everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Sien video: 26SB op www.everythingscience.co.za Vuurpyle ’n Ruimtetuig word in die ruimte in lanseer. Die krag van die ontploffende gasse stoot die vuurpyl deur die lug in die ruimte in. Sodra dit in die ruimte is, word die motors afgeskakel en dit sal teen ’n konstante snelheid bly beweeg. As die ruimtevaarders die rigting van die ruimtetuig wil verander moet hulle weer die motors aanskakel. Dit sal dan weer ’n krag op die vuurpyl uitoefen en die rigting sal verander. Uitgewerkte voorbeeld 8: Newton se eerste wet in aksie. VRAAG Waarom word die passasiers na die kante toe gegooi as ’n motor om ’n draai gaan? OPLOSSING Stap 1: Wat gebeur voor ’n motor draai? Voor die motor begin draai, beweeg die motor en die passasiers teen dieselfde snelheid (prent A) Stap 2: Wat gebeur terwyl die motor draai Die bestuurder draai die wiele van die motor, wat dan ’n krag op die motor uitoefen wanneer die motor draai. Die krag word op die motor uitgeoefen, maar nie op die passasiers nie. Die passasiers sal dus (volgens Newton se eerste wet) aanhou beweeg teen die oorspronklike snelheid. (prent B) Stap 3: Waarom word die passasiers kant toe gegooi? As die passasiers veiligheidsgordels dra sal dit ’n krag op die passasiers uitoefen totdat die passasiers se snelheid dieselfde as die motor s’n is (prent C). Sonder veiligheidsgordels kan die passasiers moontlik die kant van die motor tref. Hoofstuk 2. Newton se wette 79

A: Beide die motor en die persoon beweeg teen dieselfde snelheid Oefening 2 – 4: B: Die motor draai maar nie die persoon nie C: Beide die motor en die persoon beweeg weer teen dieselfde snelheid 1. As ’n passasier in ’n motor sit en die motor gaan na regs om ’n draai, wat gebeur met die passasier? Wat gebeur as die motor na links draai? 2. Helium is minder dig as die lug wat ons inasem. Bespreek waarom ’n heliumballon in ’n motor wat om ’n hoek ry lyk of dit Newton se eerste wet breek en na die binnekant van die draai beweeg en nie na die buitekant soos die passasiers nie. Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service 1. 26SC 2. 26SD www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za Newton se tweede wet van beweging. ESET Volgens Newton se eerste wet, “hou dinge daarvan om te doen wat hulle aan die doen is”. Met ander woorde, as ’n voorwerp aan die beweeg is, wil dit aanhou beweeg (in ’n reguit lyn teen dieselfde spoed) en as dit in rus is, wil dit in rus bly. Hoe begin voorwerpe dan beweeg? Kom ons kyk na die voorbeeld van ’n 10 kg blok wat op ’n ruwe tafel lê. As ons liggies aan die blok stoot soos aangedui in die diagram sal die blok nie beweeg nie. Kom ons pas ’n krag van sê 100 N toe. Die blok bly steeds in rus. Op hierdie punt verhoed die wrywingskrag van 100 N wat op die blok inwerk dat die blok beweeg. Indien die krag vergroot, sê na 150 N, begin die blok amper beweeg, die wrywingskrag is dan 150 N. Om die blok in beweging te kry, moet ons hard genoeg stoot om die wrywingskrag te oorkom en dan die blok te beweeg. Indien ons ’n krag van 200 N toepas, onthou die wrywingskrag is tans 150 N, sal die “eerste” 150 N gebruik word om wrywing te 80 2.3. Newton se wette

Sien video: 26SB op www.everythingscience.co.za

Vuurpyle

’n Ruimtetuig word in die ruimte in lanseer. Die krag van die ontploffende gasse stoot

die vuurpyl deur die lug in die ruimte in. Sodra dit in die ruimte is, word die motors

afgeskakel en dit sal teen ’n konstante snelheid bly beweeg. As die ruimtevaarders die

rigting van die ruimtetuig wil verander moet hulle weer die motors aanskakel. Dit sal

dan weer ’n krag op die vuurpyl uitoefen en die rigting sal verander.

Uitgewerkte voorbeeld 8: Newton se eerste wet in aksie.

VRAAG

Waarom word die passasiers na die kante toe gegooi as ’n motor om ’n draai gaan?

OPLOSSING

Stap 1: Wat gebeur voor ’n motor draai?

Voor die motor begin draai, beweeg die motor en die passasiers teen dieselfde snelheid

(prent A)

Stap 2: Wat gebeur terwyl die motor draai

Die bestuurder draai die wiele van die motor, wat dan ’n krag op die motor uitoefen

wanneer die motor draai. Die krag word op die motor uitgeoefen, maar nie op die

passasiers nie. Die passasiers sal dus (volgens Newton se eerste wet) aanhou beweeg

teen die oorspronklike snelheid. (prent B)

Stap 3: Waarom word die passasiers kant toe gegooi?

As die passasiers veiligheidsgordels dra sal dit ’n krag op die passasiers uitoefen totdat

die passasiers se snelheid dieselfde as die motor s’n is (prent C). Sonder veiligheidsgordels

kan die passasiers moontlik die kant van die motor tref.

Hoofstuk 2. Newton se wette

79

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!