowry’s Pass”, wat in 1830 voltooi is. Die Overberg is nie ’n geografiese gebied

met vaste grense nie, deurdat verskillende skrywers die Overberg-area afbaken met

verskillende grense (Strauss, 2000:10). Van die vernaamste dorpe in die gebied sluit in

dorpe in soos Bredasdorp, Napier, Caledon, Elim, Genadendal, Waenhuiskrans,

Swellendam, Greyton, Stanford en ander dorpe.

Die geografiese ligging van die Overbergstreek word beskryf as redelik afgesonderd

(Strauss, 2000:22). Hierdie afsondering het bepaalde nadele vir inwoners in hierdie

streek. Daar word verwys na die afgeleë ligging en relatief min beskikbare fondse in die

streek, waarvolgens die administratiewe aktiwiteite van die streek benadeel word.

Daarmee saam is daar ‘n gebrek aan bekwame en opgeleide persone om die vernaamste

administratiewe poste te beklee. Swak infrastruktuur in die gebied, dra by tot die

onderontwikkelde openbare geriewe. Binne hierdie histories-materialistiese

omstandighede, benadeel afsondering van dié geografiese streek, inwoners van die

gebied. Ek ervaar in hierdie streek hoedat benadeling as sulks, veral voelbaar is weens ’n

tekort aan professionele en tegniese kundigheid. Strauss (2000:22) bevestig dat daar ’n

gebrek aan professionele-tegniese kundigheid in die gebied bestaan.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!