03.05.2013 Views

Untitled - ATKV

Untitled - ATKV

Untitled - ATKV

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kultuurskat vergete … byna

Cas van Rensburg: Beeld

Wat gaan word as ons Afrikaners nie meer vertellers het nie? Dit is die gedagte wat opgekom het

toe ’n saal vol mense gejuig het oor Jan Spies se stories.

Ons mondelinge vertellers is aan’t uitsterf en die meeste skrywers van kontrei- en ander tipiese

Afrikaner-stories is ook al lank in die tand. Lankal is daar nie meer mense wat werklik roerende jagstories

kan vertel nie.

Weliswaar is daar nog ’n groepie elite-jagters met hul 4x4’s en allerlei luukse bybehore, maar kan

hulle soos ’n P.J. Schoeman sonder spog en die alewige mededinging oor ’n glasie Klippies ’n verhaal van

die maan vertel wat skuins in die gebroke oog van ’n pragbok kom lê het?

Moderne stories gaan beslis ook steeds op stoepe van vakansiehuise en om vure vertel word,

maar dit is die erfgoed waaroor ’n mens jou moet bekommer. Geen kultuur kan klaarkom sonder daardie ou

-ou verhale nie.

Dink maar aan verhale van die ou Dingaan-feeste, soos die eerste verhaal in Die dinges is ’n watsem,

waar daar gesoek is na die plaas met die meeste bome vir koelte, die eerbiedwaardige dominee en

die langdradige verwelkominge.

’n Stukkie Afrikaner-kultuur is besig om verby te skuif en as ons nie ’n tradisie van vertellers ontwikkel

nie, sal ’n volgende geslag niks weet nie van ’n leefwyse en ’n lewensbeskouing wat altoos met humor

deurdrenk was. Die siel van die Afrikaner is tot groot hoogte in sy stories vasgelê.

Die mense wie se oupas en oumas in die Engelse Oorlog was, is nou self bejaard. Ons kan nou

nog sing van genl. De la Rey, maar oor 20 jaar sal baie min Afrikaners weet van Chrisjan de Wet of ou ds.

Kestell. En al die staaltjies . . . ! Sal ons in die toekoms net op Herman Charles Bosman moet staatmaak om

die ou dae te kan onthou?

’n Mens is dankbaar dat Karin Retief, Deon Coetzee en Johan Engelbrecht hierdie produksie op die

planke gebring het. Hulle het van Jan Spies se verhale stylvol en sonder onnodige fieterjasies vertel en só

gesorg dat Spies se stem vir ’n kort tydjie nog elders as net op papier voortleef.

Die Dinges is ‘n Watsem — Jan Spies

Marise le Roux, Laeveld Media.

"As my pa nie ‘n mens was nie, was hy ‘n bobbejaan!" Só sê die een seun vir die ander terwyl hulle

stry oor wie se pa nou eintlik die domste is.

Die Dinges is ‘n Watsem - Jan Spies is die verpersoonliking van een van Suid-Afrika se grootste

storievertellers se staaltjies en slinkste sêgoed.

Die karakters wat deur Karin Retief, Deon Coetzee en Johan Engelbrecht tot lewe gebring word,

laat die gehoor telkens skaterlag, hul asems intrek van verbasing, en saamstemmend koppe knik.

Die stuk skop af met die konsternasie wat op die dorp heers nadat die Bybel in Afrikaans vertaal is.

Die dominee wend natuurlik ‘n poging aan om die nuwe Bybel-boekname met die hulp van die dorpskinders

aan die inwoners bekend te stel. Sonder sy wete, ruil die kinders egter hul baniere uit - want wie

wil nou met die naam van Habakuk opgeskeep sit?

So volg daar die een staaltjie na die ander en die drie akteurs is meesterlik in hul vertolking. Deon

Coetzee en Johan Engelbrecht se gesigsuit-drukkings is iets om oor huis toe te skryf en Karin Retiefse

sterk verhoogpersoonlikheid sorg dat haar karakters uiters genotvol uitgebeeld word.

Die Dinges is ‘n Watsem bring die halstarrigheid, uniekheid en spontane komedie van die Afrikaner

na die voorgrond en dit word aangebied met ‘n mengelmoes van fyn, slinkse humor en in-your-face skaterlag

grappe.

Die titel van die toneel word uiteindelik onthul tydens die laaste skets. Dit vertel van die gesin wat

telkens na enige voorwerp of verskynsel as die "dinges" of die "watsem" verwys: "Nee man, ek vra dan gee

vir my die dinges aan, nie die watsem nie." Alhoewel dit soms moeilik raak om kop te hou met al die

"dinges" en "watsems" wat so goedsmoeds rondgeslinger word, is dié uitbeelding ‘n fantasiese einde aan ‘n

stuk wat gevleg is met humor, kwinkslae en unieke sêgoed. Die Dinges is ‘n Watsem is ‘n fees van toneelspel

en woorde en ‘n moet op elke feesganger se agenda - Jan Spies aanhanger of de not.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!