03.05.2013 Views

Kliek hier - Suidwes

Kliek hier - Suidwes

Kliek hier - Suidwes

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

39

Suidwes Jaarverslag 2012

SUIDWES BELEGGINGS BEPERK

Direkteursverslag

Die direkteure lê hulle vyftiende jaarlikse verslag voor

as deel van die opgesomde Gekonsolideerde en Afsonderlike

Finansiële State van Suidwes Beleggings Beperk

en die Groep vir die jaar wat op 30 April 2012 geëindig

het.

HOOFBESIGHEID

Suidwes Beleggings Beperk (“die Maatskappy”) is ’n geregistreerde

houermaatskappy vir ’n groep (“die Groep”)

wat die volgende tipe besigheid in hoofsaaklik die

landbousektor bedryf:

• Verkryging, hantering, opberging en bemarking

van landbouprodukte.

• Verskaffing van lenings en kredietfasiliteite.

• Verskaffing van benodigdhede en dienste vir boerderydoeleindes

deur middel van handelswinkels en

’n hoogs gespesialiseerde bedryfsondersteuningsdiens,

wat ’n laboratorium insluit.

• Handel in verbruikersgoedere.

• Meganisasieverkope en -dienste, sowel as die verskaffing

van onderdele.

• Optrede as versekeringsmakelaar.

• Beoefening van beleggingsaktiwiteite.

• Verskaffing van elektroniese kommunikasie- en

IT-verwante dienste.

FINANSIËLE RESULTATE

Die Groep het vir die 2011/2012-finansiële jaar ’n wins

na belasting van R83.019 miljoen (2010/2011: R65.609

miljoen) gerealiseer, wat soos volg saamgestel is:

R’000 2012 2011

Bedryfswins 140,453 111,336

Finansieringskoste (34,364) (31,115)

Wins na finansieringskoste 106,089 80,221

Deel van resultaat vanaf

geassosieerdes

6,482 8,006

Wins voor belasting 112,571 88,227

Belasting (29,552) (22,618)

Wins vir die jaar 83,019 65,609

Die wins/(verlies) voor belasting van die onderskeie bedryfsegmente

van die Groep is soos volg:

40

R miljoen 2012 2011

Graan 86.3 57.5

Handel 15.3 (1.0)

Finansiering en Beleggings 68.3 83.1

Tegnologie 3.5 2.2

Korporatief (64.3) (51.8)

Konsolidasie 3.5 (1.8)

Totaal vir die Groep 112.6 88.2

Die Maatskappy en die Groep se opgesomde Ge-

konsolideerde en Afsonderlike Finansiële State vir die

2011/2012-finansiële jaar word op bladsye 43 tot 52

van hierdie jaarverslag verstrek. Die resultate en bedrywighede

vir die jaar word in die Voorsittersverslag en

die Besturende Direkteursverslag toegelig.

AANDELEKAPITAAL

Op 30 April 2012 het die Maatskappy se uitgereikte

aandelekapitaal R119,000,000 (2011: R119,000,000)

beloop. Volledige besonderhede van die Maatskappy

se gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal, soos

op jaareinde, word in aantekening 17 tot die volledige

Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële Jaarstate

verstrek. Die Maatskappy se gemagtigde aandelekapitaal

het nie gedurende die jaar verander nie.

DIVIDENDE

Die Direksie het gedurende die jaar ’n tussentydse dividend

van 15 sent (2011: 13 sent) per aandeel verklaar,

wat op 30 April 2012 aan die Maatskappy se geregistreerde

aandeelhouers, soos op 25 April 2012,

betaal is.

LOPENDE SAAK

Na oorweging van die huidige finansiële posisie en

bestaande kredietgeriewe van die Maatskappy en sy

filiale, sowel as die begrotings en kontantvloeivooruitskattings

vir die finansiële jaar tot 30 April 2013,

is die Direksie daarvan oortuig dat die Maatskappy

’n lopende saak is en voldoen aan die solvensie- en

likiditeitsvereistes, soos in die Maatskappywet bedoel.

Die finansiële state is gevolglik op die lopendesaakgrondslag

opgestel.

FILIALE EN GEASSOSIEERDE MAATSKAPPYE

Volledige besonderhede van die Maatskappy se beleggings

in filiale en geassosieerde maatskappye word

in aantekeninge 6 en 7, onderskeidelik, en in Bylae A

van die volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike

Finansiële Jaarstate verstrek.

Die Maatskappy se belang in Network Embedded

Technologies (Edms) Bpk is gedurende die jaar van

26% tot 58.8% verhoog. ’n Belegging is in Frans

Lyons Gespesialiseerde Prysrisikobestuur (Edms) Bpk

gemaak in terme waarvan die Maatskappy se aandelebelang

tans 40% beloop.

GEBEURE SEDERT JAAREINDE

Die Direksie is nie bewus van enige gebeure wat tussen

die rekenpligtige datum en die datum van hierdie verslag

plaasgevind het wat die beoordeling van die stand

van die Maatskappy of die Groep se finansiële posisie

behoort te beïnvloed nie.

DIREKTEURE

Ingevolge die Maatskappy se statute word die Direksie

saamgestel uit:

• Hoogstens sewe van Suidwes Beherend Beperk

se direkteure wat op ’n wyksgrondslag verkies is

en wat deur die Direksie van Suidwes Beherend

Beperk aangewys word;

• hoogstens drie onafhanklike nie-uitvoerende direkteure

wat deur die bogenoemde verkose direkteure

benoem word; en

• die uitvoerende direkteure wat deur die nieuitvoerende

direkteure aangestel word.

