everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Informele eksperiment: Normaalkragte en wrywing Doel: Om die verband tussen normaalkragte en wrywing te ondersoek. Apparaat: Trekskale, ’n paar blokke van dieselfde stof met hake aan een kant vasgemaak, verskeie growwe en gladde oppervlakke, bakstene of blokke om die oppervlak se helling te verander. Metode: • Haak elke blok om die beurt aan die trekskaal en neem die lesing. • Neem een blok en maak dit aan die trekskaal vas. Skuif nou die blok oor elkeen van die oppervlakke. Neem die lesings. Herhaal vir elkeen van die ander blokke. • Herhaal die boonste stap met die oppervlak teen verskillende hellings. Resultate: Teken jou resultate in ’n tabel op. Spanning Spanning is die grootte van die krag wat in voorwerpe soos toue, kettings en sparre wat steun verleen, voorkom. Daar is byvoorbeeld spanning in die toue wat ’n kind se swaai ondersteun wat uit ’n boom hang. Oefening 2 – 1: 1. ’n Kartondoos word op ’n growwe oppervlak geplaas. Dit het ’n normaalkrag met ’n grootte van 120 N. ’n Krag van 20 N wat na regs toegepas word, kan nie die kartondoos beweeg nie. Bereken die grootte en rigting van die wrywingskragte. 2. ’n Houtblok rus op ’n horisontale vlak. Die normaalkrag is 20 N. Die statiese wrywingskoëffisiënt tussen die blok en die vlak is 0,40 en die kinetiese wrywingskoëffisiënt is 0,20. a) Wat is die grootte van die wrywingskrag wat op die blok uitgeoefen word terwyl die blok in rus is? b) Wat sal die grootte van die wrywingskragte wees as ’n horisontale krag met ’n grootte van 5 N op die blok uitgeoefen word? c) Wat is die minimum krag wat nodig is om die blok te laat beweeg? d) Wat is die minimum krag wat nodig is om die blok aan die beweeg te hou as dit eers begin beweeg het? Hoofstuk 2. Newton se wette 69

e) As die horisontale krag 10 N is, bepaal die wrywingskrag. 3. ’n Vrou het haar rug beseer toe sy in ’n supermark gegly en geval het. Sy hou die eienaar van die supermark aanspreeklik vir haar mediese uitgawes. Die eienaar beweer dat die vloeroppervlakte nie nat was nie en aan aanvaarde standaarde voldoen het. Hy kan daarom nie verantwoordelikheid aanvaar nie. Die saak beland op die ou end in die hof. Voor die regter uitspraak lewer, nader hy jou, ’n wetenskapstudent, om te bepaal of die koëffisiënt van statiese wrywing van die vloer die minimum van 0,5 soos vereis word, is. Hy voorsien jou van ’n vloerteël en ook een van die skoene wat die vrou die dag van die voorval aangehad het. a) Skryf ’n uitdrukking vir die statiese wrywingskoëffisiënt neer. b) Beplan die ondersoek wat jy sal doen om die regter te help om ’n beslissing te maak. Volg die stappe soos hier bo uiteengesit om seker te maak dat jou plan aan al die vereistes voldoen. i. Formuleer ’n ondersoekvraag. ii. Apparaat: Maak ’n lys van al die ander apparaat, behalwe die teël en skoen , wat jy sal nodig hê. iii. ’n Stapgewys metode: Hoe sal jy die ondersoek uitvoer? Sluit ’n bypassende diagram met byskrifte in. iv. Resultate: Wat sal jy opteken? v. Gevolgtrekking: Hoe sal jy die resultate interpreteer om ’n gevolgtrekking te maak? Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service 1. 26RZ 2. 26S2 3. 26S3 www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za Kragtediagramme ESEM Kragtediagramme is sketse van die fisiese situasie waarmee jy werk met pyle wat al die kragte wat op die sisteem inwerk, aandui. As ’n blok byvoorbeeld op ’n oppervlak rus, is daar ’n gravitasiekrag wat die blok aftrek en ’n normaalkrag wat deur die oppervlak op die blok inwerk. Die normaalkrag en die gravitasiekrag het in so ’n geval dieselfde grootte. Die kragdiagram vir die situasie lyk as volg: Fg gravitasie blok N normaal Die lengte van die pyle is dieselfde en dui kragte aan wat dieselfde grootte het. 70 2.2. Krag

Informele eksperiment: Normaalkragte en wrywing

Doel:

Om die verband tussen normaalkragte en wrywing te ondersoek.

Apparaat:

Trekskale, ’n paar blokke van dieselfde stof met hake aan een kant vasgemaak, verskeie

growwe en gladde oppervlakke, bakstene of blokke om die oppervlak se helling te

verander.

Metode:

• Haak elke blok om die beurt aan die trekskaal en neem die lesing.

• Neem een blok en maak dit aan die trekskaal vas. Skuif nou die blok oor elkeen

van die oppervlakke. Neem die lesings. Herhaal vir elkeen van die ander blokke.

• Herhaal die boonste stap met die oppervlak teen verskillende hellings.

Resultate:

Teken jou resultate in ’n tabel op.

Spanning

Spanning is die grootte van die krag wat in voorwerpe soos toue, kettings en sparre

wat steun verleen, voorkom. Daar is byvoorbeeld spanning in die toue wat ’n kind se

swaai ondersteun wat uit ’n boom hang.

Oefening 2 – 1:

1. ’n Kartondoos word op ’n growwe oppervlak geplaas. Dit het ’n normaalkrag met

’n grootte van 120 N. ’n Krag van 20 N wat na regs toegepas word, kan nie die

kartondoos beweeg nie. Bereken die grootte en rigting van die wrywingskragte.

2. ’n Houtblok rus op ’n horisontale vlak. Die normaalkrag is 20 N. Die statiese

wrywingskoëffisiënt tussen die blok en die vlak is 0,40 en die kinetiese wrywingskoëffisiënt

is 0,20.

a) Wat is die grootte van die wrywingskrag wat op die blok uitgeoefen word

terwyl die blok in rus is?

b) Wat sal die grootte van die wrywingskragte wees as ’n horisontale krag met

’n grootte van 5 N op die blok uitgeoefen word?

c) Wat is die minimum krag wat nodig is om die blok te laat beweeg?

d) Wat is die minimum krag wat nodig is om die blok aan die beweeg te hou

as dit eers begin beweeg het?

Hoofstuk 2. Newton se wette

69

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!