Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Kultuurskat vergete … byna

Cas van Rensburg: Beeld

Wat gaan word as ons Afrikaners nie meer vertellers het nie? Dit is die gedagte wat opgekom het

toe ’n saal vol mense gejuig het oor Jan Spies se stories.

Ons mondelinge vertellers is aan’t uitsterf en die meeste skrywers van kontrei- en ander tipiese

Afrikaner-stories is ook al lank in die tand. Lankal is daar nie meer mense wat werklik roerende jagstories

kan vertel nie.

Weliswaar is daar nog ’n groepie elite-jagters met hul 4x4’s en allerlei luukse bybehore, maar kan

hulle soos ’n P.J. Schoeman sonder spog en die alewige mededinging oor ’n glasie Klippies ’n verhaal van

die maan vertel wat skuins in die gebroke oog van ’n pragbok kom lê het?

Moderne stories gaan beslis ook steeds op stoepe van vakansiehuise en om vure vertel word,

maar dit is die erfgoed waaroor ’n mens jou moet bekommer. Geen kultuur kan klaarkom sonder daardie ou

-ou verhale nie.

Dink maar aan verhale van die ou Dingaan-feeste, soos die eerste verhaal in Die dinges is ’n watsem,

waar daar gesoek is na die plaas met die meeste bome vir koelte, die eerbiedwaardige dominee en

die langdradige verwelkominge.

’n Stukkie Afrikaner-kultuur is besig om verby te skuif en as ons nie ’n tradisie van vertellers ontwikkel

nie, sal ’n volgende geslag niks weet nie van ’n leefwyse en ’n lewensbeskouing wat altoos met humor

deurdrenk was. Die siel van die Afrikaner is tot groot hoogte in sy stories vasgelê.

Die mense wie se oupas en oumas in die Engelse Oorlog was, is nou self bejaard. Ons kan nou

nog sing van genl. De la Rey, maar oor 20 jaar sal baie min Afrikaners weet van Chrisjan de Wet of ou ds.

Kestell. En al die staaltjies . . . ! Sal ons in die toekoms net op Herman Charles Bosman moet staatmaak om

die ou dae te kan onthou?

’n Mens is dankbaar dat Karin Retief, Deon Coetzee en Johan Engelbrecht hierdie produksie op die

planke gebring het. Hulle het van Jan Spies se verhale stylvol en sonder onnodige fieterjasies vertel en só

gesorg dat Spies se stem vir ’n kort tydjie nog elders as net op papier voortleef.

Die Dinges is ‘n Watsem — Jan Spies

Marise le Roux, Laeveld Media.

"As my pa nie ‘n mens was nie, was hy ‘n bobbejaan!" Só sê die een seun vir die ander terwyl hulle

stry oor wie se pa nou eintlik die domste is.

Die Dinges is ‘n Watsem - Jan Spies is die verpersoonliking van een van Suid-Afrika se grootste

storievertellers se staaltjies en slinkste sêgoed.

Die karakters wat deur Karin Retief, Deon Coetzee en Johan Engelbrecht tot lewe gebring word,

laat die gehoor telkens skaterlag, hul asems intrek van verbasing, en saamstemmend koppe knik.

Die stuk skop af met die konsternasie wat op die dorp heers nadat die Bybel in Afrikaans vertaal is.

Die dominee wend natuurlik ‘n poging aan om die nuwe Bybel-boekname met die hulp van die dorpskinders

aan die inwoners bekend te stel. Sonder sy wete, ruil die kinders egter hul baniere uit - want wie

wil nou met die naam van Habakuk opgeskeep sit?

So volg daar die een staaltjie na die ander en die drie akteurs is meesterlik in hul vertolking. Deon

Coetzee en Johan Engelbrecht se gesigsuit-drukkings is iets om oor huis toe te skryf en Karin Retiefse

sterk verhoogpersoonlikheid sorg dat haar karakters uiters genotvol uitgebeeld word.

Die Dinges is ‘n Watsem bring die halstarrigheid, uniekheid en spontane komedie van die Afrikaner

na die voorgrond en dit word aangebied met ‘n mengelmoes van fyn, slinkse humor en in-your-face skaterlag

grappe.

