03.05.2013 Views

Untitled - ATKV

Untitled - ATKV

Untitled - ATKV

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

“En Jan het te veel saamgevat. Nie net van my nie – uit elke huis van my taal en uit al die kringe om die

tafels en die vure van my mense.”

“Ja,” sê PG du Plessis vandag, “ek dink nog baie dikwels aan my vriend.

“Hy was beslis die merkwaardigste mens wat ek ooit geken het.”

Hy onthou hoe sy sekretaresse vir hom kom sê het as Spies op die telefoon is. “Doktor,” sou sy sê. “Dis dr.

Spies op die lyn. Sal ek maar al die ander afsprake vir die dag kanselleer?”

“Jan sou nie ’n ding los as hy eers begin het nie. Ek het een aand so vir die sterre gesit en kyk en vir Jan

gesê ek wens ek het meer oor die sterre geweet, maar ek het altyd meer in mense belang gestel.”

Du Plessis vertel dat Spies daardie volgende oggend “toe daar geen ster meer in die lug oor was nie” opgehou

het om oor die sterre te praat.

“As daar één ding is wat ek van Jan kan sê, is dit dat hy nooit in sy hele lewe vir een oomblik vervelig was

nie,” sê Du Plessis.

Hy vertel ook hoe Spies en Koos Meyer, die ander gewilde naam op ‘Spies en Plessie,’ een keer vir drie

nagte nie van slaap geweet het nie soos hulle gesels en grappe vertel het.

“Jan klim toe in die bed in die hotel waar ons was en sê hy kán nie meer nie, Koos maak hom klaar.

“Maar daar klim Koos Meyer toe saam met hom in die bed!

“Dit was goeie ou dae,” lag hy.

“As jy eendag tyd het, vertel ek jou van die keer van Jan en die vliegtuig,” beloof Du Plessis oor die foon.

Op die voorblad van Die Burger van 6 Januarie 1996 is daar berig dat die rolpers van ‘Die Republikein’ in

Windhoek, waarvan Spies tot sy ongeluk redakteur was, om die presiese tyd van sy dood botstil gaan staan

het. Só erg was dit dat daar in ’n stadium gevrees is dat die koerant nie die volgende dag sou verskyn nie.

Hy weet ook nie hoe “apokrief” die storie is nie, maar Du Plessis vertel Spies het altyd gesêas hy eendag

aan die “anderkant” kom, sal hy sorg vir reën. En wragtig, word vertel, toe hy dood is, het die hemele oopgetrek

in Namibië.

“Maar op die ou einde,” sê Du Plessis, “het almal altyd baie daarna uitgesien om Jan te sien omdat hy so ’n

interessante mens was.

“Hy kon warm-menslik praat oor jou mislukkings en verdriet en saamjil en -jubel as sukses dalk kom,” het

Du Plessis in 1996 geskryf.

“Hy’t omgegee en was dus met alles te vertroue – soos ook veral jou skuld en sondes.

“Dus: Die vertroulikhede wat wedersyds tussen julle gesê, geskree en gefluister is, is van laasnag af

ongedeel eenvoudig.

“Die moeilikheid met Jan Spies was – ek moet my aan dié verlede tyd nog wen – dat hy vir my en ons ’n

totaal onherhaalbare voorreg was.”

Hy praat lat dit bars en bieg met ’n sug: “Ek het tog so ’n k** stem. Op skool (dis nou in Stampriet, daar in

Mariental se wêreld, en Windhoek) is ek gespot oor my stem, jááre lank.

“Ek het oor my stem ’n vreeslike selfbewustheid gehad.”

Sy oudste seun, Barend (15), praat nes hy; die jongste, Willem (12), nes ander mense.

Sy vrou, Beatrice, het ook nie in sy stem geleer praat nie.

“Ek dink my manier van praat het ek as kind gekry by ons bure, die Vogese, wat van Namakwaland af was.

Dárie mense kon nou vertel, kon nou gesels!

“En ek was as kind ’n tanneteller: Die anner kinders speel, da’ sit ek innie geselskap.

“Ek was ’n vreeslike lomp kind.

“Ek’t ’n liesbreuk gehad en mag nooit gespeel het nie; ek mag nie boom geklim het nie – tot ek so vyf jaar

oud was, het ek ’n breukband gedra, met ander woorde ek het nooit geleer handig en voetig word nie.

“Ek ís handig en voetig, maar ek is nie die twee bymekaar nie.”

Uit ’n onderhoud wat André le Roux in 1987 met Jan Spies gevoer het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!