Die samestelling van die Direksie het gedurende die

jaar slegs verander in die volgende opsigte:

• Die voormalige besturende direkteur, mnr SW

Pienaar, het op 30 April 2012 afgetree en

mnr LJ Smit is vanaf 1 Februarie 2012 in daardie

hoedanigheid aangestel.

• Mnr FE Marx het mnr GL Malherbe as ondervoorsitter

van die Direksie vervang.

Die Maatskappy se Direksie was op jaareinde soos volg

saamgestel:

Nie-uitvoerende direkteure

Mnre PS Vercueil (Voorsitter)

FE Marx (Ondervoorsitter)

AJ Botha

JHT Delport

PF Delport

(Onafhanklik)

Me DLT Dondur (Onafhanklik)

Mnre JJ le Roux

GL Malherbe

JJ Viljoen

NT Wilkinson (Onafhanklik)

Uitvoerende direkteure

Mnre LJ Smit (Besturende Direkteur)

G Potgieter (Direkteur: Finansies)

KOMITEES

Die Direksie word in die nakoming van sy verantwoordelikhede

deur drie komitees bygestaan, naamlik die

Oudit- Risiko- en IT-komitee, die Sosiaal-, Etiese- en

Vergoedingskomitee en die Menslike Hulpbronne

Raadskomitee. Die genoemde Direksiekomitees was

op jaareinde soos volg saamgestel:

Oudit-, Risiko- en IT-komitee

Statutêre lede

Mnr AJ Botha (Voorsitter)

Me DLT Dondur

Mnr NT Wilkinson

Nie-statutêre lede

Mnre PS Vercueil

GL Malherbe

FE Marx

JJ Viljoen

(Voorsitter van die Direksie -

ex officio)

LJ Smit (Besturende Direkteur -

ex officio)

G Potgieter (Direkteur: Finansies -

ex officio)

41

Suidwes Jaarverslag 2012

Die Oudit- Risiko- en IT-komitee se verslag ingevolge

artikel 94(7) van die Maatskappywet, Wet 71 van 2008,

vir die 2011/2012-finansiële jaar word op bladsye 37 en

38 gepubliseer.

Sosiaal-, Etiese- en Vergoedingskomitee

Me DLT Dondur (Voorsitter)

Mnre AJ Botha

PF Delport (Voorsitter van die Menslike

Hulpbronne Raadskomitee -

ex officio)

FE Marx (Ondervoorsitter van die

Direksie - ex officio)

G Potgieter (Direkteur: Finansies -

ex officio)

LJ Smit (Besturende Direkteur -

ex officio)

PS Vercueil

NT Wilkinson

(Voorsitter van die Direksie -

ex officio)

Menslike Hulpbronne Raadskomitee

Mnre PF Delport

JHT Delport

(Voorsitter)

Me DLT Dondur

Mnre JJ le Roux

FE Marx (Ondervoorsitter van die

Direksie - ex officio)

G Potgieter (Direkteur: Finansies -

ex officio)

LJ Smit (Besturende Direkteur -

ex officio)

PS Vercueil (Voorsitter van die Direksie -

ex officio)

Op 30 April 2012 het die direkte en indirekte aandeelhouding

van al die direkteure gesamentlik sowat 0.24%

(2011: 0.24%) van die totale uitgereikte aandelekapitaal

van die Maatskappy verteenwoordig. Nie een van die

uitvoerende direkteure hou enige aandele in die Maatskappy

nie.

Besonderhede van die direkteure en voorgeskrewe

beamptes se vergoeding gedurende die jaar onder

oorsig word in aantekening 40.6 en 40.7 van die

volledige Gekonsolideerde en Afsonderlike Finansiële

42

Jaarstate verstrek. Die voorgeskrewe beamptes is die

uitvoerende bestuurslede van die Maatskappy, asook

die Groepsekretaris.

Die Groep het nie gedurende die jaar enige kontrakte

gesluit waarin enige direkteur van die Groep ’n belang

het nie, behalwe vir kontrakte wat in die normale loop

van sake met direkteure as klante van die Groep

aangegaan is.

KORPORATIEWE BESTUUR

EN VOLHOUBAARHEID

Die direkteure onderskryf die beginsels van die King

III-kode oor Korporatiewe Bestuur en het oor die afgelope

aantal jare verskeie aanpassings gemaak ten

einde dit te implementeer. ’n Volledige verslag oor die

toepassing van die King III-kode en ander korporatiewe

bestuursbeginsels word op bladsye 21 tot 27 verstrek.

Die Groep is daartoe verbind om sy besigheid op

’n volhoubare basis te bedryf en slaan nie net ag op

ekonomiese volhoubaarheid nie, maar gee ook spesifieke

aandag aan die impak van sy bedrywighede op die

omgewing en op sosiale vlak. Die direkteure se volledige

verslag hieroor word in die Volhoubaarheidsverslag vanaf

bladsy 28 tot bladsy 32 verstrek.

Die verslae oor korporatiewe bestuur en volhoubaarheid

is nie ekstern geëvalueer nie.

OUDITEURE

PricewaterhouseCoopers Geïnkorporeer, wie se volledige

besonderhede op bladsy 2 van hierdie verslag

verskyn, is die Maatskappy en die Groep se ouditeure.

Geen verandering van die Maatskappy en die Groep

se ouditeure word vir die volgende jaar aanbeveel nie.

SEKRETARIS EN ADRES

Groepsekretaris : D Linde

Geregistreerde adres : Voortrekkerstraat

Leeudoringstad 2640

Posadres : Posbus 5

Leeudoringstad 2640

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!