Die titel van die toneel word uiteindelik onthul tydens die laaste skets. Dit vertel van die gesin wat

telkens na enige voorwerp of verskynsel as die "dinges" of die "watsem" verwys: "Nee man, ek vra dan gee

vir my die dinges aan, nie die watsem nie." Alhoewel dit soms moeilik raak om kop te hou met al die

"dinges" en "watsems" wat so goedsmoeds rondgeslinger word, is dié uitbeelding ‘n fantasiese einde aan ‘n

stuk wat gevleg is met humor, kwinkslae en unieke sêgoed. Die Dinges is ‘n Watsem is ‘n fees van toneelspel

en woorde en ‘n moet op elke feesganger se agenda - Jan Spies aanhanger of de not.
DEON COETZEE

Reeds vanaf 1980 - met sy debuut in die Frans Marx-produksie - ‘Skooldae,’ is

Deon Coetzee, ’n bekende gesig op Televisie. Sederdien was hy al te sien in

oa. ‘Villa Rosa,’ ‘Egoli’ ens. en huidiglik in ‘7de Laan.’ Hy was al in ‘n verskeidenheid

verhoogaanbiedinge te sien o.a. ‘My aand met Arné’, ‘Sarie

Marais,’ ‘Samoerai,’ ‘Paulus,’ ‘Kaburu,’ ens. en was pas - by die Aardklopkunstefees

- benoem as Beste Speler vir Harold Pinter se bekroonde verhoogstuk,

‘Huis Toe.’

Boonop sal hy ook onthou word as ‘n sportman, in eie reg, maar veral as Rugbyspeler,

waar tydens hy die destydse Transvaal, Noord-Transvaal en die Vrystaat,

verteenwoordig het in meer as 100 eerste-rangse wedstryde.

KARIN (FOURIE) RETIEF

Karin is al vir die laaste 30 jaar ‘n gesogte Televisie-, Verhoog- en Rolprentaktrise.

Sy maak haar toe-trede tot TV in ‘Ballade vir ‘n Enkeling I en II’ en

daarna volg ‘Die Manheim Saga,’ ‘Die Kersietuin,’ ‘Sagmoedige Neelsie,’ ens.

En haar filmrolle sluit ‘Bakgat I en II,’ ‘Hoofmeisie,’ en ‘Koöpperasiestories - Die

Movie’ in, om maar net ‘n paar te noem. Sy het diep spore getrap op die verhoog

en sal veral onthou word vir haar uitmuntende spel in ‘My Seuns,’ ‘Die

Drie van der Walts’ en ‘Die Hekse van Salem.’

JOHAN ENGELBRECHT

Johan was al te sien in meer as 80 Teaterstukke wat Drama, Kabaret en

Musiekblyspele insluit: ‘Siener in die Suburbs,’ ‘Matewis en Meraai,’ ‘Evita,’

‘Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat,’ ‘JC Superstar.’

Johan is opgelei as Teaterontwerper en sy hoogtepunte sluit in - die Internasionaal

bekroonde ‘Bakers’-advertensie, ‘Die Kersietuin,’ en vir TV, ‘Die Ryk

Weduwee,’ ‘Barney Bernato,’ ens.

Sy en Caron van Schalkwyk se debuut CD met o.a. Mimi Coertze, ‘Nou ja Toe,’

is vir 3 Artes-toekennings benoem vir hulle bydrae tot ligte musiek.

Sy roman ‘kaffertjie,’ het die Rapport/Jan Rabie Prys vir vernuwing in Afrikaanse

Prosa, in 2007, verower.

JAN SPIES

“Hy was nie net storieverteller nie, maar ook ’n filosoof, letterkundige, grapmaker,

sterrekundige en ’n argeoloog,” is sy vriend Ollie Viljoen aangehaal in

Die Burger van 5 Januarie 1996.

“Hy was ’n doktor, digter en ’n boer.”

In ’n huldeblyk in Beeld het PG du Plessis geskryf:

“’n Ding in my weier om Jan Spies te reduseer tot ’n paar lewensfeite en die

opsomming van hoedanighede. My vriend is dood en ou gesegdes wat ek leeg

gewaan het, kom nou vol waarheid aangesit; sentimente waarop ek neergesien

het, vra skielik nie verskoning vir hul bestaan nie.

“’n Gesegde: Dat as jou vriend sterf, sterf ’n stuk van jou saam.
“En Jan het te veel saamgevat. Nie net van my nie – uit elke huis van my taal en uit al die kringe om die

tafels en die vure van my mense.”

