everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Aanvaar byvoorbeeld dat die positiewe rigting na regs is, dan FR =(4)+(−6) = −2 = −2 N na links. Onthou dat ’n negatiewe antwoord beteken dat die krag in die teenoorgestelde rigting as die een wat jy as positief gekies het, is. Jy kan die positiewe rigting in enige rigting wat jy wil hê kies, maar as jy dit gekies het, moet jy dit konsekwent toepas vir daardie probleem. As jy met nog kragtediagramme werk waarin die kragte presies balanseer, sal jy agterkom dat jy ’n nul antwoord (bv. 0 N) kry. Dit beteken eenvoudig dat die kragte balanseer en die resultant nul is. Sodra ’n kragtediagram geteken is, kan die tegniek van vektoroptelling (Hoofstuk 1) gebruik word. Afhangend van die situasie kan jy kies om ’n grafiese tegniek soos die kopna-stert metode of die parallelogrammetode te gebruik, andersins kan die algebraïese metode gebruik word om die resultant te bepaal. Aangesien krag ’n vektorhoeveelheid is, is al hierdie metodes van toepassing. ’n Goeie strategie is: • ontbind al die kragte in komponente parallel met die x- en y-rigtings; • bereken die resultante in albei rigtings, Rx en Ry, gebruik ko-liniêre vektore; en • gebruik Rx en Ry om die resultant, R, te bereken. Uitgewerkte voorbeeld 7: Bepaal die resultante krag. VRAAG ’n Motor (wat ’n gravitasiekrag met ’n grootte van 12 000 N en ’n normaalkrag van dieselfde grootte ervaar) pas ’n krag van 2000 N toe op ’n sleepwa (wat ’n gravitasiekrag met ’n grootte van 2500 N en ’n normaalkrag van dieselfde grootte ervaar). ’n Konstante wrywingskrag met ’n grootte van 200 N word op die sleepwa uitgeoefen en ’n konstante wrywingskrag met ’n grootte van 300 N word op die motor uitgeoefen. 1. Teken ’n kragtediagram van al die kragte wat op die motor inwerk. Hoofstuk 2. Newton se wette 75

2. Teken ’n vryliggaamdiagram van al die kragte wat op die sleepwa inwerk. 3. Gebruik die kragtediagram om die resultante krag van die sleepwa te bepaal. OPLOSSING Stap 1: Teken die kragtediagram van die motor. Die vraag vra dat ons al die kragte wat op die motor inwerk moet teken. Dit beteken dat ons die horisontale en vertikale kragte moet insluit. Stap 2: Bepaal die resultante krag op die sleepwa. Om die resultante krag te vind moet ons al die horisontale kragte bymekaar tel. Ons tel nie die vertikale kragte bymekaar nie aangesien die beweging van die motor en die sleepwa in ’n horisontale rigting is en nie op of af is nie. FR = 2000 + (−200) = 1800 N na regs Sien simulasie: 26S6 op www.everythingscience.co.za Oefening 2 – 3: Kragte en beweging 1. ’n Seun stoot ’n winkeltrollie (gewig as gevolg van gravitasie 150 N) met ’n konstante krag van 75 N. ’n Konstante wrywingskrag van 20 N is teenwoordig. a) Teken ’n kragtediagram met byskrifte wat al die kragte wat op die winkeltrollie inwerk, aandui. b) Teken ’n vryliggaamdiagram van al die kragte wat op die trollie inwerk. c) Bepaal die resultante krag op die trollie. 2. ’n Donkie (wat ’n gravitasiekrag van 2500 N ervaar) probeer ’n karretjie (krag as gevolg van gravitasie van 800 N) met ’n krag van 400 N trek. Die tou tussen die donkie en die karretjie maak ’n hoek van 30 ◦ met die karretjie. Die karretjie beweeg nie. 76 2.2. Krag

Aanvaar byvoorbeeld dat die positiewe rigting na regs is, dan

FR =(4)+(−6)

= −2

= −2 N na links.

Onthou dat ’n negatiewe antwoord beteken dat die krag in die teenoorgestelde rigting

as die een wat jy as positief gekies het, is. Jy kan die positiewe rigting in enige rigting

wat jy wil hê kies, maar as jy dit gekies het, moet jy dit konsekwent toepas vir daardie

probleem.

As jy met nog kragtediagramme werk waarin die kragte presies balanseer, sal jy agterkom

dat jy ’n nul antwoord (bv. 0 N) kry. Dit beteken eenvoudig dat die kragte

balanseer en die resultant nul is.

Sodra ’n kragtediagram geteken is, kan die tegniek van vektoroptelling (Hoofstuk 1) gebruik

word. Afhangend van die situasie kan jy kies om ’n grafiese tegniek soos die kopna-stert

metode of die parallelogrammetode te gebruik, andersins kan die algebraïese

metode gebruik word om die resultant te bepaal. Aangesien krag ’n vektorhoeveelheid

is, is al hierdie metodes van toepassing.

’n Goeie strategie is:

• ontbind al die kragte in komponente parallel met die x- en y-rigtings;

• bereken die resultante in albei rigtings, Rx en Ry, gebruik ko-liniêre vektore; en

• gebruik Rx en Ry om die resultant, R, te bereken.

Uitgewerkte voorbeeld 7: Bepaal die resultante krag.

VRAAG

’n Motor (wat ’n gravitasiekrag met ’n grootte van 12 000 N en ’n normaalkrag van

dieselfde grootte ervaar) pas ’n krag van 2000 N toe op ’n sleepwa (wat ’n gravitasiekrag

met ’n grootte van 2500 N en ’n normaalkrag van dieselfde grootte ervaar). ’n

Konstante wrywingskrag met ’n grootte van 200 N word op die sleepwa uitgeoefen en

’n konstante wrywingskrag met ’n grootte van 300 N word op die motor uitgeoefen.

1. Teken ’n kragtediagram van al die kragte wat op die motor inwerk.

Hoofstuk 2. Newton se wette

75

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!