03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Oefening 2 – 2:

1. ’n Blok op ’n hellende vlak ervaar ’n krag as gevolg van gravitasie Fg van 456 N

reguit afwaarts. As die vlak ’n hellingshoek van 67,8 ◦ met die horisontaal maak,

wat is die komponent van die kragte as gevolg van gravitasie loodreg tot en

parallel met die hellende vlak?

2. ’n Blok op ’n hellende vlak is onderhewig aan gravitasiekrag Fg van 456 N reguit

afwaarts. As die komponente van die gravitasiekrag parallel met die hellende

vlak Fgx=308,7 N is in die negatiewe x-rigting (af teen die helling) wat is die

groote van die hellingshoek?

Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service

1. 26S4 2. 26S5

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

Bepaal die resultante krag ESEQ

Die maklikste manier om die resultante krag te bepaal is om ’n vryliggaamdiagram te

teken. Onthou van Hoofstuk 1 dat ons die lengte van die pyl gebruik om die vektorgrootte

aan te dui en die rigting van die pyl gebruik om aan te dui in watter rigting die

krag uitgeoefen word.

Nadat ons dit gedoen het, het ons ’n diagram van vektore en moet ons eenvoudig die

som van die vektore bepaal om die resultante krag te bepaal.

6N 4N

(a)

6N 4N

Figuur 2.4: (a) Kragtediagram van 2 kragte wat op ’n kartondoos inwerk. (b) Vryliggaamdiagram

van die kartondoos.

Twee mense stoot byvoorbeeld van verskillende kante af teen ’n kartondoos met kragte

van 4 N en 6 N onderskeidelik soos in Diagram 2.4 (a). Die vryliggaamdiagram in

Diagram 2.4 (b) wys die voorwerp, wat deur die kol verteenwoordig word, en die

twee kragte, wat deur die pyle voorgestel word, wat hulle sterte op die kol het.

Jy kan sien dat die pyle in teenoorgestelde rigtings wys en dat hulle verskillende lengtes

het. Die resultante kragte is 2 N van links. Die resultaat kan algebraïes bereken word

aangesien die twee kragte langs dieselfde lyn werk. As beweging in een rigting is,

moet jy eers ’n verwysingspunt kies. Tel dan die twee vektore bymekaar en neem hul

rigtings in ag.

74 2.2. Krag

(b)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!