“Ja,” sê PG du Plessis vandag, “ek dink nog baie dikwels aan my vriend.

“Hy was beslis die merkwaardigste mens wat ek ooit geken het.”

Hy onthou hoe sy sekretaresse vir hom kom sê het as Spies op die telefoon is. “Doktor,” sou sy sê. “Dis dr.

Spies op die lyn. Sal ek maar al die ander afsprake vir die dag kanselleer?”

“Jan sou nie ’n ding los as hy eers begin het nie. Ek het een aand so vir die sterre gesit en kyk en vir Jan

gesê ek wens ek het meer oor die sterre geweet, maar ek het altyd meer in mense belang gestel.”

Du Plessis vertel dat Spies daardie volgende oggend “toe daar geen ster meer in die lug oor was nie” opgehou

het om oor die sterre te praat.

“As daar één ding is wat ek van Jan kan sê, is dit dat hy nooit in sy hele lewe vir een oomblik vervelig was

nie,” sê Du Plessis.

Hy vertel ook hoe Spies en Koos Meyer, die ander gewilde naam op ‘Spies en Plessie,’ een keer vir drie

nagte nie van slaap geweet het nie soos hulle gesels en grappe vertel het.

“Jan klim toe in die bed in die hotel waar ons was en sê hy kán nie meer nie, Koos maak hom klaar.

“Maar daar klim Koos Meyer toe saam met hom in die bed!

“Dit was goeie ou dae,” lag hy.

“As jy eendag tyd het, vertel ek jou van die keer van Jan en die vliegtuig,” beloof Du Plessis oor die foon.

Op die voorblad van Die Burger van 6 Januarie 1996 is daar berig dat die rolpers van ‘Die Republikein’ in

Windhoek, waarvan Spies tot sy ongeluk redakteur was, om die presiese tyd van sy dood botstil gaan staan

het. Só erg was dit dat daar in ’n stadium gevrees is dat die koerant nie die volgende dag sou verskyn nie.

Hy weet ook nie hoe “apokrief” die storie is nie, maar Du Plessis vertel Spies het altyd gesêas hy eendag

aan die “anderkant” kom, sal hy sorg vir reën. En wragtig, word vertel, toe hy dood is, het die hemele oopgetrek

in Namibië.

“Maar op die ou einde,” sê Du Plessis, “het almal altyd baie daarna uitgesien om Jan te sien omdat hy so ’n

interessante mens was.

“Hy kon warm-menslik praat oor jou mislukkings en verdriet en saamjil en -jubel as sukses dalk kom,” het

Du Plessis in 1996 geskryf.

“Hy’t omgegee en was dus met alles te vertroue – soos ook veral jou skuld en sondes.

“Dus: Die vertroulikhede wat wedersyds tussen julle gesê, geskree en gefluister is, is van laasnag af

ongedeel eenvoudig.

“Die moeilikheid met Jan Spies was – ek moet my aan dié verlede tyd nog wen – dat hy vir my en ons ’n

totaal onherhaalbare voorreg was.”

Hy praat lat dit bars en bieg met ’n sug: “Ek het tog so ’n k** stem. Op skool (dis nou in Stampriet, daar in

Mariental se wêreld, en Windhoek) is ek gespot oor my stem, jááre lank.

“Ek het oor my stem ’n vreeslike selfbewustheid gehad.”

Sy oudste seun, Barend (15), praat nes hy; die jongste, Willem (12), nes ander mense.

Sy vrou, Beatrice, het ook nie in sy stem geleer praat nie.

“Ek dink my manier van praat het ek as kind gekry by ons bure, die Vogese, wat van Namakwaland af was.

Dárie mense kon nou vertel, kon nou gesels!

“En ek was as kind ’n tanneteller: Die anner kinders speel, da’ sit ek innie geselskap.

“Ek was ’n vreeslike lomp kind.

“Ek’t ’n liesbreuk gehad en mag nooit gespeel het nie; ek mag nie boom geklim het nie – tot ek so vyf jaar

oud was, het ek ’n breukband gedra, met ander woorde ek het nooit geleer handig en voetig word nie.

“Ek ís handig en voetig, maar ek is nie die twee bymekaar nie.”

Uit ’n onderhoud wat André le Roux in 1987 met Jan Spies gevoer het.